Christof & Karmi se Kontemporêre & Speelse Troue in Pretoria

Christof en Karmi se troudag was ’n kontemporêre liefdesviering vol intieme detail, sagte romantiek en onvergeetlike oomblikke. Hul viering het die perfekte balans tussen moderne elegansie en ’n speelse, whimsical atmosfeer geskep.

Karmi het soos ’n visie van tydlose bruidsmode gelyk in haar wit fit-and-flare trourok. Die materiaal het elegant oor haar lyf gedrapeer en sagte, natuurlike plooie gevorm, terwyl die scoop-neklyn en verwyderbare skouermoue haar die geleentheid gegee het om haar voorkoms deur die dag te verander.

Die ware uitblinker was egter haar pasgemaakte, lang, deursigtige plissé-tule-moue met ’n treffende oorgroot manchet. ’n Naaldwerkster het die unieke moue spesiaal by die Ciara-rok gevoeg, wat Karmi se bruidsvoorkoms ’n besondere en persoonlike aanslag gegee het. Christof het ewe stylvol gelyk in sy olyfgroen pak, wat pragtig by hul speelse kleurpalet aangesluit het.

Die troudekor en tafelversiering het verder bygedra tot die vrolike atmosfeer, met ’n unieke kombinasie van sagte pastel blou, geel en pienk, diep roes-terracotta en olyfgroen. Pastel kleurige kerse, keramiekpotte en lugtige blom rangskikkings het die lang tafels versier, terwyl ’n see van warm, gloeiende liggies die onthaalruimte in ’n sagte romantiese gloed gehul het.

Die resultaat was ’n besonderse gaste ervaring waar moderne trou tendense en tydlose styl moeiteloos saamgevloei het.

Rol af en geniet die foto’s van Christof en Karmi se pragtige troudag. Besoek ook Mooi Troues se aanlyn trougids vir inspirasie en idees om julle eie troubeplanning te help vorm.

Trourok:


My trourok is ʼn fit-and-flare silhoeëtte van eenvoudige wit materiaal van Blanco Bridal Couture. Die materiaal drapeer oor my bodice en heup om sagte plooitjies te vorm. Die neckline is ʼn scoop vorm, met verwyderbare off-the-shoulder moutjies. Daarby het ek lang deursigtige plisse tulle sleeves gedra met ʼn exaggerated cuff. Die moue was ʼn custom detail wat Blanco se seamstress vir my by hul Ciara rok gesit het.

Paartjie se Verlowing:


Ons het vir ’n naweek Umhlanga Rocks toe gegaan. Voor die tyd het Christof en ek al oor trou gepraat, en ek het geweet hy het my pa vir toestemming gevra. Ek was dus bewus dat die vraag binnekort kon kom. Hy het my gerusgestel en gesê hy sal dit nie in Umhlanga doen nie.

Op pad terug Pretoria toe oornag ons naby die Drakensberge in ’n plek wat hy vooraf bespreek het. Die volgende oggend sê hy ons moet vroeg ry en stel voor ons stop vir koffie.

Nog voor sonsopkoms ry ons en sien ’n lugballon-advertensie. By die koffie winkel is daar net ’n klein opstelling in ’n veld. Ek voel iets is vreemd, maar ons bly. Ek word op my naam gegroet, ’n vorm word vir my gegee om te teken, en ek besef dit is nie ’n koffie-stop nie. Ons word na ’n lugballon geneem.

Toe ons bo in die wolke sweef en die son oor die berge opkom, haal Christof ’n boksie uit en vra my om te trou. Ek was oorweldig en vol vreugde en het net ja gesê.

Verloof- en Trouringe:


My verloof ring is ovaal diamant met vier kloutjie armpies wat bo-oor ʼn halo met klein diamante omring, die groot diamant vashou. Die band is dun en goud met dotjies aan die sye gegraveer.

Trou Dekor en Styl:


Ons kleurskema was sagte pastel blou, geel, pienk, diep roes of terracotta en olyf groen. Ons dekor en trou styl sal el beskryf as ʼn kontemporêre whimsical (wispelturig).

Trou Begroting en Beplanning:


Christof en Karmi het hul troue self beplan, nege maande lank, vir ’n viering met 115 gaste.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: