Matt & Anri se verlowing fotosessie

Matt en Anri is ‘n baie energieke paartjie vol grappe en skep vele opwinding in hulle verhouding.  Hulle wou ‘n paar prettige elemente by hul verlowing fotosessie in bring om hulle persoonlikhede beter uit te beeld en sodoende het hulle gebruik gemaak van die bekende melkies wat almal ken as ‘n ‘Sterri Stumpie’ , woorde uit te spel met hulle ringe en Rummikub blokkies asook om seperige skuim borrels te blaas.  Hulle wou hulle innerlike kind los laat en so ook die fotosessie interessant maak.  Ons kan met sekerheid se dat hulle beslis daarin geslaag het.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Op ʼn koue Augustus aand langs ʼn rugbyveld in Potchefstroom het ons mekaar ontmoet.  Matt se selfvertroue het my dadelik na hom toe getrek.  Anri se beeldskoonheid en vriendelike persoonlikheid het my na haar toe aangetrek.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Met ‘ʼn duisend kerse en sand tussen ons tone het Matt my gevra om sy vrou te word.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing foto sessie?


Ons is natuur liefhebbers, ons hou van die buite lewe.  Ons verhouding is baie spelerig en ons wou graag hierdie twee eienskappe laat uitkom in die foto sessie.

Vertel ons wat is jul droomtroue?


ʼn Grasdak langs ʼn dam.  Familie en vriende wat lekker lag om n kampvuur tot laat.  ʼn Rustieke sprokies verhaal met komberse en kerse.

Diensverskaffers