Marno en Ariana se verlowing fotosessie is ’n pragtige viering van hul plaas leefstyl. Dit speel af in ’n veld wat vir hulle betekenisvol en natuurlik is. Met perde wat in die agtergrond rondhardloop, weerspieël die sessie Ariana se passie vir perdry. Dit wys ook hul gedeelde liefde vir die buitelewe.
Die paartjie beskryf hulself as ware plaasmense, wat duidelik na vore kom in hul keuse van kleredrag en ligging. Die sessie het plaasgevind op die groen velde waar Ariana gereeld perdry, wat ’n rustieke en sielsvolle agtergrond geskep het. Hul styl is eerlik en gemaklik, met Ariana in ’n blou-en-wit blomme rok en Marno in ’n netjiese wit hemp en kakiebroek. As ’n herkenbare plaas element is die vellies aan hul voete ’n kenmerkende deel van hul unieke voorkoms.
Die pad na die perfekte verloofring was ’n speelse, maar deeglike proses. Sedert hul eerste jaar saam het Ariana en Marno gereeld by juwelierswinkels se vensters gaan staan, waar sy hom subtiel “opgelei” het oor haar smaak. Hierdie langtermynbeplanning het verseker dat die finale ring ’n totale verrassing was wat steeds presies aan haar verwagtinge voldoen het.
Aangesien daar nie ’n fotograaf teenwoordig was tydens die presiese oomblik van die verlowing nie, was hierdie fotosessie vir Ariana uiters belangrik. Sy wou graag pragtige, professionele foto’s hê om in hul toekomstige huis op te hang as ’n blywende herinnering aan hierdie spesiale tydperk in hul lewens.
Besoek die Mooi Troues aanlyn trougids vir meer inspirasie en om betroubare diensverskaffers vir jou eie droomdag te vind.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet by die plek waar ek perdry. Marno se niggies het by dieselle plek gery en hy het eendag besluit om saam te kom. Ek het hom van ver af gesien maar omdat hy so lank en groot gebou is het ek gedink hy is baie ouer. (Ek was toe 18 en ‘n 26 jarige ou date was nie op my lys nie). So ek het hom geïgnoreer.
Ek het met ander mense begin praat en op daardie stadium was ek net klaar met rekord eksamen. Iemand het my gevra hoe dit gegaan het en Marno moes seker 2 en 2 bymekaar sit dat ek nie so jonk is nie en het probeer met my praat. Hy het genoem dat hy laasjaar syne geskryf het en toe besef ek hys 19 en nie 26 nie.
Ons het baie lekker begin gesels en het vir so twee weke gechat toe hy as ‘n vriend by my kom kuier het. En die res was geskiedenis. Ons is al amper 3 en 1/2 jaar saam en ons was 3 jaar op die kop saam toe ons verloof geword het.

Die groot vraag:
Die verlowing was totaal ‘n verassing vir my. Ons het al baie daaroor gepraat maar “in die ver toekoms”. So die tydlyn van die was ‘n GROOT verassing.
My pa is in 2023 oorlede en hy het ‘n wildsplaas gehad wat ons geërf het. Dit is ‘n ongelooflike spesiale plek vir my ,want dis waar ek meeste van my beste memories saam met my pa het, dit voel asof dit is waar hy “aanlewe”.
Marno het my daar op ‘n klip gevra wat oor ons hele plaas uitkyk (dis een van die laaste plekke waar ek ‘n foto saam my pa het). Ons sou net vir ‘n vinnige middag rit gaan en gaan piekniek hou vir ons 3 jaar anniversary so ek het die sjampanje en alles gesien haha, maar niks snaaks gedink nie. 😂 Ek het eers later uitgevind dat hy alles so beplan het.

Hoekom ons mekaar liefhet:
Vir my is dit Marno se sagtheid en gentleness, sy ability om my so kalm te hou al voel ek asof ek wil skree, hoe veilig ek voel by hom en sy omgee hart. Hy het eintlik so klein hart en sal enige iets vir die mense vir wie hy lief is doen.
Van Marno : “Die manier hoe jy almal en alles bo jouself sit maak nie saak hoe seer hulle jou maak nie, en nie selfsugtig te wees en aan jou eie gevoelens te dink nie. Dit maak dat jy die sterkste hart eintlik het en die grootste en sagste een ook. Jou dryfkrag en passie vir die lewe. Jou liefde vir diere en manier hoe jy dieper konneksie maak met diere. Dis ongelooflik mooi. Jou liefde vir die Here en om my nader aan die Here te lei en te ondersteun.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons is nie haastig nie, ons besluit nog op datums. Ek self is baie kieskeurig, maar steeds ‘n simple persoon. So ons vat dinge soos hy kom en ons sal weet as ons die regte datum kry.

Die verloofring:
Ons het van ons so jaar saam was altyd vir fun by ring winkels se vensters gaan staan en moes Marno kies wat hy dink ek sou vat. So ek het hom getrain van LAAAANK af al sodat alles vir my ‘n surprise moet wees en hy nie dit moet ruin om te hoor van watter ring ek hou nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Persoonlik wou ek graag iets hê wat ek in my huis kan hang eendag as herinneringe, aangesien ons nie ‘n fotograaf gehad het op die spot nie. Ek loveee mooi fotos.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons het die fotos geneem by die plek waar ek perdry, daar is ‘n veld wat ongelooflik mooi groen is en ek’t besluit om dit daar te doen. Ons albei is maar plaas mense so dit pas baie goed by ons styl. (Julle sal die vellies in die fotos sien)

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons albei is baie “chilled mense” en ons vat dinge rerig soos dit kom. Ek gaan jok as ek se ons het verwagtinge en vrese wat ons op papier kan neer dot. Ek dink ons is definitief baie exited vir die seisoen van troue beplan en saamgroei.

Visie vir droomtroue:
Ek gaan dood eerlik wees, ek het nog GEEN idee nie. Nog nooit was daar ‘n meisie soos ek wat sulke goed VEEERR vooruit beplan het in terme van “my droom troue” of droom “matriekafskeid nie”. Ek het ‘n idee van wat ek wil doen, maar dis nog net rowwe idees. Ons albei is baie “happy go lucky mense”. Ek dink as ek die venue kry sal dinge begin bymekaar kom vir my. Ons albei wil graag ‘n bos troue doen. Dit sal ‘n kleinerige troue wees, seker so 80 mense.

- Fotograaf: Fern Green Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Hoof Beats Equestrian Centre | Kontak
