Jose & Candace se bestemming strandtroue

Jose en Candace het in Februarie vanjaar die avontuurlustige roete van ‘n bestemming strandtroue gevolg.  Hulle het naaste familie en vriende genooi en hul liefde vir mekaar op die strand in Mauritius verklaar.  Hoe romanties!

Hulle troue was ‘n kombinasie van ‘n klassieke strandtroue gepaard moderne elemente.  Hierdie paartjie se liefdesverhaal word so mooi en duidelik in elk van hul foto’s vertel.  Hul foto’s is prentjiemooi danksy die paartjie se styl wat mekaar so mooi gekomplimenteer het.  Candace met haar wit hare en groen oë is die toonbeeld van ‘n pragtige, moderne bruid.

Rol af vir die mooiste strandtroue inspirasie:

Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Candace en Jose het op 6 Februarie 2019 getrou.  Candace was 24 jaar oud en Jose 27; Presies 10 jaar nadat hulle op hoërskool verlief geraak het.

Jose & Candace's destination beach wedding Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Vonve Bridal Vonve Bridal Vonve Bridal Vonve Bridal Vonve Bridal

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Die eerste rok wat ek gekoop het was ‘n totale ramp!  Ek moes toe ‘n maand voor die troue inderhaas ‘n nuwe rok soek.  Ek het Vonve Bridal besoek en hulle het alles in hul vermoë gedoen om vir my ‘n nuwe droomrok te vind.  Toe ek hierdie rok sien het ek dadelik geweet dis ‘n tipe rok waarin ek myself kan sien trou; Dit het my soos ‘n handskoen gepas.  Die beste deel daarvan is dat dit so gemaklik is om te dra.  Dit is eenvoudig, maar so mooi en uniek.

Vonve Bridal Vonve Bridal Vonve Bridal Jose & Candace se bestemming strandtroue Vonve BridalRentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons was baie jonk toe ons ontmoet het.  Ons het op hoërskool al verlief geraak – ek was 14 en Jose was 17 jaar oud.  Jose het in dieselfde kompleks as ek ingetrek.  Ons was nie in dieselfde skool nie, maar hy het elke dag na skool op sy fiets geklim, na my toe gery en seker gemaak hy is weer weg voordat my ma by die huis kom.

Jose het my gevra om te trou terwyl ons saam met vriende vakansie in Mosambiek gehou het.  Ek was só verras en gevul met vreugde en opgewondenheid.

Rentia Smith PhotographyRentia Smith Photography Jose & Candace se bestemming strandtroue

Vertel ons meer van jul ringe.


Ons ringe is vir ons baie spesiaal.  Jose het besluit om uit respek en ter herdenking aan my oorlede pa, sy trouring te dra.  Hy het ‘forever & always’ in ons albei se ringe laat ingraveer omdat dit ons etiketreël is.  Ek is absoluut mal oor my ring!  Jose het dit by Browns gekoop.

Jose & Candace's destination beach wedding Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace se bestemming strandtroue

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf was Rentia Smith en ons videograaf was haar man, Boetie Smith.  Ons het ‘n troue gesien wat Rentia in Mosambiek gedoen het en ons het geweet dat ons haar by ons spesiale dag wil hê.  Dit was die beste besluit van ons troue!  Hulle het elke oomblik só mooi vasgevang.  Ons kyk gereeld na die foto’s wat Rentia geneem het.  Dit bring sulke mooi herinneringe terug; En elke keer as ons die video kyk, bring dit trane van blydskap!  Ons kon nie gelukkiger wees nie – hulle het regtig die ekstra myl vir ons gegaan.

Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Vonve Bridal Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius Rentia Smith Photography Strandtroue in Mauritius Strandtroue in Mauritius

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Vir Jose was die beste deel toe ek by die paadjie afstap.  Dit was vir hom so pragtige en emosionele oomblik.  Jose sê: “Woorde kan nie beskryf hoe dit voel om jou aanstaande se reaksie te sien as hulle jou vir die eerste keer gewaar nie. Candace het asemrowend gelyk.”  Die beste deel van my dag was om Jose te sien wag aan die einde van die paadjie.  Ek het hom gesien, en nét vir hom.  Om hom so emosioneel te sien het my hart laat smelt.  Dit was ‘n oomblik in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie.

Daar is niks wat ek en my man van ons bestemming strandtroue sal verander nie.  Alles het seepglad verloop.

Jose & Candace's destination beach wedding Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting vir die troue en wittebrood was altesaam R250 000.  Ons het ons naaste familie en vriende na Mauritius genooi en almal het vir hulself betaal.  Aangesien ek ‘n tweede trourok moes koop, het ons gesukkel om by die begroting te hou.  Ons het  ‘n ekstra R50 000 bestee.  Daar was beslis onverwagte kostes en ons sal aanbeveel dat paartjies daarvoor moet begroot.

Daar was altesaam 30 gaste by ons troudag.

Rentia Smith Photography Vonve Bridal Vonve Bridal Jose & Candace se bestemming strandtroue Jose & Candace's destination beach wedding Vonve Bridal Vonve Bridal Jose & Candace se bestemming strandtroue Vonve Bridal Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Vonve Bridal

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Vir die mans: Die beste raad wat ek kan gee is om oopkop te wees en baie geduld met jou vrou te hê.  Sy droom al van hierdie dag vanaf sy ‘n klein dogtertjie is.

Vir die dames: My raad is om die proses te geniet want die tyd vlieg só vinnig verby.  Probeer ontspan en geniet elke oomblik van die reis.  Ek sal ook aanraai dat bruide hul bruidegom se insette oorweeg.  Onthou ook dit is jóú dag, so doen wat jy wil doen.

Al wat ons kan sê is dat dit die beste dag van ons lewe was en ‘n dag wat ons nooit sal vergeet nie.

Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace's destination beach wedding Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Vonve Bridal Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace's destination beach wedding Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Toe ons uitvind dat albei my ouers met kanker gediagnoseer is, het ons besluit om op die strand in Mauritius te trou.  Ons wou ‘n privaat en intieme troue hê met die mense wat vir ons die meeste beteken. ‘n Bestemming strandtroue in Mauritius was die perfekte opsie!  Ongelukkig is my ouers 6 maande voor die troue oorlede, maar ons het besluit om steeds voort te gaan met die reëlings.  Beachcomber Cannonier was die venue vir ons troue.  Dit is ‘n pragtige strandoord en hotel en het so mooi by die visie wat ons vir ons groot dag gehad het, ingepas.

Ons inspirasie vir die dekor was baie eenvoudig.  Ons wou by neutrale kleure hou aangesien die strand en natuurskoon alreeds die voorkoms en gevoel gehad het wat ons wou hê.

Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace se bestemming strandtroue Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Een van ons goeie vriende het aangebied om ons trou dans te choreografeer.  Hy het saam met ons geoefen en gesorg dat ons elke beweging ken.  Ons moes ‘n week voor die troue elke dag oefen!  Ek dink ons het hom trots gemaak. Ons het “From The Ground Up” van Dan & Shay gekies vir ons eerste dans.  Dit het soveel relevansie en betekenis in ons verhouding en was dus die perfekte manier om ons liefdesverhaal op ons spesiale dag te vertel.  Ons luister gereeld na die liedjie en word teruggeneem na daardie oomblik.

Rentia Smith Photography Rentia Smith Photography Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace se bestemming strandtroue Jose & Candace se bestemming strandtroue

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Na ons bestemming strandtroue in Mauritius, het ons die voorreg gehad om ons wittebrood in Bali, Indonesië te spandeer.  Ons het elke oomblik daarvan geniet.  Dit is ‘n pragtige land met die vriendelikste mense.  Ons het die lekkerste aktiwiteite gedoen, soos na ‘n vulkaan gaan kyk, ‘n olifantpark besoek asook parasailing!

Om vir paartjie-masserings te gaan en op die strand te ontspan terwyl ons lekker drankies drink was ons gunsteling aktiwiteite.  Ons het ook op toere gegaan om die kultuur en kos van Bali te ervaar.  Die plekke wat ons besoek het, soos hul plaaslike tempels en rys plase, was ongelooflik!  Ons het ook hul plaaslike kos by straat kroeë en restaurante geëet.  Ek en Jose het elke oomblik saam geniet.

Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace's destination beach wedding Jose & Candace se bestemming strandtroue

Diensverskaffers