Natasha & Jaco se prag troue

‘n Troue met ‘n verskil.  Jaco en Natasha se troue was soos ‘n hoofstuk uit ‘n sprokies verhaal.  Natasha het, in plaas van in die paadjie afstap kansel toe, saam met haar pa in ‘n bootjie geroei na die seremonie. Dít is nie iets wat jy gereeld sien nie. Julle kan die vreugde op die paartjie se gesigte sien.

Natasha en Jaco het kaalvoet getrou wat óók ‘n eerste was vir ons om te sien, maar het perfek by hul tema ingepas.  Alle strooi meisies, asook strooijonkers het baie deftig, tog gemaklik gelyk. ‘n Tema van sagte kleure was deurlopend sigbaar en hulle het van lekkertjies met verskillende kleure gebruik gemaak as dekorasie.

Natasha & Jaco Hurter_0001 Natasha & Jaco Hurter_0002 Natasha & Jaco Hurter_0003 Natasha & Jaco Hurter_0004 Natasha & Jaco Hurter_0005 Natasha & Jaco Hurter_0006 Natasha & Jaco Hurter_0007 Natasha & Jaco Hurter_0008 Natasha & Jaco Hurter_0009 Natasha & Jaco Hurter_0010 Natasha & Jaco Hurter_0011 Natasha & Jaco Hurter_0012 Natasha & Jaco Hurter_0013


Wat het die troudag só spesiaal gemaak vir jou?

Vir my, Jaco, was dit om die mooiste bruid te hê en was dit so wonderlik om te weet die dag waarvoor ek gewag het is hier, dit het so onwerklik vir my gevoel.

Vir my, Natasha, was dit só spesiaal toe my pa my soos ‘n klein dogtertjie in die boot in help en ons twee vir oulaas in mekaar se geselskap kon wees, tot hy my vir Jaco gee. Elke oomblik op daai roeibootjie moes ek keer om nie al my grimering af te huil nie, en dan staar ek na my pa, wie se oë helder blou blink van die trane. Elke oomblik wat ek moes wag om Jaco se vrou te raak, het te lank gevoel en met elke roei wat my pa gee, het dit weer te naby gevoel.

Dit was so besonders om  al die familie en vriende daar te hê, ook almal wat saam help tent opslaan het, om die vuur gekuier het, geswem lag en gelag het.


Natasha & Jaco Hurter_0014Natasha & Jaco Hurter_0015Natasha & Jaco Hurter_0016Natasha & Jaco Hurter_0017Natasha & Jaco Hurter_0018Natasha & Jaco Hurter_0019Natasha & Jaco Hurter_0020Natasha & Jaco Hurter_0021Natasha & Jaco Hurter_0022Natasha & Jaco Hurter_0023Natasha & Jaco Hurter_0024Natasha & Jaco Hurter_0025Natasha & Jaco Hurter_0026Natasha & Jaco Hurter_0027Natasha & Jaco Hurter_0028Natasha & Jaco Hurter_0029Natasha & Jaco Hurter_0030Natasha & Jaco Hurter_0031Natasha & Jaco Hurter_0032Natasha & Jaco Hurter_0033Natasha & Jaco Hurter_0034


Enige advies wat jy vir paartjies, wat  gaan trou, kan gee?

Dit is ‘n groot dag vir altwee van julle, en dit is ‘n baie spesiale, mooi dag, maar waarvan ‘n mens vergeet is, dat in hierdie ‘feeverhaal’ moet daar ‘n draai punt, of ‘n sleg punt ook wees. Soos in enige goeie fliek gebeur daar altyd iets sleg en dis tog wat die fliek wonderlik maak, of interessant. Wat ons hiermee bedoel is, julle gaan vas sit met mekaar of jul ouers of julle verskaffers, wat jou gaan laat voel die troue is nie wat jy verwag het nie, maar dis normaal en dit maak julle storie opwindend. Haal asem en geniet dit.


Natasha & Jaco Hurter_0035Natasha & Jaco Hurter_0036Natasha & Jaco Hurter_0037Natasha & Jaco Hurter_0038Natasha & Jaco Hurter_0039Natasha & Jaco Hurter_0040Natasha & Jaco Hurter_0041Natasha & Jaco Hurter_0042Natasha & Jaco Hurter_0043Natasha & Jaco Hurter_0044Natasha & Jaco Hurter_0045Natasha & Jaco Hurter_0046Natasha & Jaco Hurter_0047

Diensverskaffers: