Breyton & Rolani se Verfynde Europese Troue buite Plettenbergbaai

Breyton en Rolani se troue buite Plettenbergbaai was ’n ongelooflike liefdesviering van verfyndheid, intieme geselligheid en klassieke styl. Met ’n perfekte balans tussen natuurlike skoonheid en deurdagte detail het die hele dag ’n nostalgiese Europese flair uitgestraal.

Rolani se rok was die toonbeeld van klassieke elegansie. Die styfpassende meermin-silhoeët was bedek met verfynde kralewerk en sagte blom aksente wat ’n luukse tekstuur geskep het. Die unieke ontwerp het verwyderbare moue ingesluit, wat haar twee verskillende voorkomste gegee het, terwyl die medium lengte sleep en breë bandjies ’n moderne, gestruktureerde balans gebring het. Breyton het insgelyks stylvol gelyk in sy linnepak, wat perfek by die informele dog verfynde atmosfeer van die dag gepas het.

Die onthaal op die stoep, onder die lowerryke wingerde, het ’n onvergeetlike gaste-ervaring gebied. Met kreatiewe insette is lang tafels gedek met sagte wit linne, vintage-glasware en subtiele silwer detail. Die vars kleurskema van groen en wit, aangevul met vars vrugte op die tafels, het pragtig by die omliggende groenigheid ingepas. Hierdie stylvolle troudekor en unieke trou konsep wys hoe natuurlike elemente en klassieke styl mekaar kan ontmoet om die uiteindelike trou inspirasie te skep.

Besoek Mooi Troues se trougids en ontdek talentvolle diensverskaffers wat julle ook kan help om julle eie verfynde troue te verwesenlik.

Trourok:


My trourok was alles waarvan ek gedroom het – elegant, tydloos en vol detail. Die rok, gemaak deur Chanelle Cindy in Kaapstad, wasʼn volledige beaded ontwerp met delikate blom detail wat die rok ʼn sagte, romantiese gevoel gegee het. Die silhoeët was lank en styfpassend met ʼn amper “mermaid”-styl vorm wat die rok klassiek en vroulik laat voel het.

Een van my gunsteling besonderhede was die moue wat kon detach, wat die rok twee verskillende voorkomste gegee het deur die dag. Die rok het ook ʼn mid-length sleep gehad wat perfek elegant gevoel het sonder om te veel te wees. Die breë bandjies het die ontwerp mooi afgerond en ʼn moderne, gestruktureerde gevoel bygevoeg. Dit was vir my die perfekte kombinasie van sagte romantiek en tydlose elegansie.

Paartjie se Verlowing:


Ons het op 29 Desember 2023 verloof geraak tydens ons jaarlikse stap by die Robberg Hiking Trail in Plettenbergbaai -ʼn dag wat vir altyd een van ons mooiste herinneringe sal bly. Alhoewel ek diep binne myself gevoel het dat ʼn verlowing dalk een of ander tyd kon gebeur, het ek daardie dag absoluut niks verwag nie. Vir my was dit net nogʼn spesiale dag saam in die natuur, iets wat ons nog altyd geniet het om saam te doen.

Ek was daardie oggend baie vasbeslote om die hele roete aan te pak en het aanhoudend gestap, sonder om regtig te stop of te rus. Arme Breyten het dus nooit die perfekte kans gekry om die groot vraag te vra nie. Eers toe ons heel onder by die punt van die draai, tussen die rotse langs die see staan, het die oomblik uiteindelik aangebreek. Met baie moed het hy op sy knie gegaan en my gevra om met hom te trou. Ek het onmiddellik begin huil én lag op dieselfde tyd – totaal oorweldig deur emosie en verrassing. Tussen die trane en glimlagte deur het ek die maklikste “JA” van my lewe gesê. Dit was eenvoudig, opreg en perfek.

Verloof- en Trouringe:


Ons ringe vertel elkeen ʼn deel van ons storie. Al drie ringe is gemaak van 9kt geelgoud – klassiek, tydloos en iets wat perfek by ons pas. Breyten se troupant, van Famke, het ʼn half-ronde vorm met ʼn “brushed” effek wat die goudʼn sagte, moderne voorkoms gee. Dit is eenvoudig, elegant en perfek vir hom. My troupant is ook van Famke en bestaan uitʼn pragtige half eternity diamantband wat subtiele glans en detail byvoeg.

My verloofring is egter ekstra spesiaal vir my. Dit is deur Dear Rae ontwerp, met ʼn unieke ontwerp wat spesiaal vir my gemaak is. Die diamant is deur Breyten self gekies – ʼn 0.90 kt emerald cut diamant in ʼn claw setting. Die ring voel vir my elegant, tydloos en ongelooflik persoonlik, en dit maak dit soveel meer betekenisvol.

Trou Dekor en Styl:


Ons troue se kleure en dekor was geïnspireer deur tydlose elegansie, met ʼn sagte vintage gevoel. Die kombinasie van groen, wit en subtiele touches of silver het die hele dag ʼn vars maar klassieke atmosfeer gegee. Ons wou hê alles moet natuurlik, romanties en verfyn voel – amper soos ʼn elegante English villa versteek tussen die natuur. Die dekor, kreatief saamgestel deur DP Ferreira van Ecolest, het perfek ingepas by Kurland se karakter en die omliggende natuurskoon.

Lang tafels onder die wingerde, sagte wit linne, vintage glasware, silwer detail en organiese blommerangskikkings hetʼn gevoel van intimiteit en warmte geskep. Die groen rankers wat natuurlik om die venue gegroei het, saam met die sagte lig en romantiese teksture, het gemaak dat dit gevoel het asof ons in ʼn Europese somers droom vier. Alles was elegant sonder om oordoen te voel – tydloos, stylvol en ongelooflik persoonlik. Die dekor het nie net mooi gelyk nie, maar ook die gevoel van die dag perfek vasgevang: warm, romanties en vol liefde.

Trou Begroting en Beplanning:


Julle het ’n jaar lank beplan vir ’n troue van 120 gaste, met ’n begroting van R700 000 en die hulp van ’n koördineerder.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: