Victor & Dominique se luukse strandtroue

By Mooi Troues is ons ook opgewonde om met ons lesers die luukse strandtroue van Victor en Dominique met julle te kan deel.  Die paartjie het slegs 10 gaste onthaal en hieronder sal julle sien hulle het ‘n luukse villa met private sjefs gehad.

Dit is nou geen geheim dat ons in een van die mooiste lande in die wêreld woon nie.  Om die kersie op die koek te sit, is Suid-Afrika se trou-industrie van die hoogste standaarde in die wêreld.  Daarom is dit vir ons by Mooi Troues glad nie ‘n verassing dat paartjies van die buiteland kom om in Suid-Afrika te trou nie.

Rol af en word weggeneem deur die luukse strandtroue.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


18 Oktober 2018 was ons siviele troue.  Paar maande later, 18 Maart 2019 het ons by Grootbos getrou met familie en vriende se teenwoordigheid.  Ons was albei 28.

luukse strandtroue luukse strandtroue

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar leer ken op Facebook.  Nou dat ons mooi dink daaroor het ons eers die eerste keer kontak met mekaar gemaak na 2 jaar.  Dié hele tyd was ons vriende op Facebook sonder om mekaar te herken.  Ons het baie vinnig besef ons het baie in gemeen.

Die eerste keer toe ons ontmoet was baie spontaan en van daardie oomblik het ons geweet ons is vir mekaar bedoel.  Na 4 jaar saam het Victor vir my gevra om te trou.  Victor het my op 2017 se oujaarsaand middernag na 2018 gevra.  Ek het glad nie die vraag verwag nie en my enigste woorde was: “Is jy ernstig?”.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het ‘n eenstuk gekies, die perfekte rok vir ‘n strandtroue.  Alhoewel dit ‘n kans was om iets anders te dra as die rok wat ek gedra het tydens die siviele troue. 

Vertel ons meer van jul ringe


Ons wou iets uniek hê.  So het ons na ‘n goudsmid gegaan naby Victor se tuisdorp.  Hy het daar jare terug ‘n internskap gedoen terwyl hy studeer het.  Ons het saam gesels met die goudsmid oor ons ringe se ontwerp en niemand anders sal dieselfde ringe as ons hê nie. 

luukse strandtroue luukse strandtroue

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Victor se ma het deur vriende die fotograaf, Jeanré, georganiseer.  Ons het haar nie ontmoet tot en met die troudag nie. Maar uit haar vriendelike en oop geaardheid en dat sy ons geen instruksies gegee het nie, het sy net gesê: “Wees julself, ek sal hier en daar foto’s neem”, is die ys baie vinnig gebreek.  En dat sy tien keer beklemtoon het hoe cool sy ons vind en dat ons goeie modelle is, ons was ‘n bietjie verleë.  Baie dankie vir die komplimente!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Almal het ‘n bietjie paniekerig geraak toe die sonkrag onverwags bietjie laag geraak het en ek nog nie klaar was om my hare droog te blaas nie.

Ons sal glad nie ‘n ding verander nie!  Dit was absoluut ‘n wonderlike dag wat ons altyd sal onthou.

luukse strandtroue luukse strandtroue luukse strandtroue luukse strandtroue luukse strandtroue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid advies: Moenie deur ouers, skoonouers of vriende in ‘n ding ingepraat word nie. Dit is julle troue!  Begin die trou reëlings so vroeg moontlik, dit sal onnodige stres vermy.  Moenie dat ander “Bridezillas” jou gek maak nie … jul troue sal perfek wees.  Selfs sonder ‘n lekkergoed tafel, lig vertoning of enigiets anders.

Die belangrikste is ‘n besonderse ligging, heerlike kos, ‘n goeie platejoggie en natuurlik julle as (hopelik) ontspanne bruidspaar.  Geniet die dag!  Dit gaan so vinnig verby!

Bruidegom advies: Bly kalm en ondersteun jou bruid.  Gelukkige vrou, gelukkige lewe! 

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Victor het reeds van die venue, Op de Plett, geweet en wou nog altyd daar trou.  Gabi en Tertius van Grootbos het die wens gehelp waar word.

Inspirasie fir die dekor het ek van Instagram en Pinterest gekry.  Ons het amper dieselfde blomme en styl gehad op ons siviele troue in Oktober.  Moet nooit ‘n doeltreffende stelsel verander nie 😉 

Grootbos Grootbos Grootbos

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Gelukkig het ons ouers vir die troue betaal.  Ons het ‘n baie intieme troue met 10 gaste gehad. 

Grootbos

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het die wittebrood by Whalesong Lodge in De Kelders gehou.  Vir Dominique was die die heel eerste keer in Suid-Afrika, maar definitief nie die laaste nie.  Ons het ‘n fantastiese tyd gehad.

Het ‘n paar uitstappies na wonderlike plekke gemaak, die land en mense leer ken, op lekker warm aande saam met goeie wyn gesit, met fantastiese uitsigte, te veel geëet (maar dit was die moeite werd!)  Die laaste dae was ons in Kaapstad, waar dit net so onvergeetlik was soos die res van die reis! 

Grootbos Grootbos Grootbos

Diensverskaffers