Vicky & Jordaan verlowing fotosessie

Vicky en Jordaan het mekaar by die werk ontmoet.  Sy het reeds twee jaar by die firma gewerk toe Jordaan daar begin het.  Vicky was die geduldige een om hom rond te wys.  Sy het met die eerste oogopslag geweet sy gaan met hom trou.  Die paartjie het twee jaar uitgegaan en het die mooiste verlowings fotosessie gehad.  Vir die volle storie oor hoe die oulike paartjie verloof geraak het, loer bietjie na ons vrae en antwoorde tussen die verlowing fotosessie.

Die paartjie het op 20 Julie 2013 verloof geraak en het getrou op 3 Mei 2014.  Dankie After Effect Photography vir die oulike verlowing fotosessie.

Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (7)

Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (1) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (2) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (3) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (4) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (5) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (6)
Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (8)

Wanneer en hoe het julle verloof geraak?


Ons het twee jaar uitgegaan, toe daar by ons ingebreek was en ons van voor af moes begin.  So is my ring wat Jordaan die Kersfees vir my gekoop het ook gesteel.  Die versekering het uitbetaal en ek moes ‘n nuwe ring gaan kies.  Dis toe dat Jordaan besluit het ons kan netsowel die regte ding gaan koop!

Ek het my ring laat maak met die voorwaarde dat dit ‘n saffier is, sy geboorte steen.  Ek het nie geweet hoe of wanneer hy die ring gaan kry nie.  Ons was op pad na familie, toe ons eers by my ma moes stop om haar wyn te gaan haal wat sy vergeet het.  Soos ek die alarm afsit, roep Jordaan.  Ek stap toe in die gang af en daar staan hy op sy knieë met trane in sy oë, rose en sjampanje.  Ek het my dood gehuil en toe JA gesê op 20 Julie 2013.

Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (9) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (10) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (11) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (12) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (13) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (14) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (15) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (16) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (18) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (19) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (20) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (22) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (23) Vicky & Jordaan Verloof Soos gesien op www.mooitroues.co (24)

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: