Die ontwerp van jou droomring

Toe ons ouers verloof geraak het, het hulle na ‘n juwelier toe gegaan, na 10 ringetjies gekyk en een gekies.  Vandag is dit glad nie meer die geval nie. Daar is soveel elemente wat mens kan gebruik en bymekaar kan sit om jou droomring te maak: uniek aan elkeen se styl en persoonlikheid.

Viljoen Juweliers


By Viljoen Juweliers Worcester (VJW) se werkswinkel, wat gerieflik op die perseel geleë is, word ringe nog op ‘die ou manier’ vervaardig.  Daarom is dit moontlik om die hele ring maak proses onder een dak te doen, wat dit ‘n besonderse ervaring maak.  Marlé Botha verduidelik dit mooi deur te sê: “Vir ons is ontwerp absoluut ‘n proses, en elke stap in daardie proses is kardinaal tot die sukses van die ring, en natuurlik die eindproduk. Juweliersware gaan oor sentiment: die storie van waar dit vandaan kom, die rede waarom dit gekoop of gemaak is, die ewigheid-oomblik wat mens vier.  ‘n Verloofring is seker een van dié sentimeteelste juweel stukke wat mens ooit sal besit.  Dit is nie net ‘n simbool van die belofte aan mekaar nie, maar ook ‘n groot sentimentele merker in mens se lewensverhaal saam.”

Die Konsultasie


Baie is benoud oor wat so iets kos en voel dalk geintimideerd om by ‘n winkel in te stap en vrae te begin vra. Die uiteinde is dat hulle by ‘n kettinggroep iets koop wat hul dink goedkoper is, omrede hulle pryse kan sien wat geadverteer is. Hulle eindig gewoonlik dan met ‘n swakker produk teen ‘n hoër prys op. Omdat VJW ringe vir individue maak, kan hulle met materiale ‘speel’ om by die kliënt se begroting uit te kom.

Elke konsultasie, ontwerp en proses is uniek, en elkeen word in die besonder so hanteer en benader. Of die paartjie saam kom ring soek, en of die konsultasie alleen met die party wat ‘die groot vraag’ gaan vra is: wees gerus! VJW spesialiseer in die vervaardiging van juweliersware en elke element word met die hand uitgesoek.

Tydens die aanvanklike konsultasie word die verskillende stene, steenvorms, die kleure van die metale en watter tipe ontwerpe by verskillende tipes persoonlikhede en leefstyle pas als bespreek. ‘n Steen wat die fokus punt van die ontwerp vorm, word eers gekies, en dan word die res van die ontwerp daar rondom gebou. Wat dié ervaring so besonders maak, is dat die kliënt geleentheid kry om self hul eie steen te kies, wat dit net nog meer spesiaal maak. Die tegniese uitvoering en voltooiing van die ontwerp proses word deur ‘n 3 dimensionele tegniese tekening gedoen, wat dan verseker dat alles wat bespreek is ook visueel werk.

Wenke van Viljoen Juweliers


Hiermee ‘n paar wenke wat VJW oor die afgelope 68 jaar bymekaar gemaak het:

  • Pas soveel as moontlik ringe aan.  Wat in jou kop of op ‘n prentjie vir jou mooi is, is nie altyd gemaak vir jou nie.
  • As jy twyfel, hou dit so eenvoudig as moontlik.  Soms is die eenvoudigste die heel mooiste.
  • Begin deur die regte steen te kies!
  • Moet nooit ‘n steen koop wat jy nie self gesien het nie.  Sertifikate van stene mag identies wees, maar dit is iets wat deur die aarde gevorm is – nie deur ‘n mens nie.  Elkeen het ‘n lewe van sy eie.
  • Juwele is esteties. Kies met jou hart. Kies wat vir jou mooi is.  Elke keer wat jy na jou ring kyk moet dit vir jou die mooiste ring in die wêreld wees.
  • Kies iets wat by jou leefstyl en persoonlikheid pas, jou ring sê iets van jou.

Geniet die proses – dit is ongelooflike reis!  Vind VJ Worcester aanlyn:

Artikel Krediet:

  • Advies geskryf deur Viljoen Juweliers Worcester
  • Fotos geneem deur Kikitography