Jaco & René se natuur verlowing

Jaco & René se fotosessie was beplan om foto’s te hê vir hul trou uitnodigings, asook om die oomblik van verloof wees vas te vang.   Om verloof te wees is so ‘n spesiale en baie opgewonde deel van ‘n mens se romantiese lewe saam.  Soos die paartjie verduidelik – Mens raak net eenkeer verloof en jy moet dit vier.

René vertel dat sy Jaco ontwerpe van ringe gestuur het.  Hom mooi geleer oor ring spesifikasies, diamante en die waarde daarvan.  Dit klink vir ons na ‘n meesterplan.  Onthou om jou verloofde touwys te maak oor ringe!  By Mooi Troues is ons mal oor juweliersware.  Om jou perfekte verloofring en trouring te kies, hoef nie ‘n moeilike storie te wees nie.  Lees meer op Mooi Troues oor die ontwerp van jou droomring.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Jaco en René het ‘n ontspanne en pragtige mooi verlowing fotosessie gehad omring deur pragtige natuur tonele.  Die kontras van die stad se buitelyne in die verte pas so mooi in by die paartjie se fotosessie.  Hulle visie vir hul troue is om die dag te geniet met hul gaste.  Dit gaan omtrent ‘n feesviering wees en ons sien uit daarna om die foto’s te sien.  Vir nou kan jy die pragtige paartjie se verlowing fotosessie geniet.

engagement photos engagement photos engagement photosengagement photos

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Jaco het by die werk ontmoet.  Ek het een middag vir ‘n onderhoud gekom by sy werksplek en het heel gespanne kiertsregop op die punt van die bank gesit.  Gesit en wag vir die persoon waarmee ek ‘n onderhoud gehad het.  Jaco het by my kom sit en my rustig gemaak en vertel dat dit ‘n wonderlike plek was om voor te werk.

Ek is toe later in die kamer in wat omtrek is met glas en Jaco het die hele kantoor se mans gaan roep om die mooie dame te aanskou!  Hulle het almal vir my gestaar vanuit die kombuis.  Ons het toe saam begin werk, waar hy my mentor was en na drie maande ‘n verhouding begin.  Dit was een van die opwindendste tye en so lekker storie om te vertel.  Ons was ‘n jaar en 10 maande saam toe hy besluit om my te vra om verloof te raak.   Albei het geweet dat dit is dit!  Ek en Jaco is vir mekaar bedoel.

engagement photos engagement photos engagement photos engagement photos engagement photos

Verlowing Storie:


Jaco het een Donderdag die middag besluit dat dit nou tyd is vir die groot vraag.  Ek was besig om voor te berei vir ons eerste oorsese vakansie na New Zealand, waarna ons die volgende dag vertrek het.   Dit was vir my ‘n verrassing, want wie raak nou verloof terwyl jy moet tas pak en op ‘n vlug in boek?  Hy het my na ‘n deftige eetplek geneem waarheen ek nog altyd wou gaan – Marble, Rosebank.  Daar het ek ‘n bos blomme ontvang en ons het sjampanje gedrink.

Die son het langs ons begin sak oor Northcliff toe Jaco ‘n baie opregte toespraak gelewer het en daarna op sy knieg gegaan het en my gevra om te trou.  Dit was romanties en spesiaal.  Ek moes direk na dit ongelukkig gou ry om my paspoort te gaan haal by die huis, want ek moes in boek vir die vlug wat ons die volgende dag geneem het.

Die mense in die restaurant het gedink dat ek nee gesê het en het vir Jaco getroos.  Ek het toe weer terug gekom, mense het hande geklap en ons het ‘n heerlike ete saam geniet.  Daarna het ons by Clicko Boutique hotel oornag waar daar rose op die bed was en sjampanje op die tafel.  Wat ‘n lekker verrassing van ‘n aand!

engagement photos engagement photos engagement photos engagement photos

Hoekom julle mekaar liefhet:


Ons het mekaar lief omdat ons mekaar baie goed aanvul.  Ek is die “energizer bunny” en hy is “‘n Kapenaar”, die mees rustigste mens ooit.  Hy hou daarvan dat ek gedrewe is, baie netjies, omgee oor ander en liefdevol is.  Ek hou daarvan dat hy my belange eerste stel en altyd konflik tussen mense wil op los.  Ek hou daarvan dat hy naby God lewe en ons verhouding belangrik ag.

engagement photos engagement photos engagement photos

Verloofring:


Ek het vir Jaco prentjies gestuur en hom geleer van diamante se waarde en spesifikasies.  Hy het toe vir my ‘n droom ring laat maak by Viljoen Juweliers Worcester.  Dit is alles en meer wat ek wou hê en ek kan nie op hou staar na my ring nie!

engagement photos engagement photosengagement photos

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die styl van ons foto’s is bepaal deur ‘n romantiese instelling/agtergrond en moes die natuur betrokke hê, want ek is mal oor die natuur.  Ons het ook kleure gedra wat by die troue se kleurskema pas en wat die gaste ‘n wenk sal gee van wat op pad is op ons groot dag.

engagement photos engagement photos engagement photos engagement photos

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir diensverskaffers