Swart Trou Inspirasie

Het jy dit al oorweeg om swart as ‘n kleurskema vir jou troudag te gebruik, maar is skepties dat dit nie goed gepas sal wees nie? Mooi Troues wys julle vandag hoe om van swart gebruik te maak, en dié kleur elegant te laat lyk. Gepaard met die regte keuses van blomme en dekor kan dit pragtig lyk.  Dié fotosessie het plaasgevind by die spog onthaalarea, Landtscap in samewerking met Leipzig, wat verantwoordelik was vir die blomme en dekor. Die eerste wenk waarvan julle kennis kan neem is; sou jy met swart werk, is dit altyd ‘n goeie idee om nie alles swart te maak nie. Alhoewel dit onmoontlik klink, is daar verskeie skakerings van swart en kan op só manier ‘aan gelap’ voor kom. Maak gebruik van ander helder kleure om só die swart te beklemtoon.  Helder kleure soos perse, pienk en groene gaan goed gepaard met swart en die gebruik van glas as dekorasie is ook komplimentêr aan swart. Indien die tafel waarvan jy gebruik maak reeds mooi lyk, is dit nie nodig om ‘n tafeldoek oor te gooi nie. Veral nie as die tafel uit hout bestaan nie, omdat dit dan die al die kleure saam trek en ‘n mooi prentjie skep.  Ander dekor items sluit in; aalwyn- of vetplantjies, selfs rooi uie, vye en druiwe. Skryfbehoeftes kan bestaan uit ‘n swart en wit ontwerp, soos die pragtige ontwerpe waarvan ons gebruik gemaak het, van Invitation Gallery. Die aardbol wat ook deel vorm van die dekor is beskikbaar by @Home, sou jy opsoek wees na glase is Entrepo en Poetry winkels wat ons hoogs aanbeveel.


swart decor mooi troues_0002 swart decor mooi troues_0003 swart decor mooi troues_0004 swart decor mooi troues_0005 swart decor mooi troues_0006 swart decor mooi troues_0007 swart decor mooi troues_0008 swart decor mooi troues_0009 swart decor mooi troues_0010 swart decor mooi troues_0011 swart decor mooi troues_0012 swart decor mooi troues_0013 swart decor mooi troues_0014 


Diensverskaffers: