Edward & Benita se prettige verlowing

Hierdie verlowings fotosessie het ʼn sweempie van vriendelikheid en geluk wat regdeur gevoer word.  Benita se blomkroon dra by tot die gevoel en is ʼn speelse byvoeging tot die dag wat nie te formeel en ernstig lyk nie.  Die twee het ontmoet op ʼn kerkkamp en het dadelik geweet dat daar iets aan die ander een is wat hul aangetrokke maak tot mekaar.  Die twee se verlowings fotosessie in die natuur is ook perfek aangesien beide baie lief is vir die buitelewe en ook langs ʼn rivier verloof geraak het.

As jy nog opsoek is na ʼn plek om jou fotosessie te hou, onthou om iets eie aan julle as paartjie te doen en elemente wat vir julle spesiaal is in te sluit.  Kyk na die interessante kledingstukke wat die twee onder dra as ʼn speelse elemente.  Weereens ʼn bewys dat geen idees deesdae van die tafel af is nie!

Hoe het julle ontmoet?


As Stellenbosch studente, het ons het vir vier jaar slegs 100m van mekaar af gebly en elke dag dieselfde roete klas toe gestap. Ons paaie het egter eers in 2013 gekruis toe ons altwee op ʼn uitreik Mosambiek toe is saam met die Stellenbosch Gemeente. Benita kon onmiddellik aanvoel dat, agter Ed se blou oë en mooi glimlag, daar ʼn intelligente en fassinerende mens lê. Ed kon weer haar sagte hart en diep liefde vir haar medemens raaksien, en waardeer. Ons was dadelik gemaklik in mekaar se geselskap en het na twee weke besef dat ons vir mekaar bestem is.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Dit was ʼn fyn beplande verassing! Ons deel ‘n passie vir die natuur en buitelewe aktiwiteite, en is baie lief vir stap. Ed het gereël dat ons die Saterdagoggend ʼn roete langs die Hennopsrivier buite Pretoria stap en het heerlike piekniekkos en vonkelwyn in sy rugsak gepak. Hy het in geheim die perfekte ring deur Poggenpoel Diamant Juweliers laat maak, met insette van Benita se ma, sussie en beste vriendin.  Op ʼn rots wat uitkyk op die rivier, het hy op een knie gegaan en vir Benita gevra om hand-aan-hand die res van die lewe saam te stap.

Vertel ons oor die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons deel ook ‘n passie vir fotografie.  Benita is veral lief vir foto stilering.  Dit was wel ʼn eerste om die onderwerp van die fotos te wees!  Ons het ʼn klomp idees op die internet gekry en ons fantastiese fotograaf Tertius het gehelp om die idees in werklikheid te omskep.  Ons voel op ons gemak in die natuur en die natuurskoon van Stellenbosch is vir ons altwee spesiaal. Tertius het die atmosfeer perfek vasgevang. Die koei eenstukke was Edward se idee om ʼn prettige element in te bring en is ʼn goeie testament van sy humor sin!

Vertel ons van jul droom troue?


Ons trou-naweek in die Pafuri konsessie van die Kruger wildtuin was ‘n absolute fees en het ons beste verwagtinge oortref.  Ons trou-seremonie het in ‘n Koorsboomwoud plaasgevind tussen die olifante met die blaf van Sebras in die agtergrond.  Die Here se teenwoordigheid kon gevoel word in die natuurskoon van sy Skepping. Ons onthaal was ‘n romantiese affêre onder die sterre met feetjieliggies en kerse. Die troukoek is deur Benita se ma gebak en Ed se Pa het die troukoek-staander gebou. Ons was waarlik geseënd om ʼn droom troue met vriende en familie te kon deel!

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: