Armand en Heliz-Marie se Karoo verlowing fotosessie straal ’n rustieke, maar moderne gevoel uit en wys die unieke skoonheid van die Suid-Afrikaanse binneland. Die paartjie het hul fotograaf vertrou om die perfekte plek vir die fotosessie te kies. Sy het hulle na ’n lowerryke Karoo-planttuin geneem wat die mooiste agtergrond vir hul kosbare herinneringe geskep het.
Die pragtige omgewing het die foto’s ’n natuurlike en rustige gevoel gegee. Geharde vetplante, aalwyne en woestynplante het die unieke karakter van die Karoo beklemtoon, terwyl die sagte middaglig die warm kleure van die landskap mooi uitgelig het.
Die paartjie het aanvanklik net geweet dat hulle mooi foto’s van hulself wou hê, maar die sessie het vinnig verander in ’n projek met ’n spesiale doel. Die foto’s sou gebruik word vir hul amptelike trou webwerf. Heliz-Marie wou ook graag hierdie kosbare oomblikke laat druk en as mooi kunswerke in hul nuwe huis vertoon.
Hierdie verlowingsfotosessie wys dat die vertroue in ’n fotograaf se oog vir detail dikwels tot ongelooflike resultate lei. Is julle op soek na die regte span vir julle groot dag? Besoek die Mooi Troues aanlyn trougids en ontdek Suid-Afrika se beste fotograwe en mooiste trou venues.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet deur gemeenskaplike vriende by ʼn gesellig huis kuier in Augustus 2021. Ek was in Matriek en Armand ʼn werktuigkundige by John Deere. Na die kuier het ons kontak gemaak deur ʼn onskuldige Instagram DM wat vinnig ontaard het in iets meer. Van daar af was dit asof ons mekaar al jare ken.
Ons was 4 jaar saam voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:
Die verlowing het plaas gevind 22 November 2025 in Langebaan op die strand. Dit was ʼn groot verrassing. Beide my en sy ouers was by hierdie groot oomblik.

Hoekom ons mekaar liefhet:
Armand aan Heliz-Marie: Haar mooi hart en omgee vir ander.
Heliz-Marie aan Armand: Sy saggeaardheid en positiwiteit. Hy is 99% van die tyd positief en sal altyd die koppie half vol sien.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons trou 27 Februarie 2027.

Die verloofring:
Ek het ʼn inspirasie foto aangestuur Armand gestuur 2024 om vir hom te wys waarvan ek eendag sal hou. Hy het die ring presies soos daardie foto laat ontwerp deur Fraai Juweliersware.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Hoofsaaklik het ons die foto’s benodig vir ons trou “website”, maar ek wou graag foto’s vir ons nuwe huis hê!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons het geen idee gehad waar ons wil foto’s wil laat neem nie, net geweet ons soek mooi foto’s. Ons het vir Yolandi (ons fotograaf) teen volle vertrou en vir haar gevra om te besluit.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons het Januarie 2026 vir die eerste keer saam ingetrek in ons eie huis. En dit was vir ons albei n groot aanpassing. Maar ons het geen vrese nie, ons glo van dag een af dat die Here n plan met ons het. Ons vertrou selgs op hom en sien elke “vrees” as ʼn leerskool vir ons verhouding en geleentheid om saam te groei.
Lag is ons “coping mechanism”.

Visie vir droomtroue:
Ons troue is reeds bevestig. Ons trou 27 Februarie 2027 by die Keldery Red-Ox net buite Vredendal. Die venue skep die perfekte atmosfeer waarna ons gesoek het. Warm en elegant.
Ons was gelukkig genoeg om saam met ons venue vir Jacques as ons trou beplanner te kry wat ons droom vir n elegante troue kan laat realiseer. Ons albei het besluit op ʼn meer intieme troue, want ons droom troue was nog altyd n gesellig aand waar almal deel van ons groot dag kan wees en onthou natuurlik!

- Fotograaf: Kleinoi | Kontak
- Fotosessie Ligging: Kokerboom Kwekery | Kontak
- Grimering: Margo Nel Beauty | Kontak
- Hare: Hair by Arline
- Verloofring: Fraai Juweliersware | Kontak
