Andrew & Cindy se minimalistiese troue

Andrew en Cindy se minimalistiese troue is een wat jy nie moet mis nie. Alhoewel die paartjie met ʼn minimalistiese styl gegaan het, het hul tiksels kleur gehad wat so mooi gelyk het.  Om kleur elemente by ʼn minimalistiese troue te sit gee dit net daai ekstra interessante element tot dit.  Cindy se pragtige spierwit trourok het ʼn baie klassieke gevoel tot dit, gepaar met die mooi hand ruiker is dit ʼn wen kombinasie.

Dust & Dreams Photography het die mooiste foto’s geneem van Cindy en Andrew se prentjie mooi minimalistiese troue. Hul vind inspirasie uit hul daaglikse avonture en reise om ʼn troue op ‘n unieke, tydlose en natuurlike manier te fotografeer.  As jy opsoek is na ʼn trou fotograaf in Mpumalanga, kontak hul gerus.  Hul is ook altyd bereid om te reis na jou troue!

As jy ʼn minimalistiese troue beplan, dan gaan jy tonne inspirasie hier kry.  Jy kan ʼn minimalistiese troue hê, maar nogsteeds detail hê.  Kyk net hoe mooi is die paartjie se trou dekor.  Groen blom ontwerpe op ʼn staander bo die tafel.  Dit gemeng met die donker diep rooi blom ontwerpe op die rou hout tafels.  Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons was in dieselfde laer-en hoërskool en was baie goeie vriende. Andrew het my eers naskools uitgevra in 2013, en ons liefdesreis daar begin. Andrew het my op 16 Desember 2019 gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was net minder as ʼn jaar verloof, met die troue wat op 12 Desember 2020 plaas gevind het. Ons het die troue self beplan.

Finansiële Aspekte:


Alhoewel daar nie ʼn vasgestelde begroting was nie, het ons probeer slim werk met sekere uitgawes (soos die venue, dekor blomme ens.) en onnodige uitgawes probeer uitsny (soos ʼn dankie se geskenk wat ieder geval op die tafels agter bly of die volgende dag in die asblik op eindig), omdat ek en Andrew self vir alles betaal het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ten spyte van die opgewondenheid om my trourok te dra, die blomme, dekor en ons gaste het ons nie sig verloor oor die werklike rede van ʼn troue nie, en was die seremonie ʼn ongelooflike ervaring.

Spesiale Tradisies:


Ons (bruid en bruidegom) het nagmaal gehou tydens die seremonie.

Paartjie se styl:


Minimalisties was definitief ons vertrek punt met ‘skoon lyne’ wat tydloos is. My trourok het geen kant of krale op gehad nie en was dit die definisie van ʼn spierwit rok. Ek het besluit om nie ʼn troupand te kry nie, omdat ek nie van die ‘simplistiese gevoel’ van my verloofring wou weg vat nie. Andrew het sy eie ring gemaak en is hy dus die ontwerper van sy eie ring (en glo ek dat dit die eerste en laaste was van sy ontwerpers dae).

Die Besluitnemingsproses:


Ek as bruid het meer van die besluite geneem, omdat Andrew nie noodwendig een is vir tierlantyntjies nie. Ek het ook geweet wat ek soek en het ek dus na vriendinne en familie se voorstelle geluister, maar was besluite gebaseer op wat ons wou gehad het en vir ons sou werk. Dus het “buitestanders” ʼn minimale sê gehad.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is ʼn baie moeilike uitsondering om te maak, omdat elke verskaffer ʼn deel tot die finale prentjie hou. Maar indien ons slegs een verskaffer moes kies sou dit ons fotograwe wees omrede hulle ons dag kon vas vang in foto’s wat ons, soos ons herinneringe van daardie dag, vir ʼn leeftyd kan hou. Ons bloemis het ons blomme en dekor vir die dag ook vir ons pynloos en stylvol gemaak.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad tesame met canapé wat ons gaste in gewag het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


ʼn Groot deel van die troue was om die seremonie onder ʼn groot boom by die venue te hou, ʼn deel waaroor ons baie uitgesien het, maar die weer het ʼn ander plan gehad, dit het begin reën. Van alles wat kon skeef loop was dit reën op ons troudag, wat ons natuurlik toe gekry het.

Venue & Dekor:


Ons wou nie ʼn plaas / rustiek tema gehad het nie, en het die groot staal struktuur en met glasvensters saam met ons minimalistiese tema saam gewerk.

Ek het nog altyd ʼn liefde gehad vir rooi, bordeaux kleure en Andrew hou van maroen, so behalwe van die minimalistiese styl wat ons gekies het en die neutrale kleure wat gewoonlik daarmee saam gaan, was dit sonder twyfel ʼn kleur wat ons by die blomme en dekor wou inbring, omrede dit ons kleure is.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die bruide: maak vrede met alles wat jy nie kan beheer nie (soos die weer in my geval) en ander klein goedjies wat jy op ʼn sekere manier wou hê / wyse wou doen. Jou gaste weet nie wat-en wat nie deel van die beplanning was nie.

Moet ook nie sig verloor waaroor die dag werklik gaan nie, so neem elke oomblik in. Dis belangrik om die regte bruidsmeisies te kies, omdat hulle alles doen en hanteer op jou troudag waarby jy nie kan uit kom nie, buitendien moet die bruid so min as moontlik doen op haar troudag.

Wittebrood:


Ongelukkig het die grendel tydperk alles omver gegooi. Buitelandse reis het ons oorgehou tot ʼn latere stadium, omdat grense en vlugte beperk / gesluit was. Ons het dus tussen die prentjie mooi berge van Clarens gaan draai en soos met ons troudag, het die reën ons gevolg en meeste van die beplanning omver gegooi, maar wat ons dus meer tyd saam gegee het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ek dink KOVID-19 het ʼn effek op elke bruidspaar gehad wat ʼn troue beplan het gedurende 2020 en het KOVID-19 ons in verskeie aspekte geaffekteer. Toe ons, ons troudatum van 12 Desember 2020 gekies het in Januarie 2020 en vas gemaak het, het ons nooit gedink dat die hele jaar van 2020 op sy kop gedraai gaan word nie.

Ons was gelukkig om nie ons troudatum te skuif nie en kon ons gaste nooi om die dag saam ons te deel. Ons het alhoewel tydens die streng grendel tydperke besluit om by die 12de Desember 2020 te hou as ons troudatum, of dit slegs ons bruidspaar, twee getuies en die fotograwe moes wees in terme van die nasionale riglyne of saam met gaste.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad, wat baie oefening geëis het omdat die bruidegom twee linker voete het. Ons het ʼn unieke dans styl gedans (bechata) wat meer van ʼn uitdaging was vir Andrew. Die dans styl het Andrew gekies (tot almal se verbasing) en het ons definitief vir danslesse gegaan net om ʼn gewone sokkie onder die knie te kry.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: