Richard & Alma se stedelike verlowing fotosessie

Gelukkige Vrydag aan al Mooi Troues se lesers!  Vandag deel ons met julle die blommende liefde van Richard en Alma tydens hulle stedelike verlowing fotosessie.

Richard het afgegaan op een knie by ʼn uitkyk-punt naby Kampsbaai.  Dieselfde plek waar hy vir Alma agt jaar gelede uitgevra het.  Kaapstad was ʼn baie geskikte opsie vir die ligging van die verlowing fotosessie, omdat die stad soveel herinnering van hulle behou.  ʼn Stedelike verlowing fotosessie bied ook soveel verskillende spasies om kreatief te wees met die foto’s wat geneem word.  Die paartjie het ʼn verlowing fotosessie gereël om die fotograaf te ontmoet voor hulle troue.  Ook om gemaklik te raak voor die kamera en die pragtige fotos te gebruik vir hulle trou uitnodigings.

Hierdie stedelike verlowing fotosessie in Kaapstad het verskillende speelgronde gebied vir die paartjie en die fotograaf om op ʼn gemaklike wyse, pragtige fotos vas te vang. Van ʼn koffiewinkel na Kaapstad se kleurvolle strate, kunsgalerye en kunstige straat mure.

Rol af om te kyk na Richard en Alma se stedelike verlowing fotosessie foto’s en meer te lees oor hulle liefdes reis.  As jy ander verlowing fotosessie inspirasie soek vir ʼn fotosessie wat jy beplan, besoek ons verlowing fotosessie kategorie.  Besig om jul troudag te beplan?  Gaan vind trou diensverskaffers op Mooi Troues se aanlyn Trougids deur hier te klik.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het albei ʼn vakansie werk by Cool Runnings Toboggan Park oorkant Tygervallei gehad en so ontmoet.  Ons het van die eerste oomblik lekker gesels en ek het definitief gedink Richard was baie aantreklik!  ʼn Paar maande later het hy my uitgevra by ʼn uitkyk-punt naby Kampsbaai terwyl ons die sonsondergang geniet het.

Ons was 8 jaar in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Die verlowing was ʼn groot verrassing.  Richard het my vir ʼn dag uitstappie gevat – ons het ons ‘jaarlikse herdenkings datums’ herleef.  Hy het ʼn speletjie daarvan gemaak deur leidrade vir my te gee, en ek moes toe raai waarheen ons oppad is.  Ons laaste stop vir die dag was die presiese plek waar hy my 8 jaar vroeër uitgevra het.  My nefie en sy vrou het ʼn piekniek kombers en sjampanje uitgelê en in die bosse weg gekruip om fotos te neem.  Richard het ʼn briefie uit sy beursie gehaal wat ek in die eerste jaar van ons verhouding vir hom gegee het en gevra ek moet ʼn gedeelte lees: “Ek wil verewig saam met jou wees”. Daarna het hy op een been afgesak en my gevra om sy vrou te wees.

Oppad huis toe wou ek met alle mag dadelik my familie bel en die goeie nuus vertel maar Richard het gevra dat ek wag tot by dié huis sodat ons saam almal kan ‘video call’.  Toe ons by sy ouers se straat indraai staan al ons naaste familie en vriende in die pad en verwelkom ons met sjampanje, baie lag en op-en-af-springery.  Ons het die res van die dag partytjie gehou en die goeie nuus saam gevier.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Alma:

Dryfkrag, “outgoing”, vol energie, streef na die beste, liefde en omgee

Richard:

Ek bewonder sy positiwiteit, groot hart en lewenslus.  Hy is ʼn regte gentleman en se nooit nee vir ʼn uitdaging nie.  Hy gee altyd 100% en pas my hart bitter mooi op.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons beplan om so jaar verloof te wees.  Aangesien ons so lank al ʼn paartjie is kan ons nie wag om te trou nie!

Die verloofring:


My verloofring is peer vorm en roos-goud in kleur.  Die hoof steen is omring deur klein steentjies.  Die peer vorm het altyd vir my uitgestaan as ons ringe gaan loer het deur die winkel vensters so Richard het geweet dit was my gunsteling.

Richard het self die details van die ring gekies en skelmpies laat maak, so dit was nogsteeds ʼn groot verrassing vir my.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag die fotograaf ontmoet het voor ons troue, asook om gemaklik te raak voor die kamera.  Ons gaan ook die fotos gebruik vir ons trou uitnodigings.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons wou ʼn ‘gemaklike’ fotosessie gehad het – truie, jeans, tekkies en natuurlik koffie.  Die ‘stedelike gevoel’ het uitgestaan vir ons en ons het besluit op die Bo-Kaap met sy kleurvolle argitektuur.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Verwagtinge:

Om die beplanning vir die troue saam te geniet.

Vrese:

Dat Kovid-19 ʼn invloed gaan hê op die finale planne.

Visie vir droomtroue:


Ons droom dag sal wees waar ons ʼn groot saam met ons familie en vriende kan hê terwyl ons ons liefde aan mekaar beloof voor God.  ʼn Dag gevul met liefde, lekker kos en baie lag.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: