Wenke hoe om die gastelys vir julle troudag op te stel

Het julle sopas verloof geraak en het wenke nodig om jul gastelys vir jul troue op te stel, dan is hierdié artikel net vir julle bedoel.  Om ʼn gastelys saam te stel vir jul troue kan baie stresvol wees.  Wie nooi julle en wie nooi julle nie!?  Móét ons daardie tannie of oom nooi wat ons tien jaar terug gesien het?

In die artikel mag ons dalk nie al die antwoorde tot julle vrae hê nie, maar ons kan dalk meer duidelikheid gee en julle in die regte rigting stuur.  Om ʼn gastelys is baie meer gekompliseerd as wat mense dink.  Dit klink maklik tot-en-met die oomblik wat paartjies begin praat oor wie hulle wil nooi.  Dan het die een te veel en die een te min en dan wil die aanstaande skoonfamilie die een nooi en daardie een nooi.

Rol af vir oulike advies wanneer dit kom by die opstel van julle gastelys.

Begin ʼn algemene lys van name:


Hierdie is die heel eerste stap.  Sit saam as ʼn paartjie en begin almal wat julle ken en moontlik aan kan dink wat jul dalk sal wil nooi en skryf hul name op ʼn lys.  Julle kan aparte lyste maak of een lang gesamentlike lys.  Dit maak regtig nie saak nie, solank as wat daar ʼn lys is.

Of daar nou 20 of 200 mense op jul lys is, is dit reg. Moet nie die lys te klein maak nie, want julle wil mooi deur dit werk na die tyd.  So maak dit eerder groter as te klein.

Gesels oor ʼn rofweg begroting:


Julle trou begroting is iets wat nog baie bespreek gaan word.  Hierdie is sommer die begin van alles.  Julle trou begroting bepaal baie meer as net jul gastelys.  Eerstens sal dit bepaal watter area jul sal trou, watter venue, en hoeveel gaste julle sal kan nooi gebaseer op die trou venue, of trou bestemming se minimum en maksimum getalle.

Dink aan jul trou bestemming en venue:


Hierdie is ʼn redelike belangrike punt. Nadat julle jul trou begroting begin bespreek het weet julle min-of-meer wat julle kan bereik.  Soek vir trou bestemmings en trou venues binne daardie begroting.  Dink nie net aan die trou venue se maksimum en minimum kapasiteit nie, maar ook aan die spyseniering kostes.  Dit sal julle help om ʼn rowwe prys te bepaal per persoon.  Meeste trou venues sal ook ʼn “per persoon” prys hê en ʼn minimum aantal gaste wat julle voor moet bespreek.

Hierdie is net een van die tegnieke om te gebruik om te bepaal hoeveel trou gaste genooi kan word volgens jul trou begroting.

Begin werk deur julle algemene lys:


Maak ʼn A,B en C langs elke gas se naam.  A sal wees wie julle baie graag wil nooi en sonder enige twyfel.  B is miskien en miskien nie.  C sal trou gaste wees wat nie ʼn moet is nie, en julle dalk nie so goed ken nie, soos ʼn werk kollega of ʼn tannie of oom wat julle nie regtig mee kontak het nie.

Neem die lys en skryf A, B en C langs elke een se naam.  Vat dan die lys en tel hoeveel A-,B-, en C’s julle het.  Dit sal dan bepaal hoeveel gaste julle definitief het en wie julle dalk moontlik nog kan nooi.

Bêre die lysie vir eers en gaan weer daaroor op ‘n latere stadium.

Vermy ʼn miskien lys:


As julle besluit het op jul trou gaste lys, moet nie ʼn miskien lysie hê nie.  Dit is net daar om julle deurmekaar te maak.  Indien baie van julle trou gaste dit nie kan maak nie, kan jul altyd weer na julle A,B, en C opsies gaan op jul lys.  Ons sê nie dat jul glad nie ʼn tweede opsie moet hê nie, maar moet nie te veel vaskyk in “miskien” nie.

Vermy om te veel mense te nooi wat jul nie ken nie:


By elke troue is daar familielede wat mens voel julle moet nooi omdat mens half gedwing voel om almal te nooi.  Dít is nie die antwoord nie.  Probeer mense nooi wat julle goed ken en gereeld mee in kontak is.  Dit sal julle troue baie meer gesellig maak en so ʼn lekker kuier saam met familie en vriende wat julle wel ken en tyd mee wil spandeer.  Om mense te nooi wat julle nie meer so goed ken nie, of nog nooit goed geken het nie kan dinge net onnodig ongemaklik maak.

Vermy die moeilikheid makers:


Hier mag ons dalk ʼn paar mense bietjie opgewerk maak, maar nou ja, dit is ʼn feit.  Vermy om trou gaste te nooi wat bekend is daarvoor om moeilikheid te veroorsaak met ander persone.  Gewoonlik is die paartjies nie so na aan die persone nie, maar voel geforseer om hulle te nooi. Niemand kan julle voorsê om iemand na jul troue te nooi nie.  Indien julle weet ʼn seker persoon wat nie so na aan julle is nie, gaan moontlik ʼn probleem veroorsaak by jul troue, moet hulle nie nooi nie. Dit is julle troue en mens wil tog rustigheid en vrede hê om mens se troudag.

Besluit of jul kinders wil nooi of nie:


Dit is eenvoudig.  Besluit of julle kinders wil nooi na jul troue of nie.  Hierdie besluit mag ook ʼn paar van jul trou gaste ontstel, maar dit bly julle besluit as paartjie.  Indien julle besluit om kinders te nooi moet jul ingedagte neem om moontlik ʼn kinderoppasserdiens te huur.

Artikel Krediet: