‘n Wegbreek na Leeu Estates

Ons het die perfekte wittebrood plek vir jou in die hartjie van Franschhoek. Op pad na die hotel waar jy inklok ry jy deur die mooiste boomryke area.  Daar word jy dan verwelkom deur groot wit mure, met twee groot Leeus wat ook die embleem van Leeu Estates is.  Die vriendelike sekuriteit groet ons en verduidelik ons na die ontvangs area.  By die hotel ry jy in by nog ‘n stel groot Swart Hekke en ‘n pragtige tuin.

‘n Portier neem jou motor sleutel, parkeer jou motor.  Al wat jy hoef te doen is om te klok by die ontvangs.  Die ontvangs dame het ons onmiddellik geneem na een van hulle sitkamers en het ons ‘n welkom drankie aangebied.  Daar het die ontvangs dame ons elektronies laat in klok met ‘n tablet.  Dit is ‘n fantastiese manier en ons wens meer hotelle wil dit doen.  Die manier help om die natuur te spaar deur onnodige papier te gebruik.

Ons was deur die hoofgebou geneem en alle fasiliteite en aktiwiteite is aan ons verduidelik.  Al ons vrae was ook vriendelik en professioneel beantwoord.  Daarna het sy ons na ons kamer geneem waar die portier klaar ons bagasie veilig ons ons kamer geplaas het.

Leeu Estates is die perfekte plek vir enige paartjie wat opsoek is na ‘n luukse verblyf opsie in Franschhoek in die Wes-Kaap.  Franschhoek is een van ons gunsteling dorpe en is definitief ‘n dorp wat baie kultuur en aktiwiteite het vir besoekers.  Daar is baie galerye, van ons land se beste restaurante en definitief ‘n groot verskeidenheid koffie winkels en wynplase waarvan jy kan kies.

Persoonlike aandag:


Vanaf die oomblik wat jy arriveer by Leeu Estates word jy vriendelik verwelkom deur personeel wat uiters professioneel en baie vriendelik is.  Ons het nie een persoon gesien wat nie glimlag en gelukkig is om ons te sien nie.  Dit is altyd lekker om by ‘n plek te bly waar jy welkom voel en waar die personeel behulpsaam is.

Die hotelkamer:


Ons het in een van hulle Deluxe Suites gebly in die hoofgebou by Leeu Estates.  Met uitsigte oor die versorgde tuine, landerye en die dramatiese berge wat Franschhoek omring.  Die kamer het ‘n Koning-grootte bed gehad en ‘n skryf tafel.  Daar is ook twee enkel rusbanke in die kamer waar jy kan ontspan en ‘n boek lees.  Die klerekas spasie is fantasties!  Daar is oorgenoeg spasie om al jou klere mooi weg te pak, sonder om vir goed te soek.

Die kamer het ook ‘n koffie stasie met ‘n Nespresso masjien en dan is daar ook tee en suiker wat gratis beskikbaar is.  Daar is ook ‘n yskas met lekkergoed wat jy kan koop as jy nie al die pad dorp toe wil ry nie of ‘n lus kry vir iets lekker.

Ons badkamer was mooi met duursame af eindiging.  Daar is ‘n Victoriaanse bad, twee wasbakke, ‘n groot luukse stort en ‘n aparte toilet.  Ons is mal oor ‘n groot badkamer wat spasie het en dit is definitief ‘n wen as jy by Leeu Estates bly.  Laaste maar nie die minste nie, van uit die badkamer is daar net sulke mooi uitsigte van die landgoed.

‘n Wynproe by Mullineux & Leeu Family Wines:


Die portier het ons die middag geneem vir ‘n wynproe by Mullineux en Leeu familie wyne aan die anderkant van die plaas.  Die rit na die wynproe lokaal is prentjie mooi deur Leeu se versorgde tuine en groot standbeelde as kunsstukke van die tuin.

