Erick & Isle se Tydlose Koninklike Troue in Heidelberg

Erick en Isle se troudag in Heidelberg was die perfekte voorbeeld van klassieke elegansie en tydlose styl. Geïnspireer deur koninklike sofistikasie, het die paartjie ’n dag geskep waarin tradisie op ’n vars en moderne manier herleef is.

Isle se trourok, geïnspireer deur die ikoniese Grace Kelly, was die toonbeeld van koninklike elegansie. ’n Modeontwerper in Parys het haar visie tot lewe gebring met ’n hoë kantneklyn, lang moue en ’n dramatiese, vol romp. Met delikate kantdetail en ’n verfynde struktuur het die rok ’n tydlose silhoeët gekry wat perfek by Isle se klassieke, gesofistikeerde styl gepas het.

Vir die troudekor en stilering is daar op ’n romantiese, tradisionele atmosfeer gefokus. Sagte poeierblou, Delft-geïnspireerde elemente en verskillende skakerings van pienk het die kleurpalet gevorm, terwyl elegante antieke silweraksente die voorkoms afgerond het. Lang houttafels met blou tafellopers, welige blommerangskikkings in silwer bakke en die sagte gloed van liggies bo die onthaalarea het ’n warm en uitnodigende atmosfeer geskep.

Die indrukwekkende veelvlakkige troukoek met ingewikkelde kantpatrone en ’n sagte, tekstuurryke afwerking het die klassieke tema perfek afgerond.

Rol af en ontdek hoe hierdie inspirerende troue wys dat tradisionele elemente en persoonlike inspirasie hand aan hand kan gaan om ’n onvergeetlike viering van liefde te skep.

 

Trourok:


My inspirasie vir my rok was Grace Kelly se trourok gewees. Ek het modeontwerper Werner Dey in Parys gebruik en hy kon nie dit meer perfek gemaak het nie.

Verloof- en Trouringe:


Erick het my verloofring laat maak Poggenpoel Diamond Jewellers in Pretoria al sewe jaar voor ons troue. Ons het met die troue net ʼn pantjie laat by maak en vir Erick ʼn trouring ook by Poggenpoel Jewellers.

Paartjie se Verlowing:


Ons het 20 Julie 2025 verloof geraak. By God’s Window in Mpumalanga.

Trou Dekor en Styl:


Ons het ’n baie tradisionele en tydlose troue in gedagte gehad. Vir die kleurpalet het ons op sagte poeierblou en Delft-geïnspireerde elemente besluit. Verskillende skakerings van pienk is vir die blomme gebruik, met antieke silwer as ’n elegante afronding.

Trou Begroting en Beplanning:


Die troue het 114 gaste gehad met ’n begroting van R600 000, en die paartjie het dit self oor nege maande beplan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: