Lizanne en Divan het op 21 Desember 2012 verloof geraak op die mooiste dorpie net buite Kaapstad, Greyton. Divan het as kind in Greyton altyd vir sy ouma gaan kuier en heg baie spesiale herinneringe van sy kinderjare aan dié dorpie.
Die paartjie het ‘n heerlike wegbreek naweek beplan, min het Lizanne geweet dat daardie naweek haar lewe sou verander. Divan het vir Lizanne in Greyton se natuur reservaat langs die rivier en ‘n klipgooi van die waterval af, gevra om sy vrou te word. Hulle het ‘n piekniek gehou en onverwags het Divan haar die “ja” woord gevra. Die paartjie is na die piekniek verwelkom by The Post House Country Hotel vir ‘n romantiese kerslig ete en onvergeetlike naweek. “Dit is sowaar ‘n spesiale en baie romantiese verlowing,” verduidelik Lizanne.
Kyk net hoe pragtig is die sagte kleurskema van die paartjie se troue. As jy graag neutrale kleure, sagte pienk en moderne gemeng met oud vir jou troue wil gebruik, sal jy baie inspirasie vind in dié troue.
Advies vir ander paartjies:
Beplanning en reël van ‘n troue verg baie tyd en energie en gebeur beslis nie oornag nie. Wees geduldig maar begin ook vroegtydig met besprekings ens. Stuur “save the date” kaartjies so gou moontlik nádat ‘n troudatum vasgestel is. Só kan jy verseker dat al die spesiale mense julle groot dag kan bywoon.
Mens se troudag gaan TE vining verby. Geniet elke oomblik van julle dag en moenie bekommer oor klein dingetjies nie, want jy gaan terug kyk en besef dat dit nie eers ‘n noemenswaardige krisis was nie. Moenie een oomblik misloop nie en neem elke oomblik van julle dag in.
Moenie te veel fokus op jou gaste nie, want die dag gaan immers oor jou en jou toekomstige man, dis JULLE dag en fokus op julle en oomblikke van die dag wat julle vir altyd sal koester.
Wat het julle dag spesiaal gemaak?
Die aspekte wat ons troue vir ons só ongelooflik spesiaal gemaak het, was oomblikke wat ons vir altyd sal koester. Oomblikke soos, kosbare tye saam met my ma en bruidsmeisies tydens die aantrek en regmaak vóór die troue, om die voorreg te kon hê dat my pa my by die paadjie af kon vergesel, my toekomstige man se gesig toe ek in die paadjie afstap, en omring te wees met vriende en familie wat kon deel en getuies wees in my en Divan se liefde vir mekaar.
Die teenwoordigheid van elke persoon wat so baie beteken in beide van ons se lewens was besonders kosbaar omdat verhoudings vir ons so belangrik is. Om die seremonie en onthaal presies te kon hê soos wat ons dit beplan en van gedroom het en omring deur die natuurskoon van die wynlandgoed se polo velde, berge, wingerde en woud, het ons dag beslis net nog meer betowerend gemaak.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Storybook photography
- Venue: Lourensford Wine Estate
- Aantrek, regmaak en grimering venue: Erinvale spa and hotel
- Trou koördineerder: Kraak
- Spyseniering: Stir foods
- Trou koek en ‘macaroons: The Cakery Blomme: El Le Fleur
- Tjello & Viool: Johan Enslin
- Hare: Alicia Buckle
- Grimering: Bella make-up and beauty
- Skryfbehoeftes: Seven Swans Wedding Stationery
- Trou rok: Olivelli Bridal Boutique
- Personeel en drankies: Shake & Serve
- Dekor en beligting : In & Out events
- Trou motor: SA Classics
- Vermaak: DJ Chopper
- Predikant: Ds. Lettie Buchner