Herfskleurige Gestileerde Trou Inspirasie

Hier by Mooi Troues deel ons met ons lesers meer oor Herfskleurige gestileerde trou inspirasie.  Die hele tema van die Herfskleurige trou inspirasie wat hier geïllustreer word is so ongelooflik mooi en iets uit die boeke.

Die hele tema van die trou inspirasie is so uniek en iets wat mens nie alledaags sien nie.  Al die elemente het so mooi saamgewerk en mekaar komplimenteer.  Die Herfs kleurskema met die verskillende skakerings van roomkleur, oranje en bruine is so besonders.  Die blomme is so mooi en uniek en gee beslis daai herfs tipe gevoel.  Blomme speel eintlik ook ʼn groot rol op jou troudag en mense sien dit beslis raak.  Dit kan spasies laat ophelder en ʼn spasie manipuleer om iets te maak wat nooit eers daar was nie.  Hierdie bied beslis soveel trou inspirasie vir paartjies wat op die trou beplanningsproses is en kan beslis baat by dié.

Dan nie eers om te praat oor die ongelooflike trourokke wat die pragtige Leah gedra het nie.  Dit pas haar soos ʼn handskoen.  Die styl van hierdie rokkie is perfek vir hierdie herfs tema en kon nie beter geïllustreer word as die nie.  Dis elegant, maar steeds vertel elke rok ʼn ander storie.  Ons is mal daaroor.

Rol gerus af en geniet meer oor die Herfskleurige gestileerde trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Ek, Bernice, die fotograaf.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek probeer om jaarliks tenminste een fotosessie te reël waar ek geleentheid kry om nuwe verskaffers te ontmoet en mee saam te werk.  Hierdie jaar sin was in die mooie Kaap omdat ons graag wil uitbrei daarheen.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek was mal oor elkeen se kwaliteit en gehalte van wat hul kon bied vir die sessie.  Dit was ook hoofsaaklik verskaffers waarmee ek nog nie gewerk het nie en wou graag kennis maak.

Agter die skerms van die fotosessie:


Sjoe, daar is so baie.  Buiten vir die feit dat ek met drie Anel Botha rokke in my tas moes afvlieg Kaap toe (wat senuweetergend was – want, jy weet, wat as iemand my tas steel en ek leë hande voor Anel moet staan) was ek nog nooit by die venue self nie en moes vanaf foto’s werk om die beste tyd van die dag te bepaal vir die sessie.  Die venue het my vooraf gewaarsku dat hul ʼn mark gaan hê in die onthaal saal waarvan die meubels nie geskuif kon word nie.  Ek het egter nie vooraf besef watse groot uitdaging dit sou wees nie maar Suzaan van Dear Idea het die dag gered met haar ongelooflike stilering en blomme rangskikkings.

My man, mede fotograaf en pakdonkie, Christian, sou aanvanklik nie by wees nie en het op die laaste minuut besluit om met die 6:00am vlug van Lanseria na Kaapstad te vlieg om by my te wees.  Net om die volgende dag weer saam my terug te vlieg huis toe.  Toe die sessie eers begin was ek in my element.  Leah was ʼn absolute droom om af te neem.  Ek dink alles het so mooi uitgedraai op die ou end en ek is ongelooflik dankbaar vir almal wat hul deel gedoen het.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Hoe individue se samewerking só mooi prentjie bymekaar kan bring.  Die venue se uitsig.  Die rokke was perfek.  Cecilia se kuns met hare en grimering.  Suzaan se werk met die tafel decor en later die klavier toneel.  Leah se warm persoonlikheid en beeldskoonheid.  Christian se insette.

Dekor:


Ek wou ʼn herfs tema hê.  Simplisties maar siptiel warm.

Venue en Ligging:


Dit was perfek vir die prentjie wat ek wou hê vir die fotosessie.

Trourok en bruidegom pak:


Ek wou vir die een ‘look’ ʼn meer spaanse gevoel hê, dus die moue.  Vir die tweede ‘look’ wou ek ʼn elegante simplistiese gevoel skep.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Kommunikeer jou verwagting en idees so deeglik as moontlik met al jou diensverskaffers.

 

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers: