Piekniek-tema dekor & tafel trou inspirasie

Trou tafel dekor is een van die mees belangrikste elemente van jou troue.  Dit sal jou gaste aanleiding gee wat presies die tema van jou troue is en die styl wat jy ingedagte gehad het.

Ons vriende by Leipzig Country House & Conference Centre het met ‘n paar van die oulikste diensverskaffers gewerk en die mees oulikste piekniek trou inspirasie bymekaar gesit vir jou om te geniet.  Rooi en vrolike buite troue.  Hasies as inspirasie is deurlopend op skryfbehoeftes asook die tafelloper.  Vrolike informele  “piekniek-styl kos” is voorgesit.

Blomme was eenvoudig gerangskik in baie houertjies met net enkel-steel blomme in.  Vlagies is gehang om by die informele vrolike tema te pas.  Baie selfdoen elemente wat bruid self kan herhaal soos die herwonne rooi kosblikke.  Die gevoel is dat trou-gaste heeldag buite onder Leipzig se mooi Bedouin tent kan kuier en die  mooi weer asook wingerd en berg-uitsigte kan geniet.

leipzig piekniek tema_0054leipzig piekniek tema_0055

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: