Oulike borsspelde vir jou troue

Ons deel vandag die oulike borsspelde met jou wat jy kan bestel by Oh Yay. Ons is mal oor die hout borsspelde en kan by enige troue gedra word om bietjie daardie prettige gevoel te skep by jou troue. Dit is ‘n baie oulike detail om by te voeg as deel van jou troue. Jy kan oulike se goedjies skryf daarop as algemene borsspelde wat jy miskien vir elke een van jou gaste kan gee of ietsie oulike vir elke bruidsmeisie, bruidegom, strooijonkers, ma van die bruid, ma van die bruidegom, pa van die bruid, pa van die bruidegom en ander oulike goedjies. Gaan loer gerus na Oh Yay se blad op Mooi Troues vir ander oulike goedjies.

Oh Yay_0001Oh Yay_0002

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, Klik hier om ons Trougids te besoek.

Oh Yay_0003

Krediet: