Wynand & Fiona se Selfdoen Plaastroue

Wynand en Fiona se selfdoen plaastroue is prentjie mooi en ʼn goeie voorbeeld vir die paartjies wat hul eie plaastroue beplan.  Fiona en Wynand het op ʼn pragtige plaas getrou tussen Potchefstroom en Parys, wat daardie plattelandse effek gee tot hul troudag.  Skilderagtige groen agtergronde vir hul trou foto’s en dan is daar die mooi dekor elemente in die venue.  Rou hout tafels was gebruik met verskillende tipe stoele.  Die sagte blou en wit met tikseltjies goue elemente wat gebruik was in die dekor gee dit ʼn stylvolle moderne tema.

Wynand se trouring is definitief iets uniek, dit is gemaak uit hout en silwer.  Touchwood is ‘n aanlynwinkel wat mans juweliersware verkoop wat mik om elke dag se produkte te innoveer en weer opwindend te maak. Hul spesialiseer in hout horlosies, brille en Tungsten ringe met hout, kurk en takbokhoring inlae. Dit is definitief ‘n stylvolle idee vir ‘n mans trouring en pas mooi by hul selfdoen plaastroue tema.

Baie paartjies beplan selfdoen troues en is altyd opsoek na idees vir hul eie troudag.  Die troue van Fiona en Wynand is die perfekte voorbeeld van ʼn selfdoen plaastroue.   Wanneer jy jou eie troue beplan is dit baie belangrik om alles op skrif te hou.  Maak notas van alles, veral van diensverskaffers wat jy gebruik.  Hou rekord van wie doen wat.

Professionele en betroubare diensverskaffers is baie belangrik.  As jy opsoek is na diensverskaffers wat jy kan vertrou, besoek Mooi Troues se Trougids.  Rol af om meer te lees oor die selfdoen plaastroue van Wynand en Fiona asook hul liefdesverhaal.

Paartjie se Liefdesreis:


Wynand het gevra by die huis om te trou.  My seun was ook daar, wat baie spesiaal en intiem was.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir 2 jaar en het ons troue self beplan.  Met die hulp van familie en vriende in die industrie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Albei van ons dink die mees spesiale deel van die dag was toe my vierjarige seuntjie my by die padjie afgeloop het tot by die kansel.  Dit was ʼn spesiale oomblik gewees.

Finansiële Aspekte:


Ons het nie regtig ʼn begroting gehad waar volgens ons moes werk nie.  Ek (Fiona) is in die trou industrie en meeste van my vriende/strooimeisies is ook in die industrie.  So al my vriende het vir my hul talent as geskenk gegee.  Ons was definitief geseën gewees hiervoor en sal vir altyd dankbaar wees hiervoor.

Advies:  Hou dit eenvoudig en probeer nie te veel te los vir die dag voor jou troue nie.

Paartjie se styl:


Die trourok was elegant en so was die res van die stilering gewees.  Met ʼn bolla en geen ekstra juweliersware of blink dingetjies nie.  Wynand was ook aangetrek om simplisties voor te kom.  ʼn Ligte blou knopies hemp en ʼn chino broek.

Die steun in my trouring was ʼn sjampanje kwarts omraam in wit goud.  Dit is ʼn sentimentele stuk, want die een steun in die ring was vir my jare terug agtergelaat deur ʼn geliefde.  Wynand se trouring was gekoop by Touchwood.  Dit is ʼn hout ontwerp met ʼn middelstuk silwer.

Die Besluitnemingsproses:


Omdat ek in die trou industrie is en my man my vertrou het, het ek meeste van die besluite geneem.   Ek het ook baie op my kreatiewe vriende staat gemaak vir ondersteuning en hul insette.

Venue & Dekor:


Die eienaar van die venue is ʼn goeie vriend van ons en so was die venue se huur ʼn geskenk aan ons.  Hierdie spesifieke venue is ook baie na aan ons harte en ons kon ons self nêrens anders sien troue as by die spesiale plek nie.  Daar is net iets magies oor Ourief.

Dekor inspirasie was oorspronklike die idee van ʼn vriendin wat ʼn grafiese ontwerper is.  Ek het haar vertrou en verlief geraak met die skryfbehoeftes wat sy ontwerp het.  So het die dekor toe net saam met die ontwerp tema gevloei.  Ons wou ook iets doen wat tydloos en simplisties is.

Eerste Dans:


If I ever saw Heaven deur Roan Ash.  Ons het nie eens gegaan vir danslesse nie!

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons oorspronklike trou datum was 25 April 2020, maar as gevolg van KOVID-19 het ons dit uitgestel na 5 Desember 2020.  Die bruid se familie bly meestal oorsee en sou die oorspronklike trou datum bywoon.  As gevolg van KOVID-19, kontak hul nie die troue bywoon nie.  So ons het die troue aanlyn uitgesaai vir die wat dit nie kon bywoon nie.  Dit was nogal emosioneel.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Moet nie oor die klein dinge sweet nie, mense gaan dit nie eens agterkom nie.  Probeer om op vriende en familie staat te maak om jou te help.  Jy is nie alleen nie.

Bruidegom:

Bly kalm en probeer om alles in te neem en elke oomblik te onthou.

Gunsteling Diensverskaffers:


Al ons diensverskaffers was wonderlik en die diens wat hul gelewer het was puik.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: