Nardus & Kara se plaastroue

Die liefde vra soms ‘n ruskansie maar sodra dit weer begin brand moet jy dit met ‘n ring bind.  Dit het Nardus besef toe hy weer sy skool liefde na twee jaar sien.  Op Melkbostrand neem hy sy kans waar terwyl hulle romanties ‘n bottel wyn op die strand geniet en die son agter die groot blouwater inskuif.

Murasie is ʼn moderne trou venue met baie glas en natuurlike lig, geleë op ʼn plaas tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai. Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue.  ʼn Pragtige Trou Venue omring deur prentjie mooi natuur tonele.   Daar is tonne foto geleenthede by hierdie trou venue.  Murasie bied ook selfsorg verblyf op die plaas, perfek vir jou trou gaste.  

Kara lyk soos ‘n spokiesprinses toe sy in ‘n trourok van Ilse Roux te voorskyn kom.  Die skouerlose rok het baie mooi kant geborduurde patrone op die bo lyfie. Dis egter die onderstuk wat wasig uitklok en dadelik die oog vang. Haar grimering en hare was in die goeie hande van Clarita Smith, en sy lyk beeldskoon.  Daar is ‘n roering en sagte gefluister van bewondering toe sy aan haar pa se arm te voorskyn kom.

In die landelike gebied van Gansbaai belowe hulle ewige trou aanmekaar terwyl familie en vriende emosioneel toekyk. Kara en Nardus het seker gemaak hulle geniet hul eie onthaal en bekommer hulle oor niks wat dalk kan skeefloop nie. Daarvoor het ‘n magdom lysies wat oor en oor deurgegaan is voorsiening gemaak.

Nardus en Kara se plaastroue_0041Nardus en Kara se plaastroue_0001Nardus en Kara se plaastroue_0002Nardus en Kara se plaastroue_0004 Nardus en Kara se plaastroue_0005 Nardus en Kara se plaastroue_0006 Nardus en Kara se plaastroue_0007 Nardus en Kara se plaastroue_0008 Nardus en Kara se plaastroue_0009


Hoe het julle die eerste keer ontmoet

Ek en Nardus het in 2005 ontmoet toe ons albei nog in die skool was. Ons het altwee deelgneem aan iets wat min mense ken, naamlik Jeugskou. Ons was baie skaam vir mekaar, maar die vriendskap het begin. Teen 2006 was ons beste vriende en het alles met mekaar gedeel. Dit was nie ʼn gewone vriendskap nie. Teen 2007 het ons begin uitgaan. Baie skaam en baie vreemd, maar na baie min maande het ons besef en geweet wat regte liefde is. Na twee jaar het ons paadjie begin moeilik raak, en ons het besluit om eerder ons eie gang te gaan. Ons het vir twee jaar geen kontak gehad nie, tot een dag in 2010 toe ek ʼn onverwagse SMS van Nardus kry waarin hy vra of hy vir ons kan kom kuier. Hy het gekom en ons het gesels en gelag soos in die ou dae. Al die gevoelens het terug gekom. Na ʼn maand het ons dit weer “facebook official” gemaak. Ons skool liefde het nooit vergaan nie en ons het besef dat sonder mekaar is ons eensaam en leeg.


Nardus en Kara se plaastroue_0003Nardus en Kara se plaastroue_0010 Nardus en Kara se plaastroue_0011 Nardus en Kara se plaastroue_0012Nardus en Kara se plaastroue_0013 Nardus en Kara se plaastroue_0014 Nardus en Kara se plaastroue_0015 Nardus en Kara se plaastroue_0016 Nardus en Kara se plaastroue_0017 Nardus en Kara se plaastroue_0018 Nardus en Kara se plaastroue_0019 Nardus en Kara se plaastroue_0020 Nardus en Kara se plaastroue_0021


Hoe het julle verloof geraak?

Dit was die Donderdag voor ek weer met klas begin het. Nardus het gesê ons moet die Vrydagaand by Die Damhuis in Melkbos strand gaan eet sodat ons, ons finale jaar met ʼn lekker ete kan begin. Die Vrydag oggend het ek besef dat ons ALWEER ons “anniversary” vergeet het. Hy gee toe die idee dat ons sommer voor ons ete ʼn bottel wyn op die strand met sonsonder moet gaan drink om die herdenking te vier.  Ons het in Melkbos aangekom, ʼn lekker plekkie gekry en gekyk hoe die surfers die branders geniet en hoe die son die dag groet. Hy het sy selfoon in die kar gaan haal om dit af te neem terwyl ek die water gaan voel het. Toe ek weer by ons piekniek plekkie kom was dit amper tyd om te gaan. Hy het my gestop en gesê, “Kari, ek het vir jou ʼn verassing gebring, maar jy moet opstaan daarvoor.” Ek het op gespring, want ek het gedink my beste vriendin wat al in Grahamstad moes wees het haar planne verander en weer kom groet. Toe ek af kyk was hy op sy kneë en het hy vir my gesê, “Kara Kotzé, sal jy asseblief met my trou?”.


