Alicia & De Wet se Plettenbergbaai troue

Alicia en De Wet het in die prentjie mooi Plettenbergbaai getrou. Die paartjie het self by ‘n troue ontmoet. Hulle het toe later verloof geraak oor die uitsig van die mooie Stellenbosch landerye. De Wet op sy knieë afgegaan en Alicia die groot vraag gevra. Sy moes eers tien-keer vra of hy ernstig is voordat sy kon ja sê. Hulle troue het ‘n baie lekker natuurlike en buitelig gevoel en gee ook ‘n baie ontspanne gevoel. Ons is mal oor die blou en titseltjies kleur wat deur die trou-dekor en ook pak gebruik word.

De Wet & Alicia_0001De Wet & Alicia_0002 De Wet & Alicia_0004 De Wet & Alicia_0005 De Wet & Alicia_0006 De Wet & Alicia_0007 De Wet & Alicia_0008 De Wet & Alicia_0009 De Wet & Alicia_0010 De Wet & Alicia_0011 De Wet & Alicia_0012 De Wet & Alicia_0013 De Wet & Alicia_0014


Hoe het julle ontmoet?

Alicia: Ek en De Wet het by Debbie (De Wet se suster) en Waldo(my vriend) se troue ontmoet. Ek was baie goeie vriende met Waldo, so toe hy en Debbie begin uitgaan het, het ek en Debbie vinnig bevriend geraak. Sy het my gevra om een van haar strooimeisies te wees. Was vir my n groot voorreg om deel van hulle Groot dag te wees. So toe die dag aanbreek en ek daar voor die kansel langs hulle staan, hier staan De Wet toe langs Waldo as een van sy strooi jonkers!


De Wet & Alicia_0015 De Wet & Alicia_0016 De Wet & Alicia_0017 De Wet & Alicia_0018 De Wet & Alicia_0019 De Wet & Alicia_0020 De Wet & Alicia_0021 De Wet & Alicia_0022 De Wet & Alicia_0023


Vertel ons van julle verlowing:

Ek en De Wet het vir Mari (my beste vriendin en ook hoof strooimeisie) gaan kuier in die kaap. Ons het Saterdag 19 Okt 2013 verloof geraak in Stellenbosch. Was die grootste verrassing ooit! Ons was by Root 44 se markie en daarna het De Wet vir Mari gesê wat hy wil doen. Ons het toe gery na n uitkyk punt oor Stellenbosch se wynland en daar het De Wet op sy knieë afgegaan en my die groot vraag gevra. Ek het eers 10x gevra of hy ernstig is, en toe JA gesê!!


De Wet & Alicia_0024 De Wet & Alicia_0025 De Wet & Alicia_0026


Advies vir ander paartjies:

Geniet elke oomblik! Moet nie dinge aframmel nie. Probeer om so trou aan jouself te bly as moontlik! Moet nie dat ander jou idees beïnvloed nie! Hou dinge eenvoudig, ons motto was ‘less is more’ en dit het vir ons baie goed gewerk! Laat jou verloofde ook deel wees van die voorbereidings,dis sy groot dag ook. Geniet die tyd saam met hom, hy gaan nog n lang pad saam jou stap…..xxx


De Wet & Alicia_0027 De Wet & Alicia_0028 De Wet & Alicia_0029 De Wet & Alicia_0030 De Wet & Alicia_0031 De Wet & Alicia_0032 De Wet & Alicia_0033 De Wet & Alicia_0034 De Wet & Alicia_0035

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: