Marelize en Bredell het mekaar in die bekende studentedorpie, Stellenbosch, ontmoet na ‘n Varsity Cup rugby wedstryd op Coetzenburg.
Hulle het op 28 November 2013 verloof geraak op ‘n berg bo-op die plaas waar hulle gaan bly in die Cradock distrik. Bredell het haar verras toe hy op sy knieë gaan met ‘n draad hart ringetjie in sy hande. (Haar verloofring was nog in die proses om vervaardig te word). Die tweetjies het op 26 April 2014 die knoop deurgehak op ‘n plaas tussen die berge in Cradock.
Hul droom troue was om op ‘n plaas te trou omdat hulle albei plaaskinders is. Die troue het om 14:00 die middag begin en het tot die volgende môre aangehou. ‘Ons troue was meer as perfek en soos ‘n sprokies-troue gewees.’
Jana Marnewick het die pragtige foto’s geneem.
Diensverskaffers:
Fotograaf: Jana Marnewick