Nardus en Kara se plaastroue_0022 Nardus en Kara se plaastroue_0023 Nardus en Kara se plaastroue_0024 Nardus en Kara se plaastroue_0025 Nardus en Kara se plaastroue_0026 Nardus en Kara se plaastroue_0027 Nardus en Kara se plaastroue_0028 Nardus en Kara se plaastroue_0029 Nardus en Kara se plaastroue_0030 Nardus en Kara se plaastroue_0031 Nardus en Kara se plaastroue_0032 Nardus en Kara se plaastroue_0033 Nardus en Kara se plaastroue_0034 Nardus en Kara se plaastroue_0035


Hoe lank was julle saam voor julle getrou het?

Wanneer mens al die jare plus en minus en jou sommetjies klaar gemaak het, was ons altesaam om en by 8 jaar saam voor ons getrou het.


Nardus en Kara se plaastroue_0036 Nardus en Kara se plaastroue_0037 Nardus en Kara se plaastroue_0038 Nardus en Kara se plaastroue_0039 Nardus en Kara se plaastroue_0040 Nardus en Kara se plaastroue_0041 Nardus en Kara se plaastroue_0042 Nardus en Kara se plaastroue_0043 Nardus en Kara se plaastroue_0044 Nardus en Kara se plaastroue_0045 Nardus en Kara se plaastroue_0046 Nardus en Kara se plaastroue_0047 Nardus en Kara se plaastroue_0048 Nardus en Kara se plaastroue_0049 Nardus en Kara se plaastroue_0050 Nardus en Kara se plaastroue_0051 Nardus en Kara se plaastroue_0052 Nardus en Kara se plaastroue_0053 Nardus en Kara se plaastroue_0054


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

    • Stel ʼn Deeglike begroting op. Vra vir vriende of familie-lede wat voor jou getrou het se begrotings sodat jy ʼn idee het van waaraan mens als moet dink en wat mens maklik vergeet. OOR-BEGROOT met ʼn paar rand. Die week voor die troue onthou mens van BAIE klein dingetjies.
    • Maak vir jouself ʼn “Wedding Planning” boek, waarin jy al jou notas, planne, kwotasies en uitgawes in aandui. Dit is baie lekker om terug te kyk na pryse ens. wat mens maande gelede opgesoek het en nou weer benodig.
    • Moenie te veel mense betrek by jou beplanning nie. Almal het verskillende opinies en dit kan baie oorweldigend wees wanneer almal dink hulle opinies en raad is die beste.
    • MOET NOOIT DAT IEMAND VIR JOU VOOR DIE TROUE SÊ JY BEPLAN TE VEEL NIE!! Beplan, beplan en beplan soveel jy kan en soveel jy wil voor die tyd, sodat almal die dag van jou troue PRESIES weet wat aangaan en wat wanneer moet gebeur, sodat julle die aand TEN VOLLE kan geniet!
    • Mens kan NOOIT te veel lysies maak nie!
    • Geniet die aand tot die laaste minuut saam met jou vriende en familie. Neem ʼn oomblik en kyk om jou! Almal daar is SPESIAAL daar vir julle. Waardeer dit!

Nardus en Kara se plaastroue_0055 Nardus en Kara se plaastroue_0056 Nardus en Kara se plaastroue_0057 Nardus en Kara se plaastroue_0058 Nardus en Kara se plaastroue_0059 Nardus en Kara se plaastroue_0060 Nardus en Kara se plaastroue_0061 Nardus en Kara se plaastroue_0062 Nardus en Kara se plaastroue_0063 Nardus en Kara se plaastroue_0064 Nardus en Kara se plaastroue_0065 Nardus en Kara se plaastroue_0066 Nardus en Kara se plaastroue_0067 Nardus en Kara se plaastroue_0068 Nardus en Kara se plaastroue_0069 Nardus en Kara se plaastroue_0070 Nardus en Kara se plaastroue_0071 Nardus en Kara se plaastroue_0072Nardus en Kara se plaastroue_0074 Nardus en Kara se plaastroue_0075

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Fotograaf: Moira West Photography
    • Hare en Grimering: Clarita Smit 
    • Beplanning: Kara Droomer
    • Blomme rangskikkings: René Brand, Anet Fourie en Arina Wessels
    • Dekor Items: Moondrops
    • Proteas en Veld blomme: Whitey en Max Rossouw
    • Bykomstige blomme: Moondrops
    • Spyseniering: BBos Pub & Grill
    • Platejoggie: Kleinjan Marais
    • Seremonie Musiek: Stefnie- en Maja van Dyk
    • Dominee: Nardus Droomer (Bruidegom se Oupa)
    • Strooimeisie rokke: Liesbet Adendorff
    • Strooijonker uitrustings: Woolworths
    • Bruidegom Broek, hemp en skoene: Woolworths
    • Venue Dekor: Carin Groenewald
    • Trourok: Ilse Roux 
    • Bruidegom baaitjie: Thailand vlooimark