Riaan & Theamari troue

Ons deel vandag Riaan en Theamari se prentjiemooi troue wat by Kwalata wildsplaas, buite Pretoria, plaasgevind het. Dit is een van die mooiste plase in die gebied, wat uitkyk oor pragtige Afrika velde. Julle sal ‘n baie goeie idee kry van die gevoel en atmosfeer van die troue as julle na Riaan en Theamari se foto’s kyk.

Dit was ‘n bosveld troue, gedoen in styl. Die koning protea in Theamari se ryker het onmiddellik ons oog getrek, dit is eenvoudig, maar elegant. Die ander ding wat ons aandag getrek het was die paartjie se troukoek wat bestaan het uit kaas. Dít was beslis iets anders en eintlik iets oulik, veral as jou gaste mal is oor meer souterige happies in plaas van ‘n soeterige opsie. Gaan loer gerus na die paartjie se pragtige troue.


Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0001Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003


Wat het jou troudag spesiaal gemaak?

Almal was ongelooflik behulpsaam en het oral ingespring om te help met die laaste goedjies wat nog gedoen moes word. Dit was ‘n wonderlike dag en dit het letterlik gevoel of ek heeldag op wolke loop.


 Enige raad wat jy vir paartjies kan gee wat wil trou?

Wanneer ietsie nie uitwerk nie, jou onnodige kopseer gee of wrywing veroorsaak – is dit net glad nie die moeite werd om daaroor te top nie. `n Mens moet vrede maak dat alles nie perfek sal afloop nie en dat jy so bietjie grasie sal moet gee aan die skewe goedjies. Ek as bruid kon myself vinnig verloor tussen al die mooi goedjies op Pinterest – dit maak jou net deurmekaar later. Daar is niemand wat jou so goed ken soos jy jouself ken nie en daarom moet jy voluit gaan vir daardie oulike idees in jou kop, al sê hoeveel mense vir jou dit gaan nie werk nie.


Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0015Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0016Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0017Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0018Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0019Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0020Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0021Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0022Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0023Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0024Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0025Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0026Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0027Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0028Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0029Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0030Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0031Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0032Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0033Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0034Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0035Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0036Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0037Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0038Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0039Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0040Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0041Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0042Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0043Riaan & Theamari Troue - Gevind op www.mooitroues.co.za_0044


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Louise Vorster
  • Skryfbehoeftes en lasersnywerk: Kisscut
  • Geskenkies: New Beginning Toffees
  • Trou Ringe: V’dodili
  • Blomme: Poerie Neetling
  • Rok: Maggie Sottero
  • Pak: Coquis Mens Outfitters, Lynnwood
  • Onthaal & Kerk diens: Kwalata Game Ranch
  • Grimering & Hare: Melissa Minne
  • Koek: Fairview Wine and Cheese
  • Trou koek versiering en verversings tafel aankope en dekor: Cherise’s Creations
  • Draperings: Soflight Decor
  • Blommemeisie Rokke: Gelique
  • Platejoggie – Liam Walsch van Pulse DJ’s
  • Gasteboek raam : Framing Warehouse
  • Musiek tydens seremonie, fotosessie en ete : Congrazia