Phillip & Joan se Elandskloof Plaastroue

Ons by Mooi Troues is gek oor die troue van Phillip en Joan wat by die die plaas genaamd Elandskloof getrou het.  Elandskloof spog met baie groen bome, dam, ou klip brug en berge in die agtergrond wat perfek is vir prentjie mooi kiekies.  Die hoendertjies wat vrylik rondloop gee daai warm plaas gevoel.  Die onthaal se dekor het ons na ons asems laat snak en nog ‘n bederf was dat die onthaal buite onder die bome gehou was.  Ons weet sommer die troue was een vir die rekords.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons was by ‘n kerk kamp in 2014.  Philip was ‘n leier op die kamp en ek het saam met my vriendinne gegaan om ‘n lekker naweek te hê.In een van die sessies was ek en Philip toevallig in dieselfde gebeds-groep ingedeel.  Philip vertel altyd vir sy vriende toe hy my stem gehoor het, kon hy nie help om sy oë oop te maak om te sien wie hierdie meisie is nie.  Kort daarna het Philip my op ‘n koffie afspraak gevra, en net daar het ons sommer baie van mekaar begin hou.  Die eienskappe wat ons na mekaar toe aangetrek het is dat ons altwee passievol is oor ons verhouding met die Here, ons altwee is lief vir die buitelewe en ons is altyd reg vir ‘n nuwe avontuur.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Ons is altwee plat op die aarde, plattelandse mense wat buite onder die bome wou trou.  Dit was ons droom dat die tema/venue ons persoonlikhede moet uitbeeld.  Ons het toe op die plaas, Elandskloof, net buite Greyton afgekom, en ons kon dadelik al die boksies af gemerk.

Elandskloof,  is ongelooflik mooi, met berge reg rondom die plaas en ‘n groot bos in die middel.  Dit is presies wat ons wou hê.  Met die natuur wat klaar so mooi is, het ons besluit om so min as moontlik ekstra kleur en dekor in te bring om die natuur element te behou. “Minder is meer.”



Was julle met wittebrood?

Philip het my voete onder my uit geslaan deur in die geheim ‘n Zanzibar trippie vir ons te reël.  Dit het al my verwagtinge oortref en was sprokies mooi.  Dit was ‘n groot avontuur van die begin tot aan die einde.  Ons het gaan snorkel, die klein dorpies verken op poegies, lekker geswem in die glas helder water en net lekker sorgvry ontspan.  Mens het dit nodig na maande se reëlings tref en troue beplan.


greyton wedding venue greyton wedding venue


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

  1. Tydens die beplanning is daar klomp dinge wat gelyktydig deur jou kop gaan.  My raad sal dus wees om altyd ‘n boekie en pen byderhand te hê, soos hulle sê ‘n kort potlood is beter as ‘n goeie geheue.
  2. Betrek familie en vriende om jou te help, dit verlig die spanning en hulle hou daarvan om betrokke te wees.
  3. Maak steeds tyd vir mekaar, jou troue is een dag maar jou huwelik is vir altyd.

greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue greyton wedding venue

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: