Bernice & Francois se plaas verlowing

Bernice en Francois het mekaar op ʼn lentedag in September 2012 ontmoet by ʼn braai saam met vriende.  Francois het sommer dadelik met Bernice begin gesels en sy het nie geweet of sy hom weer daarna sal sien nie.  Sy was tóg so gelukkig dat hy haar gekontak het om te gaan vir ‘n koffie.  Die oulike paartjie het geweet hierdie liefde gaan vir altyd hou.  Dit het gely tot die plaas verlowing wat ons nou met julle kan deel.

As jy ‘n aanhanger van die plaaslewe en Karoo is, sal jy hierdie inskrywing, afgeneem deur Simone Franzel vreeslik geniet.

Hulle het op 16 Februarie 2014 verloof geraak. Die paartjie was weg vir die naweek, toe Bernice die Sondag die deur oopsluit na ʼn besige naweek was die huis versier met roosblare en sjokolade. Daar het die mooiste musiek gespeel en was sjampanje. Francois het haar die groot vraag gevra en sy het onmiddellik ja gesê. Hulle trou in Mei 2015 by Florence Guestfarm. Dit sal ʼn naweek troue wees vanaf die Vrydag tot die Sondag. Drie dae van makietie.

Francois en Bernice se droomtroue behels beslis ʼn jolige fees saam met hulle vriende en familie. Hulle troue gaan ʼn rof- afgewerkte gevoel hê, almal moet voel hier skop ons ons skoene uit en kan ons net lekker saam kuier en dans. Elke gas moet op hul gemak wees en saam met die paartjie die dag van liefde vier.

Die paartjie heg baie waarde aan verhoudings en vriendskappe, en wil net ʼn heerlike dag gevul met liefde en vrede hê. Sonder enige fieterjasies.

Francois & Bernice_0002 Francois & Bernice_0003 Francois & Bernice_0004 Francois & Bernice_0005 Francois & Bernice_0006 Francois & Bernice_0007 Francois & Bernice_0008 Francois & Bernice_0009 Francois & Bernice_0010 Francois & Bernice_0011 Francois & Bernice_0012 Francois & Bernice_0013 Francois & Bernice_0014 Francois & Bernice_0015 Francois & Bernice_0016 Francois & Bernice_0017 Francois & Bernice_0018 Francois & Bernice_0019 Francois & Bernice_0020 Francois & Bernice_0021 Francois & Bernice_0022 Francois & Bernice_0023 Francois & Bernice_0024 Francois & Bernice_0025 Francois & Bernice_0026 Francois & Bernice_0027 Francois & Bernice_0028 Francois & Bernice_0029 Francois & Bernice_0030

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf:  Simone Franzel Photography