Wihan & Carice se unieke moderne troue

Wihan en Carise glo nie aan modes vir ‘n troue nie, maar hulle doel was om weg te wyk van dit wat alreeds gedoen is en ‘n unieke moderne troue te skep.  Hul dekor was ‘n mengsel van klassiek en modern;  Dit is beslis iets wat mens nie aldag sien nie!  Carise verklap dat sy hope inspirasie by Mooi Troues gekry het, maar hulle het wel ‘n trou-koördineerder aangestel om te verseker dat al die elemente soos ‘n legkaart inmekaar pas.

Indien jy weet dat jou troue se beplanning tweede viool gaan speel as gevolg van jou besige skedule, sal ons beslis voorstel dat jy ‘n trou-koördineerder oorweeg.  ‘n Troue is iets wat mens net eenkeer in jou leeftyd beplan;  Jy ontdek nie skuiwergate en truuks om te onthou vir ‘n volgende keer nie.  Dus is ‘n trou-koördineerder wat die industrie soos die palm van sy/ haar hand ken, die perfekte oplossing.  Dikwels kies bruide diensverskaffers bloot omdat dit gemaklik in hul begroting pas, óf omdat hulle onder die wanindruk is dat die duurste diensverskaffers die beste is.  ‘n trou-koördineerder sal jou kan help om die regte diensverskaffers volgens jóú behoeftes te kies.  Hulle sal ook verseker dat jou dekor soos iets uit ‘n tydskrif lyk; Nie soos iets uit vier verskillende tydskrifte wat bymekaar gegooi is nie!

Rol af en verkry inspirasie uit Wihan en Carise se unieke moderne troue.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het 14 April 2018 getrou.  Ek (Carice) was 25 jaar oud en Wihan was 27 jaar oud.

Cavalli EstateCavalli Estate Cavalli Estate Cavalli EstateCavalli Estate

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het in 2011 deur gemeenskaplike vriende in ‘n kuierplek ontmoet.  Al het ons onmiddellik skoenlappers gekry, was ons albei in daardie tyd nog in ander verhoudings.  Ons het eers weer in 2014 kontak met mekaar gemaak;  En soos hulle sê, die res was geskiedenis.

In 2017 het Wihan my in ‘n lugballon gevra om te trou terwyl ons oor die mooie Harties sweef.  Dit was ongelooflik romanties en spesiaal.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli EstateCavalli EstateCavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Aanvanklik sou ek my rok deur ‘n Suid Afrikaanse ontwerper laat maak het.  Ek wou wel ‘n paar rokke gaan aanpas, net vir die pret daarvan.  Ek het natuurlik die mees buitensporige rok gekies om aan te pas!  Die oomblik wat die gordyn oopgetrek was vir my ma en vriendinne om te sien, het ek geweet dís die een!

Omdat die rok baie swaar was, het ek vir die onthaal later die aand ‘n meer eenvoudige en gemaklike rok gekies om in te dans.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli EstateCavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Vertel ons meer van jul ringe.


My ring is van Browns en Wihan se ring is van Louis Daniel.  Ek het voor die verlowing al ‘n hele rukkie hierdie ring deur Browns se venster bewonder.  Wihan het dit gelukkig opgetel en my droom-ring vir my gegee!  Wihan ook later ‘n pand bygesit wat baie mooi by die ring pas.

Cavalli EstateCavalli Estate Cavalli Estate Cavalli EstateCavalli Estate Cavalli EstateCavalli Estate Cavalli EstateCavalli Estate

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ek het dadelik geweet dat ek Ayeh Khalatbari as my fotograaf wil hê.  Haar styl is buitengewoon en glad nie tradisioneel nie.  Alhoewel sy nie ‘n webtuiste het nie, het ek haar op Facebook gevind.  Ek het na haar vorige werk gekyk en was mal daaroor!  Ayeh is ‘n baie spesiale mens.  Sy het ‘n hart van goud en weet hoe om met mense te werk.  Die feit dat sy oosters is en nie ‘n enkele Afrikaanse woord kon verstaan nie, het haar gedryf om alles uit haar eie oogpunt te beleef en op die kamera vas te vang.

Ons Videograaf was Mighty Fine.  Hulle was baie professioneel en vriendelik.  Hul styl was weer meer tradisioneel, so die video se gevoel is weer totaal en al anders as die foto’s sin!

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die merkwaardigste oomblik van die dag was natuurlik toe ons mekaar vir die eerste tydens die seremonie sien.  Teen die einde het ons goeie vriend, Roan Ash, vir ons gesing.  Dit was baie spesiaal en onverwags!

As daar een ding was wat ons sal verander, is dit verseker om meer aandag aan familie-foto’s te gee.  Ons was bietjie oorhaastig en het ook ons canape’s heeltemal gemis.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het ‘n paar jaar terug my boetie se 19de verjaarsdag by Cavalli gevier;  Ek het toe al vir my ouers gesê dat ek eendag daar wil trou.  Slegs twee dae na my verlowing het my ma my gebel om te sê sy het uitgevind dat ons wel daar kan trou!

Die inspirasie vir die dekor was om dit klassiek en elegant te hou.  Ek glo nie aan modes vir ‘n troue nie, maar dit moet tog anders wees as al die voriges!

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli EstateCavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ons troukoek was ‘n mooi tradisionele koek.  Ons het ‘n ongewone kombinasie gekies:  Suurlemoen, papawersaad- en bottermelk sponskoek met suurlemoensmeer en basiliekruid Switserse meringue botterroom.

Dit was die perfekte kombinasie om saam met ‘n wyntjie te geniet.

Cavalli Estate Cavalli EstateCavalli EstateCavalli Estate

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het nooit ‘n vaste begroting gehad nie.  Ons troubeplanner van Warren-Stone Weddings, Chelsea,  het ‘n uitstekende werk gedoen om diensverskaffers bymekaar te sit wat ons droomtroue ‘n realiteit kon maak.

170 gaste het ons troudag bygewoon.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Ons was Griekse Eilande toe vir ons wittebrood.  Dit was die perfekte kombinasie van Strand en Europa!  Ons het in Santorini in ons grot-kamer ontspan, met die mooiste uitkyk oor die see!  By Mykonos het ons op ‘n motorfiets rondgerits en lekker kuier-plekkies besoek.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans liedjie was All my Love van George Ezra.  Dit was so romanties en die woorde het ons gevoelens vir mekaar perfek opgesom!  Ons het vir n paar dans-klasse gegaan.  Die lasse het gehelp om ons dans vaardighede te verbeter, maar ons het dit ook gedoen vir die lekker daarvan en om tyd saam te spandeer.

Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate Cavalli Estate

Diensverskaffers