By die Wyn Studio word jy verwelkom deur die vriendelike Mullineux & Leeu Family Wines  span. Die proe lokaal is selfs luuks en het duursame afwerkings wat ‘n warm en verwelkomende gevoel gee.  Weereens kry jy persoonlike aandag van die span wat alles van begin tot einde verduidelik.  Ons het hul Signature Tasting gehad wat vyf verskillende wyne insluit.

Die wyne wat ons geproe het was die Kloof Street Chenin Blanc 2019, MullineuxOld Vines White 2018, Kloof Street Swartland Rouge 2017, Mullineux Syrah 2016 en ons gunsteling was die Mullineux Straw Wine 2017.

Ander fasiliteite:


Daar is ‘n wêreld klas gimnasium beskikbaar wat gaste gratis kan gebruik gedurende hulle verblyf.  Buite die gimnasium is ook ‘n Joga tuin, waar jy jou Joga-oefeninge kan doen in die buitelig omring deur die kalmte van Leeu Estate se tuine en natuurlewe van Franschhoek.

Die spa is fantasties en bied baie verskillende behandeling opsies.  Klik hier om meer te lees oor Leeu Estates se spa.

Buite die spa is daar ‘n lieflike oorstromende swembad wat uitkyk oor die landerye.  Die perfekte plek om jou Somersdae te geniet gedurende jou verblyf by Leeu Estates.  Daar is ook kelners beskikbaar om jou drankie bestellings te neem en jy kan jou gunsteling drankie langs die swembad geniet.

Aandete by Protégé Restaurant:


Leeu Estate het ‘n fynproewer restaurant op hul perseel, maar ons het verkies om by een van hul restaurante van die groep in die dorp te gaan eet.  Die drywer het ons afgelaai by Protégé Restaurant waar ons aandete geniet het.  Klik hier om meer te lees oor ons heerlike aandete by Protégé Restaurant.

Ontbyt:


Dit was heerlik gewees om ‘n heerlike ontbyt te geniet met ‘n uitsig van die Franschhoek berge.  Ontbyt word bedien in Leeu Estates se eetkamer en glas-stoep buitekant die eetkamer.  Met uitsigte van Leeu Estates se prentjie mooi perfekte tuine en die pragtige berge van die Franschhoek vallei wat jou omring.  Vir ons is ontbyt ‘n belangrike deel van ‘n hotel se verblyf pakket. Dit is een van die dinge wat ons na kyk wanneer ons in hotelle bly.

Leeu Estates offer ‘n groot verskeidenheid opsies by hulle ontbyt tafel.  Daar is alles van koue vleise, Tuna, ‘n verskeidenheid brode, Smoothies, Vars vrugte, Ingelegde vrugte, Verskillende gebak, Croissants, Jogurt en dan ook die warm ontbyt waarvan jy kan kies.

Oh ja!  Hulle koffie by ontbyt is fantasties.  Daar is darem niks lekkerder as ‘n goeie gehalte sterk koffie in die oggend nie.

Die kalmte van hulle ontbyt lokaal met die mooi uitsig bepaal hoe die res van jou dag by Leeu Estates sal wees, definitief iets wat ons weer sal kom beleef.  As warm ontbyt het ons ‘n baie smaaklike Eggs Benedict ontbyt geniet.

Tuin Toer:


Dit was seker een van ons gunsteling aktiwiteite – Leeu Estates se tuin toer wat ons die oggend gedoen het.  Jy loop deur die perfekte tuine en standbeelde en alles het ‘n storie agter dit.  Daar word haarfyn beplan hoe die tuin uitgelê word en die eienaar, Mnr. Sing is betrokke by die uitleg en ook wat waar geplant word.

As jy mal is oor kuns en die natuurlewe dan sal jy gaande wees oor Leeu Estates se tuine.  Dit is definitief ‘n meesterstuk op sy eie.  Alles word haarfyn in detail mooi gehou en alles is in reguit lyne.

Vind meer só uit?


Vir meer inligting oor Leeu Estates se aanbiedinge, klik hier om hulle webtuiste te besoek of kontak hulle by +27 (0) 21 492 2222.  Volg hulle op Facebook, Twitter en Instagram om jouself te onthou om jou wegbreek by Leeu Estates te boek.