Oranje trou dekor inspirasie

Baie min bruide gebruik oranje as hul primêre kleur vir hul troudag.  Mooi Troues wys jou vandag hoe om dit te doen in ‘n stylvolle, moderne wyse wat jou gaste se monde sal laat oophang.  Ons het die mooiste gestileerde fotosessie gehad by Nantes Landgoed tussen Paarl en Wellington.

Flamboijant het, soos gewoonlik, gesorg vir perfekte blommerangskikkings vir dié fotosessie. Hulle het óók vase en ‘n houtplank voorsien, wat direk by Flamboijant gehuur kan word. Die skryfbehoeftes is ontwerp deur White Kite Studio en die borde is van Mervyn Gers.

Die belangrikste ding om te onthou is om nie alles oranje te maak nie. Maak ook gebruik van ander kleure , dit sal die helder oranje bietjie breek.  Oranje is ‘n baie sterk kleur en kan baie vinnig lelik lyk as dit nie reg gebruik word nie.

Gee aandag aan wat jy saam met dit wil gebruik, sit die kleure en teksture vóór jou troudag bymekaar om seker te maak dit pas.

Ons hoop julle geniet vandag se inspirasie-idee. Ons eie Günther Schubert het die pragtige foto’s geneem.

Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0002 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0003 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0004 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0005 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0006 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0007 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0008 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0009 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0010 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0011 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0012 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0013 Oranje Inspirasie - Gevind op www.mooitroues.co.za_0014

Diensverskaffers: