Doen-dit-self troues is ‘n baie groot tendens en daarom is ons opgewonde om dié oulike troue van Wimpie en Alzanne met jul te deel.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en Wimpie het ontmoet deur ‘n vriend in die kaap en van daardie dag af onthou ek net Sjokolades en “dessert dates” in Groenpunt. My voete was behoorlik onder my uitgeslaan.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit het katte en honde gerëen die naweek toe Wimpie vir my sê ek moet my tas pak want ons gaan kamp. Al die kamp toerusting was gelaai terwyl ek gedink het dis een groot grap en dat ons sou verkluim in die koue. Dit was toe ‘n groot verassing toe ons stilhou by n snoesige hout huisie in die Wildernis woud waar hy met ‘n asemrowende sonsonder vir my die groot vraag gevra het. My antwoord was natuurlik ‘n duisend Ja’s.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was vir 2 jaar saam voor ons getrou het en 5 maande verloof.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
As jy ‘n doen dit self troue rëel betrek jou vriende en familie om te help met jou plannetjies en begin vroeg in die werk spring. ‘n Mens kan ‘n mooi en baie lekker troue rëel in ‘n kort tydjie as jy ‘n paar hande het om te help.
Diensverskaffers:
Fotograaf: Jaco Vollgraaff en Abbi Knell | Venue en Spyseniering: Uitsig Venue
Hare en Grimering: Wilna Allpass | Blomme en dekor: Bruid self en Skoonma
Trourok: Pebbles in Voorbaai