Le-Daan & Ronette se pragtige troue

Le-Daan & Ronette het ‘n sprokies mooi troue gehad by die prag plaas, Zevenwacht Wine Estate net buitekant Kuilsrivier. Zevenwacht is een van Kaapstad se baie bekende trou onthaal sale omdat dit so ‘n pragtige plaas is met ‘n dam en mooi uitsig. Sagte pienk, silver en wit is Le-Daan & Ronette se trou kleure gewees en dit het daai sagte, maar warm gevoel geskep. Ronette se advies is om mooi rond te kyk voor jy ‘n besluit maak, sy se daar is goedkoper opsies wat net so mooi kan lyk op jou trou dag. Baie dankie vir die talentvolle Adele Kloppers Fotografie vir die pragtige foto’s.

Ledaan en Ronette Troue (3)

Ledaan en Ronette Troue (4)

Ledaan en Ronette Troue (5)

Ledaan en Ronette Troue (6)

Ledaan en Ronette Troue (7)

Ledaan en Ronette Troue (8)

Ledaan en Ronette Troue (9)

Ledaan en Ronette Troue (10)

Ledaan en Ronette Troue (11)

Ledaan en Ronette Troue (12)

Ledaan en Ronette Troue (13)

Ledaan en Ronette Troue (14)


Hoe het julle verloof geraak?

Op my verjaarsdag het Le-Daan ‘n groot ontbyt gemaak met vonkelwyn en gebakte muffins. Op die tafel was daar ‘n groot geskenk boks. Daar was klomp “tissue paper” in die boks en heelbo was ‘n mooi beursie. Ek was ‘n klein bietjie terleurgesteld, aangesien ek vir hom ‘n GPS gekoop het vir sy verjaarsdag. Hy het toe gesê, hy dink daar is nog ietsie binne die boks. Heel onder, was daar ‘n klein boksie, en my hart het erg begin klop. Toe ek die klein boksie oopmaak, toe vra hy my die groot vraag, en my antwoord was onmiddellik JA!


Ledaan en Ronette Troue (15)

Ledaan en Ronette Troue (16)

Ledaan en Ronette Troue (17)

Ledaan en Ronette Troue (18)

Ledaan en Ronette Troue (19)

Ledaan en Ronette Troue (20)

Ledaan en Ronette Troue (21)


Watse advies kan julle vir paartjies gee wat besig is om hulle troue te beplan?

Die enigste advies wat ons kan gee is dat jy na alle opsies moet kyk. Daar is goedkoop opsies wat ‘n mens kan gebruik wat net so mooi kan lyk op jou groot dag en daar gaan spanning wees tussen julle, maar probeer dit uitwerk en sien watter oplossing jy kan kry wat vir altwee gaan werk / pas.


Ledaan en Ronette Troue (22)

Ledaan en Ronette Troue (23)

Ledaan en Ronette Troue (24)

Ledaan en Ronette Troue (25)

Ledaan en Ronette Troue (26)

Ledaan en Ronette Troue (27)


Wat sou julle verander het as julle kon ?

Ons sou nie regtig iets verander nie, want die dag was alles en nog meer waaroor ons gedroom het. Ons sou dalk net wel op die dag meer wou stil staan en alles net inneem omdat dit te gou verby gegaan het!


Ledaan en Ronette Troue (28)

Ledaan en Ronette Troue (29)

Ledaan en Ronette Troue (30) 

Diensverskaffers