Ons hou baie van elemente wat parties in hul fotosessies inbring, want dit gee meer ‘n gevoel oor hul. Monty en Carla is baie life vir Konyne en dit was die perfekte element vir die pragtige velowing fotosessie.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons was nie op soek na verhoudings nie, maar God het ‘n plan gehad, en ons het ONMIDDELIK op mekaar verlief geraak. Ons het net geweet, dit klink so cliché, maar dit is werklik so, ons WEET ons is bedoel vir mekaar, alles het net in plek geval. Ons verhouding is gebou op respek, liefde en ons Godsdiens. Sedert die dag wat ons ontmoet het, het ons nie opgehou saam glimlag en lag nie. Ons deel ‘n groot liefde vir diere en as ons huis groter was, het ons seker ‘n duisend konyne gehad! Ons sien uit na ons nuwe lewens saam as man en vrou.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak by die pragtige Hartenberg Wynlangoed op Vrydag die 13de Februarie. Nie ‘n ongelukkige dag vir ons nie, 🙂 maar ‘n baie gelukkige een.
Siende diere (en veral konyne) ‘n spesiale element in ons lewens is, wou ons dit in ons foto sessie insluit, en Sam van Sunkissed Studio was die perfekte persoon om die sessie saam met ons te skep. Sy het verstaan dat ons net ons konyne deel van die sessie wou gehad het en dat ons iets sag, ontspanne en pragtig met ons snoesige babas gesoek het.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons het op die 11de April by Café Bonbon, Le Patite Dauphine in Franschhoek getrou. Ons konyne en familie het ons vergesel op ons spesiale dag!
Diensverskaffers:
Fotograaf: Samantha Hanlon – Sunkissedstudio Photography