Johan & Anke se Pragtige Troue in Magaliesburg

Met baie opgewondenheid deel ons Johan en Anke se pragtige troue in Magaliesburg met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie het by die pragtige droom trou bestemming Steynshoop getrou.   Dit is nie net omring deur die mooiste natuurskoon en majestueuse berge nie, maar hier sal paartjies ook verwelkom word met plattelandse gasvryheid.   Geleë in Hekpoort, Magaliesburg, op die grens van Gauteng en Noordwes, net so oor die 70 kilometers se ry vanaf Pretoria.  Dit is die prentjie perfekte ligging vir paartjies wat opsoek is na ʼn lekker gesellige en luukse naweek bosveld troue. Maak sommer ʼn hele naweek daarvan en kuier die hele naweek saam met julle familie en vriende by Steynshoop.  Hulle het fantastiese verblyf opsies beskikbaar op die plaas, perfek vir ʼn wegbreek weg vanuit die stad se gejaag.

Die seremonie was in Steynshoop se dubbel volume grasdak kapel gewees wat só mooi is en gevul was met die sagste natuurlike lig wat deur die ruite skyn.

Die rou hout tafels en die oop dak balke van die grasdak onthaal lokaal skep so ʼn mooi kontras teen die onthaal lokaal se wit mure.  Groenigheid kan gesien word in die middel van die tafels in die plek van blom ontwerpe.  Elke gas by die paartjie se troue het ook die oulikste leer sleutel houers gekry met die gas se naam op.  Dit is nou vir jou ʼn oulike gaste geskenk en ook sommer ʼn baie oulike idee vir ʼn pleknaam kaartjie.

Anke se vloeiende trourok het so mooi aan haar gelyk en het perfek gepas by hulle troue se gevoel.  Johan se gunsteling kleur is grys en so was sy trou pak ook grys gewees.

Rol af om meer te lees oor Johan en Anke se pragtige troue en ook hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet op Hoërskool en ons liefdesreis het afgeskop na ek gesê was ons gaan nooit meer as vriende wees nie.  Toe het ons uiteindelik getrou na agt jaar van uitgaan.

Ons het verloof geraak in Sedgefield op ʼn uitkykpunt bo op die berg.  Ek het nog gestaan en foto’s neem van die uitsig en toe ek omdraai is Johan op sy knieg met die son wat sak in die agtergrond.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir agt maande gewees en het nie ʼn trou beplanner gehad nie, ons het alles self beplan.

Trou Begroting:


Die begroting was min of meer R 75,000 en het begroot vir 60 gaste, maar ongelukkig het net 46 gaste opgedaag as gevolg van die pandemie.  Ons het ongelukkig oor ons begroting gegaan en kon nie binne die begroting gebly het nie.

My advies vir ander trou paartjies sal wees: Om nie die klien goedjies te onderskat nie.  Dit kan lei tot groot onkostes, soos byvoorbeeld die dankie-sê-geskenkies vir jul trou gaste en die trou skryfbehoeftes vir goed soos die welkom bord en spyskaarte.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruidegom het meer die finale besluite geneem. Ons familie het ons bygestaan in sekere van die besluite.

Paartjie se styl:


Ons is twee baie eenvoudige en moderne mense en glo in die terme “minder is meer”.  My trourok wou ek so minimalisties as moontlik gehad het en spierwit net soos in my Pinterest prentjie. Ek het by een plek my trourok aangepas en het net geweet dit is my trourok keuse toe ek dit aangepas het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die enigste nie so perfek oomblik was dat van die gaste Covid gehad het en ongelukkig nie ons troue kon bywoon nie.

Niks anders het verkeerd geloop nie of iets wat ons wou verander het nie.  Ons troue was klein en intiem met al ons vriende en familie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Enigste advies wat ek vir ander bruide wil gee is om hulle te herinner dat nie almal hoef genooi te word na jou troue toe nie.  As jy baie lank terug met hulle gepraat het, of dit is familie wat jy nie regtig naby is nie, is dit nie nodig om hulle te nooi nie.

Troues is baie duur en dit gaan nie oor die hoeveelheid mense wat daar is nie maar liewer oor wie daar is.

Venue & Dekor:


Ons was by ʼn ander troue gewees in Magaliesburg op ʼn Saterdag en het op pad na ons verblyf, toevallig verby Steynshoop se bordjie gery.  Na ons vir maande nie die regte trou venue kon kry nie.  Ons het ʼn afspraak gemaak en die Sondag na die trou venue gaan kyk en onmiddellik besef dit is waar ons wil trou.

Die inspirasie agter die trou dekor was om so eenvoudig as moontlik te gaan.  Ek is nie so lief vir blomme nie, maar baie lief vir groen en plante.  Johan se gunsteling kleur is grys.  Daarom het ons die twee kleure gekombineer om ons trou dekor kleure te kry.  Ek het olyf groen en grys dekor inspirasie prentjies afgelaai en ons het dit gebruik om ons trou dekor te doen vir die troue.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons gunsteling trou diensverskaffers was ons trou fotograaf en die trou venue se eienaars.  Ek sal beide beslis aanbeveel!

Wittebrood:


Ons wittebrood was in Mauritius.  Ek sal dit vir enige paartjie aanbeveel.  Dit was asemrowend gewees.  Ons het besluit op ʼn eiland vakansie, omdat ons graag wil rus en tyd saam spandeer het op die wittebrood.

Eerste Dans:


Ons liedjie was Spontaan van Riaan Benade.  Ek en Johan het nie vir dansklasse gegaan nie, ons het sommer net ʼn roetine in ons sitkamer saam geoefen.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: