Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer word. In hierdie advies artikels gee ons elke maand vir julle ʼn lys van items waaraan aandag gegee moet word. Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner dele sodat dit nie só oorweldigend voel om alles op een slag te doen nie.
Om ʼn troue te beplan kan baie stresvol wees, veral as julle ʼn selfdoen troue beplan. Mooi Troues help julle om die proses makliker en meer georganiseerd aan te pak met ons opvolgende advies artikels. Klik hier vir nog trou inspirasie en advies artikels.
Ons het die vorige keer die negende artikel van ons twaalf maande trou beplanning advies reeks gedeel. Teen hierdie stadium behoort die meeste van julle trou diensverskaffers reeds bespreek te wees en die groter besluite geneem te wees. Die fokus skuif nou na die fyner besonderhede wat julle dag besonders gaan maak.
As julle nog nie al die punte in die vorige artikels afgehandel het nie, moet nie stres nie. Julle kan steeds teen julle eie tempo werk. Hierdie artikels dien slegs as ʼn riglyn om die proses minder stresvol te maak deur vroegtydig met die beplanning te begin. Daar is paartjies wat verkies om hul troue oor ʼn korter tydperk te beplan en dit is ook heeltemal moontlik.
Vir ons tiende artikel van die 12-stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:
As julle nog nie begin het met jul trou beplanning nie, is daar steeds tyd. Dit beteken net dat daar meer take oor ʼn korter tydperk afgehandel moet word. Dit is nie onmoontlik nie. Julle sal net meer fokus en aandag aan die proses moet gee.
Onder is ʼn riglyn van wat teen nou al afgehandel behoort te wees:
- Begroting gefinaliseer
- Trou datum bevestig
- Venue bespreek en deposito betaal
- Belangrike trou diensverskaffers bespreek
- Fotograaf en videograaf bespreek
- Dekor styl en trou konsep bepaal
- Trou versekering gereël
- Gastelys gefinaliseer
- Trourok keuses gefinaliseer
- Bruidegom se pak gereël
- Seremonie besonderhede bespreek
- Huweliksbevestiger ontmoet
- Platejoggie en klank bespreek
- Verblyf opsies gefinaliseer
- Dekor huur lys opgestel
- Troukoek gekies en bestel
- Wittebrood bespreek
- Repetisie aandete begin beplan
- Trou skryfbehoefte ontwerpe gefinaliseer
- Save the Date kaartjies uitgestuur
- Grimering en hare bespreek
- Verlowing fotosessie bevestig
- Vervoer vir gaste bespreek
- Danslesse begin
- Musieklys keuses opgestel
- Spyseniering gefinaliseer
- Paspoorte en visums nagegaan
- Diensverskaffer databasis op datum
- Bruidegom se uitrusting gefinaliseer
- Bruid se bykomstighede gekies
- Trou ringe gereed
- Gaste geskenke beplan
- Geskenk register opgestel
- Trou uitnodigings uitgestuur
- Dekor elemente gefinaliseer
- Trourok weer aangepas
- Trou skoene gekies
- Strooimeisies se rokke gefinaliseer
- Selfdoen projekte aan die gang
- Diensverskaffers weer bevestig

Koop geskenke vir ouers en gaste:
Indien julle voorsiening gemaak het vir gaste geskenke, is dit nou die ideale tyd om dit aan te koop of te bestel. Indien die geskenke gepersonaliseer moet word, gee dit julle genoeg tyd vir produksie en aflewering.
Onthou ook aan die ouers van die bruid en bruidegom. Hulle speel dikwels ʼn groot rol in die trou beplanning en ondersteuning gedurende hierdie spesiale tyd. Die geskenk hoef nie duur te wees nie. Die gedagte en waardering daaragter beteken gewoonlik die meeste.

Maak laaste diensverskaffer veranderinge:
As daar nog enige veranderinge aan julle trou diensverskaffers gemaak moet word, is dit nou die tyd om dit te doen.
Hoe nader julle aan die troudag beweeg, hoe moeiliker raak dit om nuwe diensverskaffers te vind wat nog beskikbaar is. Werk eerder saam met julle bestaande span indien nuwe idees ontstaan. Professionele diensverskaffers het dikwels kreatiewe oplossings en waardevolle ervaring wat julle kan help.

Gaan weer deur al julle notas:
Teen hierdie stadium behoort julle al heelwat notas, idees en inspirasie versamel te hê. Gaan weer deur julle Pinterest bord, notas en beplannings dokumente om seker te maak niks is oor die hoof gesien nie.
Kyk weer na julle begroting, dekor idees, diensverskaffers en tydlyne. Indien daar nog iets ontbreek, het julle steeds tyd om dit te organiseer of alternatiewe planne te maak.

Dink aan die tydlyn van jul troue:
Nou begin die opwindende deel waar julle die troudag tydlyn begin saamstel.
Dink mooi aan wanneer elke deel van die dag moet plaasvind:
- Wanneer die bruid begin regmaak.
- Hoe laat die fotograaf arriveer.
- Wanneer die seremonie begin.
- Hoe laat die gaste na die onthaal beweeg.
- Wanneer toesprake plaasvind.
- Die eerste dans van die bruid en bruidegom.
- Die sny van die troukoek.
- Wanneer die dansvloer oopmaak.
Indien julle ʼn trou koördineerder het, sal hierdie persoon gewoonlik die detail tydlyn saamstel en bestuur. Met ʼn selfdoen troue sal julle hierdie verantwoordelikheid self moet hanteer.
Hierdie dokument verskil van die program wat gaste ontvang. Die tydlyn bevat baie meer besonderhede oor presies waar elke diensverskaffer moet wees en wanneer hulle betrokke raak.
Klik hier vir meer advies oor hoe om die perfekte trou tydlyn saam te stel.

- Foto’s: Pexels
- Artikel: Mooi Troues
