Tauriq & Zaakiya se verlowingsfoto’s

Ons deel vandag Tauriq en Zaakiya se verlowingsfoto’s met julle. Die twee het besluit om die foto’s by die see te laat neem, wat ʼn uitstekende idee is.  Die see in die agtergrond skep nie net ʼn baie mooi prentjie nie, maar gee ook ʼn baie rustige gevoel.  Dit is baie belangrik om net jouself te wees tydens jou verlowings-fotosessie en jou persoonlikheid na vore te bring.

Zaakiya het twee uitrustings aangehad vir die geleentheid.  Albei uitrustings was lekker gemaklik, maar lyk steeds deftig.

Davene Prinsloo PhotographyDavene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography

Hoe het julle ontmoet?


Ons het ontmoet by ‘n vriend se verjaarsdagpartytjie, ‘n vriend wat beide van ons ‘n paar maande laas gesien het. Vir albei van ons was dit liefde met die eerste oogopslag. Ons is altwee natuurlike skaam mense en het toe net een sin te sê vir mekaar, “Moet jy nou regtig gaan?” en my antwoord was “Ek weet nie”. Na daardie aand het ons nie gedink dat ons mekaar weer gaan sien nie en dat ons geleentheid om mekaar beter te leer ken verby is. ‘n Paar weke later het ons mekaar weer gesien en het begin praat en nommers geruil. Tauriq het uiteindelik moed bymekaar geskraap en my gevra om saam met hom na die IPL krieket wedstryd te gaan kyk by St. George’s Park, Port Elizabeth op 10 Mei 2009. Alhoewel ek nie ‘n sportmens was nie, het ek ja gesê. Ek is nou ‘n sportmens. Ek het my pa van hom vertel net twee weke na die tyd.

Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography

Hoe het julle verloof geraak?


Tauriq het my pa geskakel in Johannesburg om uit te vind wanneer hy weer Port Elizabeth toe kom omdat hy iets met hom wil bespreek.  Na my pa gearriveer het en Tauriq met hom gepraat en sy seën ontvang het, het Tauriq my gevra om met hom te trou.  Hy het vir my ‘n Fossil horlosie gegee met die woorde “Marry Me 15-06-2013” gegraveer agterop.  Ek het natuurlik ja gesê en hy het vir my ‘n pragtige ring gegee waaroor ek natuurlik mal is.

Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography TDavene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography TDavene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Prinsloo Photography Davene Davene Prinsloo Photography

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: