Eugene & Jurizma se selfdoen plaastroue in die Karoo

Eugene en Jurizma se selfdoen plaastroue was omtrent ʼn lekker gesellige kuier saam met familie en vriende.  Jy kon sien dit was sommer ʼn baie jolige troue gewees en almal het dit sommer baie geniet.

Van lusern bale as sitplekke by die seremonie tot doringboom takke en soutbos blare wat deel gevorm het van die dekor.  Ons hou van die paartjie se fotosessie met die pragtige karoo landskappe as agtergrond.  ʼn Son sak in die Karoo sal altyd prentjie mooi wees.  ʼn Skilder stuk op sy eie.

Hulle het heerlike kos gehad en van die foto’s wat ons kon sien was dit ʼn feesmaal.  Alles waaraan jy kan dink wat lekker is.  ʼn Groot verskeidenheid kase, lekker droëwors, olywe en vars gebakte brode.  Dit is nie al nie!  Daardie koek tafel het ons aandag getrek.  ʼn Goeie verskeidenheid koeke het gewag vir die gaste om dit te geniet.  Spyseniering speel so ʼn groot rol by ʼn troue.  As jou gaste lekker eet, is alles sommer goed.

Geniet Eugene en Jurizma se lekker Karoo troue in Willowmore hieronder.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar sowat 10jaar lank as vriende geken, die bruidegom het een jaar lank gevat om moed bymekaar te skraap om sy bruid die kuis te vra.  Hy het n hele naweek gereël met heerlike aktiwiteite en uiteindelik aan die einde van die naweek genoeg moed bymekaar geskraap.  Ons het dadelik geweet ons gaan eendag trou, drie maande later het hy my gevra om sy bruid te wees op n berg met n piekniek mandjie wat ek aangedring het om self te pak, onwetend waarvoor.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Die Verlowing Tydperk:


Ons het die 10de Augustus verloof geraak en ons het aanvanklik beplan om eers in Maart 2020 te trou, maar prakties was die afstand net te ver om solank te wag.  Ek en Eugene het toe besluit om die lang naweek in Desember.  Ons het die 14de Desember 2020 getrou en het alles self beplan met baie hulp van ons albei so ongelooflike families.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Finansiële Aspekte:


Daar was so 80 gaste by die troue gehad, almal familie en naby vriende.

Albei van ons het besluit ons wil so slim as moontlik wees met die begroting.  Ons het besluit op R20 000 omdat ons Venue as trou geskenk gekry en alles self doen, dis natuurlik sonder my trou rok en sy pak.  Ons is ongelooflik geseën met die mense in ons lewe.

Die venue, wyn, champagne, grimering en hare asook ons Dominee en meeste dekor was geskenke of gratis en so veel meer.  Ek moet erken ons is seker oor ons begroting so ek is nie seker of ek advies mag gee nie.  Daar is ʼn hele klomp klein jakkalsies waarvan mens vergeet.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Merkwaardigste Oomblikke:


Jurizma:

Daar was so baie vir my die hele dag was gevul met lag en spesiale trane, as ek een moes kies was dit verseker die oomblik in ons seremonie toe my man my voete was – ek voel ook ek moet die prentjie inkleur.

Die dorp was nie net op beurtkrag nie maar ook beurt water, dus kon ek nie stort of beenhare skeur voor ons troue nie en toe die dominee aankondig dat my man dit sonder my wete beplan het, het ek eers so bietjie gelag vir my vuil voete, maar dit was so spesiale oomblik vir ons .

Eugene:

Toe my bruid uit die bruidskar uit klim en na my toe aangestap kom.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Paartjie se styl:


Ek dink ons styl was natuurlik, eenvoudig en prakties.  Die hele troue was ʼn plaas tipe tema.  Die bruidegom het nie n pak gedra nie, hy het kakie broek, wit hemp en n strikdas gedra.  My rok keuse was heel anders as waarna ek oorspronklik gekyk het, dit het ʼn oop rug gehad en vloeiend na onder.  Die bruidegom se ring is swart titanium (wat hy nou weens werk verruil vir n swart silikon ring), my ring is witgoud met halo diamant bandjie.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Venue & Dekor:


My man boer en ons eerste gedagte was om op die plaas te trou, hoe meer ons bespreek het hoe meer het ons beweeg na die Skou saal op die dorp – Praktiese keuse vir ons gewees.

Ek wou graag die dekor natuurlik en klassiek hou dus was als soutbos blare of doringboom takke wat ons op die plaas gepluk het en baie kerse.  My stiefpa het ook vir ons hout skywe gesny waarop ons die kerse geplaas het asook ons ringe.  Ons kerk stoele was lusern bale.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Die Besluitnemingsproses:


Ek sou se ons het baie keuses saam geneem, maar omdat ek op daardie stadium in die Kaap gebly het en ook vir werk gereis het moes my man maar baie dinge doen.  Ons familie was baie betrokke met keuses en advies asook hulp met die hele troue,

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf is by vere ons gunsteling diensverskaffer – sy het regtig al ons fyn details vasgevang en ons so gemaklik voor die kamera laat voel.  Ons foto’s is asemrowend en enige paartjie gelukkig wees om haar as fotograaf te kan hê om so spesiale dag.  Ek glo haar foto’s praat vir hulself .

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Vermaak:


Ons het verwelkomings Gin Ysies gehad, asook ʼn plaaslike platejoggie.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Spesiale Tradisies:


Ons het eintlik min tradisies op ons troue gehad.  Ons het wel die koek gesny – een van die vyf, en die dansbaan geopen.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Eerste Dans:


Ons het ʼn liedjie melodie gekies om dit pret te maak.  Liedjies waarvan ons hou en pret is, die melodie het begin met “How long will I love you” van Ellie Golding wat vir ons baie beteken het van die begin van ons verhouding af.  Ons het elke keer as ons mekaar gesien het gesê ons moet bietjie oefen, maar het wel aan die einde van die dag dit ge “wing”, elkeen het maar op die oomblik sy eie danspassie gekry.

  • Medley
  • How long will I love you
  • I have a feeling
  • Twist and Shout
  • Footloose
  • Dance Monkey

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek sou graag wou stort en skeer voor die troue – maar ag ons het so lekker gelag daaroor.  Ons gin ysies was perongeluk vir die kinders bedien, maar ons het dit gelukkig vinnig reg gemaak.  My skoonma moes al ons strooimeisie rokkies oor maak gelukkig kan sy naaldwerk doen.

Ons het baie klein lekker lag oomblikke gehad.

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Ek weet elke bruid het maar ʼn prentjie van die spesiale dag, maar my grootse advies sal wees geniet elke oomblik dit gebeur net een keer en is so vinnig verby.  Geniet die beplanning en die dag en as iets fout gaan of nie heeltemal jou visie is nie – “let it be”

Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore Karoo troue in Willowmore

Wittebrood:


Die aand van die troue het ons in gastehuis op die dorp geslaap.  Daar was nou water maar nie krag nie – dus koue storte vir ons, maar ons het verseker gelag toe my rok se ritssluiter nie wou werk nie. My man moes my amper uit die rok sny, en dis hoe ons huwelik begin het.

Ons het nie dadelik wittebrood gegaan nie – Ek moes nog werk en toe hou ons Kersfees saam met ons nuwe families.  Ons het daarna vir ʼn Oranjerivier rooi avontuur gegaan saam met ons vriende wat ons reeds ʼn jaar terug bespreek het en dit was heerlik maar dus het ons steeds nog nie op ʼn regte wittebrood gegaan nie.

Klik hier vir diensverskaffers