Luka & Jö se prentjiemooi opelug troue in Tulbagh

Luka en Jö se opelugtroue in Tulbagh was ’n prentjiemooi viering van liefde vol kleur, elegansie en stylvolle troudekor. Hierdie besonderse dag bied volop trou inspirasie vir paartjies wat droom van ’n romantiese fees onder die vrye hemel.

Die paartjie het ’n unieke troukonsep geskep deur twee verskillende kleurskemas vir hul seremonie en onthaal te gebruik. Vir die seremonie het pienk en wit skakerings die toon aangegee, met ’n asemrowende bougainvillea-muur in die kapel as fokuspunt.

Jö het gestraal in ’n klassieke A-lyn-trourok van rou satyn, versier met geborduurde organzablomme en ’n lang, elegante sleep. Haar strooimeisies het haar voorkoms pragtig aangevul in ’n verskeidenheid warm pienk en rooskleurige rokke. Luka en sy strooijonkers het op hul beurt besonder stylvol gelyk in pakke van verskillende kleure, wat ’n speelse, moderne gevoel aan die gevolg verleen het.

Vir die opelugonthaal het die kleurskema verander na ’n vrolike kombinasie van oranje, blou en wit. Die gastetafels onder die bome is gedek met ligblou linne, goue eetgerei, vars lemoene en kleurvolle blommerangskikkings met gousblomme en krismisrose. Sagte bistro-liggies en klein tafellampies het ’n gesellige, warm atmosfeer geskep toe die son begin sak.

Luka en Jö se troue wys hoe verskillende kleure en kreatiewe trou-idees kan saamvloei om ’n stylvolle en onvergeetlike gaste-ervaring te skep. Dit is die perfekte voorbeeld van ’n moderne viering waarin klassieke elemente en ’n romantiese buitelug-atmosfeer moeiteloos saamkom.

Besoek die foto’s van hierdie pragtige paartjie hieronder en ontdek meer van hul besonderse troudag. Besoek daarna Mooi Troues se aanlyn trougids vir diensverskaffers wat kan help om julle eie droomtroue ’n werklikheid te maak.

Trourok:


My trourok was ‘n stunning rou satyn rok gewees met geborduurde organza blomme wat begin op die bodice en oor die romp gedeelte gaan. Dit was nader aan ‘n A-line form as wat hy Ballgown was, maar sy romp was redelik wyd. Die rok het ‘n boatline-nek gehad met twee dun strappies, met geen ander moue nie. Dit het die geborduurde blomme op die trein ook gehad. Die trein was redelik lank en regtig pragtig! Dit was ‘n redelike eenvoudige rok, maar ek het gedink hy lyk baie klassiek en elegant.

Verloof- en Trouringe:


Bruid:

My ring is letterlik die mooiste ring wat ek nog ooit gesien het! Hy het ‘n dun goue pant met sewe diamante. Daar is een groter “teardrop-shape” in die middel (met die punt wat op wys), geraam met twee klein ronde diamante aan albei kante. Laastens, langs elke stel van die twee klein ronde diamante, is daar nog een kleiner “teardrop-shape” diamant aan albei kante wat met hulle punte “uit” wys. My troupant wat bygekom het was net ‘n dun goue pant wat ‘n klein kinkel in het om plek te maak vir die groter. middelste diamant.

Bruidegom:

Luka se ring is ‘n dikker goue pant. Dit is brushed, so dit het ‘n “matte” voorkoms. Om die randjies (bo en onder) is daar ‘n baie fyn patroontjie wat hom net raam.

Paartjie se Verlowing:


Die verlowing het op my verjaarsdag plaasgevind en was alles waarvoor ek gehoop het. Ons was in ons pajamas, op my ouers se dak (natuurlik mooi opgemaak deur my oulike man), vroeg die oggend met ‘n koppie tee. Ek het dit glad nie verwag nie en het aangeneem al die ekstra moeite was maar net vir my verjaarsdag. Luka het sy bes probeer om my te oortuig om die sonsopkoms op Seinheuwel te gaan kyk “vir my verjaarsdag,” maar ek wou niks weet nie!

Dis toe hy nou met die blink plan vorendag gekom het om my ouers te vra of ons die vorige aand by hulle kan oorbly, met die idee om van hulle dak gebruik te maak. Die plekkie op die dak is ook waar ons ons begin uitgaan het, so hy het ook bietjie sentimentele waarde vir ons. Ek was wel, soos ek genoem het, nie voorbereid hiervoor nie en het ‘n neongroen slaaphemp gedra wat soos ‘n rok gesit het en my hare het nog woes verslaap gestaan, maar ek sou dit nie enige ander manier wou hê nie!

Trou Dekor en Styl:


Ons wou ongelooflik graag Bougainvillea bomme deel hê van ons dekor, maar ons wou nie heeltemal met die pienk kleurskema werk vir die hele troue nie, so ons het twee aparte kleurskemas gehad (een by die seremonie en een by die onthaal). Die seremonie was grotendeels pienk en wit met die mooiste Bougainvillea muur voor in die kerk, Bougainvillea konfetti, wit strikke aan die kante van die kerk bankies en ‘n program wat ook by die pienk en wit kleurskema pas. Ons het ook ‘n mooi wit handwaaier vir elke gas gehad (dit was ‘n bitter warm dag in Tulbagh).

Die onthaal het ‘n oranje, blou, wit kleurskema gevolg. Anders as die seremonie wat in die mooiste kapel plaasgevind het, het alles anders buite afgespeel. Die mengeldrankies was kleurvolle Aperol drankies en daar was die mooiste Marigolds op die tafels gewees. Daar was ook enorme, wit, papier blomme teen die bome opgesit. By die groot tafels waar die onthaal plaasgevind het, het ons baie ligte blou tafeldoeke gehad met pragtige servette wat prente opgehad het van wit, blou, oranje en plek-plek groen. Die tafels was versier met asemrowende blommerangskikkings van krismisrose, marigolds en klomp ander mooi blomme tussen-in. Daar was ook heel en halwe lemoene en appelkose oor die tafels gestrooi.

Elke gas het ‘n ligblou strik om hulle sjampanjeglase gehad met hulle name op gedruk in wit. Die tafels was verder gekomplimenteer deur goue eetgerei en luukse Haus borde. Daar was sagte, geel bistro ligte oor die onthaal gespan en daar was klein lampies op al die tafels.

Trou Begroting en Beplanning:


Die troue het 85 gaste gehad, die paartjie  het ’n jaar lank aan die troue self beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: