Bessies-tema trou inspirasie

Wat was die inspirasie agter die fotosessie?


Die natuur het soveel mooi elemente dat ons gedink het, hoekom net by blomme bly? Bessies is mos net so mooi! Ons het toe blomme en bessies in ons tema gekombineer en die kleure van die bessies as riglyn gebruik.

Die gevolg was ’n pragtige samestelling van diep-rooi, pers, en skakerings van pienk, te danke aan Paradiso Flowers.

Ons wou ook ’n sprokiesagtige gevoel uitbeeld, en Marieke van Marieke Make-Up and Hair het die hare en grimering met daardie gedagte bymekaar gesit.

Bessies & Bruide_0001

Bessies & Bruide_0002 Bessies & Bruide_0003

Vertel ons meer van die tafel?


Die tafel en dekor was gedoen deur Blooming Wonderful Décor Hire en die blomme op die tafel was verskaf deur Paradiso Flowers.

Die ster van die tafel was die groot “bessiebos” wat oor die middel van die tafel gehardloop het. Die fyn rooi-pienk bessies van hierdie stuk verleen soveel tekstuur en detail aan die ontwerp.

Pragtige koper blompotjies verleen ’n ietwat outydse gevoel aan die tafel, met moderne glas wynglase om dit teen te speel.

’n Pikswart kers staander gee ’n ’n titsel misterie, met gepaardgaande swart naam linte wat binne in die wynglase geplaas is, sowel as swart spyskaarte met goue skrif.

Bessies & Bruide_0004 Bessies & Bruide_0005 Bessies & Bruide_0006

Hoekom het julle die venue gekies?


Die pragtige ou herehuis op die perseel is wat ons aangetrek het tot die venue.

Dit het ’n pragtige groot ou visdam met ’n mooi tuin en groot bome reg rondom. Dit het vir ons ’n mooi agtergrond geskep vir die Bessie-tema.

Bessies & Bruide_0007 Bessies & Bruide_0008 Bessies & Bruide_0009

Hoekom het julle daardie spesifieke rokke gekies?


Die rokke is van twee verskillende ontwerpers – elk met haar unieke styl.

Alana se rokke het ’n amper “boho” gevoel met vloeiende materiaal, baie kant en mooi detail.

Heléne se rokke het weer ’n meer vroulike, prinses gevoel met baie mooi volheid.

Albei ontwerpers se rokke het op hul eie manier iets spesiaals aan die tema bygedra. Dit gee toekomstige bruide ook ’n paar “looks” om van te kies, wat almal mooi saam met die Bessie-tema werk.

Bessies & Bruide_0010 Bessies & Bruide_0011 Bessies & Bruide_0012

Enige advies wat jy as fotograaf kan gee aan paartjies?


Dis baie maklik om mooi troufoto’s te kry tydens jul trou sessie:  wees bloot julself! Die mooiste oomblikke word vasgevang wanneer paartjies vergeet dat die fotograaf daar is, en net mekaar se geselskap vir ’n rukkie weg van die gaste geniet.

Die fotograaf mag dalk bietjie leiding gee, maar moet nooit voel dat jy ’n stywe glimlag moet aanplak of stokstyf met jou hand in jou sy staan as dit nie jy is nie!

Geniet doodeenvoudig daardie spesiale oomblikke.

Bessies & Bruide_0013 Bessies & Bruide_0014 Bessies & Bruide_0016 Bessies & Bruide_0017 Bessies & Bruide_0018 Bessies & Bruide_0019 Bessies & Bruide_0020

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: