Swart, diep & donker gestileerde fotosessie

Swart, diep en donker skep sonder twyfel ʼn dramatiese effek as dit kom by die rok of die tafel dekor.  Dit is ʼn buitensporige verklaring wat onmiddellik aandag trek en vermaaklik voorkom.  Soif de Vivre Photography wil die neiging wat mense volg waar hulle te skrikkerig of bang is om swart of donker kleure te betrek, vir eens en vir altyd breek.  Mense skram gedurig weg van uitspattige dekor of kleure, maar dit is juis daardie elemente wat ʼn indruk skep en mense inspireer.  Hierdie fotosessie gee vir mens ʼn goeie idee hoe om donkerder aspekte deel te maak van jou trou tema en nie dit te vermy nie.  Ons hoop julle geniet die res van die artikel.

wedding stationary wedding stationary

Inspirasie agter die fotosessie?


Nadat ek die eerste keer by Shepstone Gardens was, het ek nog altyd gedroom van ‘n gestileerde sessie daar doen wat bietjie buite die norm val. Claudette van ‘Some Day Weddings’ het dadelik my ‘gevoel en atmosfeer’ verstaan  en kon saam droom oor die tema en die uitkoms daarvan.  Shepstone Gardens het ‘n baie dromerige, romantiese gevoel, maar daarmee saam kan mens maklik ‘n dramatiese tema voeg en steeds die romanse van die omgewing vas vang.

Die dekor en blomme was inspireer deur ʼn “Modern Day Cinderella” gevoel wat ons wou skep.

Ons wou graag iets modern met ʼn romantiese atmosfeer skep so, met die natuurlike lig in die lokaal waarin ons opgestel was dit ideaal om dekor en blomme te doen wat in kontras tree met die sprokiesland omgewing.

Goud is altyd klassiek en laat my aan warm winters dink en daarom was dit natuurlik ʼn hoof element om die dramatiese kleurskema te versag.

shepstone gardens Pretoria trou venue Pretoria trou venue Pretoria trou venue Pretoria trou venue Pretoria trou venue Pretoria trou venue Pretoria trou venue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Dit is mense met wie ek al voorheen gewerk het, wat ek weet ook buite die boksie kan dink en ook ‘n brandende passie het om hul eie uniekheid te kan uitleef.

shepstone gardens shepstone gardens shepstone gardens photographers in johannesburg photographers in johannesburg photographers in johannesburg

Wie het die fotosessie gereël?


Jana-Minette van Soif de Vivre Photography het die idee gehad en al die nodige reëlings kon tref om die span bymekaar te trek.  Nadat my visie aan die verskaffers gedeel was, het elke verskaffer het hul ding gedoen om die tema bymekaar te bind maar wat tog ook elkeen se persoonlike styl deur dra.

photographers in johannesburg shepstone gardens photographers in johannesburg photographers in johannesburg

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dit was die heel lekkerste om iets “gewaagd” vir ʼn meer kontemporêre kliënt te kon doen wat maar steeds stylvol en tydloos sal oorkom.  Dis altyd soveel pret ook om te sien hoe almal se idees bymekaar sonder dat ons regtig enigsins kommunikeer oor idees.

Die feit dat ons iets kon skep wat nog nie daar buite te siene was nie, en soveel pret kon hê daardeur.  Ons het bymekaar gekom as diensteverskaffers, maar weg geloop as vriende met dieselfde kunssinnige passie.

photographers in johannesburg wedding venue johannesburg photographers in johannesburg photographers in johannesburg photographers in johannesburg

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


As dit by foto’s kom stel ek voor die paartjie kies iemand waarmee hul gemaklik gaan voel.  Jy spandeer immers die hele dag saam met hulle.  Dit is ook vir my (Jana) as fotograaf uiters belangrik dat paartjies iemand kies wat die belangrikheid en erns van die dag verstaan.  Dit is maklik om iemand te kry wat mooi foto’s alleenlik kan neem, maar om iemand te kry wat die emosie daaraan verbonde verstaan, is meer as goud werd!

As dit by dekor en blomme in die kleurskema kom beveel ek (Claudette) die volgende aan:

  • ʼn Moderne Venue met baie natuurlike lig vir die fotograaf om in te skiet want donker kleure raak vinnig weg op fotos, maar in die aand kan jy sommer die liefde voel as die kerslig skyn en als net sommer ekstra gesellig laat vertoon.
  • Kerse, kerse, kerse –  Jy kan nooit genoeg kerse gebruik met die warm winter kleure nie.  Oorweeg ook gekleurde kerse soos hierdie om bietjie diepte op die tafel te skep.
  • Vir trou tafels beveel ek aan om eerder 2 kleiner ruikers te doen of definitief iets wat op ʼn hoër staander is sodat jou gaste se sig nie belemmer word nie.
  • Moenie bang wees om ʼn swaarder kleur in te bring nie – baie keer gebeur dit data ls half in een smelt as daar nie iets is wat die tafel dekor laat uitstaan nie.

wedding cakes wedding cakes wedding venue johannesburg wedding cakes wedding venue johannesburg wedding venue johannesburg wedding venue johannesburg wedding venue johannesburg shepstone gardens wedding venue pretoria wedding venue pretoria wedding cakes wedding venue pretoria wedding venue pretoria wedding venue pretoria wedding venue pretoria wedding venue pretoria wedding venue pretoria wedding venue pretoria

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: