Michael & Micayla se Elegante Verlowing Fotosessie

Met opgewondenheid deel ons Michael en Micayla se elegante verlowing fotosessie in Kimberley met ons lesers.  Hierdie paartjie se fotosessie is, donker, stylvol en definitief iets waarvan ons baie hou.  Die swart kleurskema is iets uniek en lyk pragtig op foto’s.

ʼn Verlowing fotosessie is só belangrik om te hê.  Dit help die paartjie om gemaklik te raak voor die kamera.  Om deur ʼn professionele fotograaf afgeneem te word is baie anders as wat jy net ʼn selfoon foto neem.  Daar is ʼn derde persoon in jul spasie wat foto’s neem en dit kan aan die begin ongemaklik voel.  Baie mense voel geïntimideerd deur ‘n fotograaf se professionele kamera.  Met ʼn verlowing fotosessie leer jy die fotograaf en hul tegnieke beter ken.  So sal jy lekker op jou gemak wees op jou troudag.

As jy opsoek is na fantastiese fotograwe vir jou verlowing fotosessie, besoek Mooi Troues se Trougids waar jy fantastiese verlowing fotograwe sal vind.  Om meer te sien van Micayla en Michael se elegante verlowing fotosessie in Kimberley en hul liefdesreis te lees, rol af.

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Michael woon albei in Kimberley.  Ons het van tyd tot tyd in dieselfde geselskap verkeer, maar nooit regtig eers in mekaar se rigting gekyk nie!

Op die regte tyd en plek het hy eendag net my voete onder my uitgeslaan met sy unieke menswees en die manier hoe hy my hanteer het.  Dit was glad nie moeilik om op hom verlief te raak nie!  Lewe saam met hom is regtig ʼn lied.  Hy ‘n vreeslike positiewe mens is en my altyd spesiaal laat voel.

Ek en Michael was vir 2 jaar saam voor dat hy die vragie gevra gevra het.

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Die groot vraag:


Ons verlowing … WOW!  Wat ʼn ongelooflike verassing was dit !

Desember 2020 het ons vakansie gehou by my ouers se Lodge teen die see.  Michael het ʼn paar dae voor dié dag begin met skimpies en stories dat hy vreeslik graag iets avontuurlustig saam met my wou doen.  Toe het hy een oggend net gesê dat hy ʼn helikopter rit vir ons bespreek het.  Kan nog goed onthou dat dit beurtkrag was, so ek het nie eers kans gehad om hare te was of mooi te maak nie!

Ons het eers vir ʼn lekker ontbyt gegaan en ek kon agterkom dat hy nie met die selfde entoesiasme eet nie, en senuagtig lyk, maar nie daaraan gesteur.  Net langs die lughawe het ons getop vir ʼn lekker G&T by Elvis Brew se padstal en oppad na die helikopter, het hy gesê dat hy die vlieënier se arm gedraai het om oor my ouers se lodge te vlieg!  Ek natuurlik gedink dit was vreeslik cool!

Toe ons oor die Lodge vlieg het ek niks anders raak gesien as my familie wat gestaan en waai het en dit was wonderlik, maar toe se die vlieënier hy gaan weer ʼn draai maak oor die lodge en hy vra toe “maar wat staan daar onder”?  Die vlieënier het die helikopter so gedraai dat ek voel ek moes vasklou om nie uit te val nie en toe sien ek die lewensgrootte 15 meter lank banier op die gras wat se “Micayla will you marry me”?

Ek was so geskok en toe ek omdraai toe sit die mooi man met die ring boksie (onderste-bo) in sy hand met die mooiste verloofring van my drome!!!

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Hoekom ons mekaar liefhet:


Van Micheal:

Ek kan net “silly self” wees voor hom. Hy laat my elke dag lag en hy laat my goed voel oor myself.  Daar gaan nie ʼn dag verby wat hy nie vir my ʼn kompliment gee nie en spesiaal laat voel nie.

Van my:

Michael se dat sy gunsteling eienskap van my is my mooi hart en hoe vriendelik ek altyd is teenoor hom en ander mense, my menswees.

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons wou sommer dadelik in spring met die trou beplanning!  Ek kon nie wag nie omdat ek al so lank droom van my perfekte trou dag met die perfekte man!

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberleyverlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Die verloofring:


Dit was ‘n baie groot verassing!!!  Ek het altyd geskimp vir ‘n geelgoud ring en vir Michael gesê dit moet ietsie spesiaal hê wat die ring uniek maak.  Ek het altyd gespot en gesê ek is ‘n “golden girl” sodat dit moet in sink dat hy niks anders as goud moet kies nie.  Hy het die ring laat maak met ‘n baie spesiale “hidden halo” en ek was dadelik verlief!!!

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberleyverlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het besluit ons wil graag die spesiale oomblikke vas vang.  Ook ‘n groot rede was om gemaklik te raak met die fotograaf voor die troue.

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberleyverlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het ʼn baie unieke moderne styl.  So ek wou graag die fotos baie modern hê maar ook pret … Ek dink ons fotograaf het ʼn fantastiese werk gedoen!!!

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Vir ons verlowings tydperk is dit belangrik om mekaar op alle vlakke beter te leer ken.  Om vrese van jou siel ontbloot en die ware jy, 24/7 te ontbloot en om deur al hierdie groeipyne te werk voordat ons trou beloof.  Geen mens is dieselfde en ons verwagtinge van mekaar is om mekaar deur positiewe kritiek op te bou en te help groei om die beste lewensmaat te kan wees vir die persoon met wie jy die res van jou lewe gaan deel.

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Visie vir droomtroue:


Ons gaan by De Opstal Country Venue in Oudshoorn trou.  ʼn Lekker winters troue!

Alles gaan wit, swart en goud wees …

Ons wil graag ʼn baie moderne / klassieke troue hê, met mooi interessante stylvolle troudekor, lekker kos ons naaste spesiale mense en ʼn lekker groot partytjie!!!

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberleyverlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ja Kovid het ʼn GROOT invloed gehad …

Ons aanvanklike datum was einde Aug 2021 en alles was gereël, maar ongelukkig het die volgende vlaag Kovid getref in die winter en het die getalle baie gestyg.  Vanweë verdere inperkings en veral die aandklokreël, het ons die moeilike besluit gemaak een aangeskuif na einde April 2022.

Vanweë onvoorsiene omstandighede het hierdie datum ook nie gerealiseer en het ons weereens aangeskuif na 25 Junie 2022.  Soos die Engelsman sê ” Third time luck”! en ek is baie opgewonde, want ons was in die heel bevoorregte posisie om van venue te verander en nou gaan ons uiteindelik ons pragtige Winterstroue kan hê !

verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley verlowing fotosessie in Kimberley

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: