Alex & Bernidette se pragtige troue

Alex en Bernidette woon al ʼn geruime tyd in die buiteland en wou graag ʼn troue hê waar hul tyd saam hul geliefdes van Suid-Afrika, kan spandeer.  Die eerste en enigste venue waarna hul gaan kyk het, The Nutcracker Country Venue, het dadelik hul oorwin. Die venue het hul toegelaat om die feesviering oor ʼn hele naweek te hou.  Alex het hoë verwagtinge wanneer dit kom by spyseniering. Sy verwagtinge was ten volle oorskry.

Rol af en kyk na die foto’s en lees die paartjie se storie.  Beplan jou droomdag by  The Nutcracker Country Venue.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het deur gesamentlike vriende op ʼn groep-vakansie na ʼn musiekfees in België genaamd Tomorrow Land in 2013 ontmoet.  Ons was albei van dieselfde dorp en moes omtrent 13000 km reis om mekaar te te ontmoet.  Dit was op ʼn stowwerige dansvloer wat ons oë ontmoet het en ek het toe geweet dat my hart sy pasmaat gevind het.  Die heelal werk op geheimsinnige maniere!

Eienskappe wat my na Alex aangetrek het: Toe ek hoor hy is ʼn goeie kok, het hy my geïnteresseerd gehad!  Ernstig behalwe sy geheimsinnige oë en perfek goeie voorkoms, is hy ʼn ware heer met ʼn goeie hart en liefde vir avontuur. Ek kan myself met hom wees en ons deel dieselfde waardes.  Eienskappe wat my na Bernidette aangetrek het: Haar cowboy stewels en denimbroek…  Sy is die wonderlikste vrou wat ek ooit ontmoet het.  Ek kan myself om haar wees en sy bring die beste in my uit.

Vertel ons meer van die styl van jul troue?


Ons wou albei ʼn plaastroue met ʼn prettige boheemse twis gehad het.  Ons geniet dit om in bosse te stap en ons het in ʼn pragtige bos verloof raak, so ons was deur ons liefde vir die bos geïnspireer.

 

Was julle met Wittebrood?


Ons het vir ʼn paar dae op ʼn mini-wittebrood na Tambuti Lodge in die Black Rhino Wildreservaat in Pilanesberg gegaan voordat ons weens werk verpligtinge na die buiteland moes terugkeer.  Ons was in Desember na Oostenryk en Praag vir ʼn wit-Kersfees.

Vertel ons hoekom het jul die venue gekies?


The Nutcracker Country Venue was die enigste plek wat ons na gekyk het!  Ons was net eenvoudig gek oor die plaas sjarme en die omgewing was absoluut pragtig met die neutbome en die Vaalrivier in die rustige Vredefort-koepel waar die sein swak is en die sterre helder is. Sedert ons in die buiteland woon, sien ons nie ons familie en vriende so dikwels as wat ons wil nie, so ons het geniet dat ons troue in ʼn naweek-viering kon wees. Ons wou hê ons troue moet warm wees, gesellig, ontspanne en terselfdertyd gesofistikeerd wees en The Nutcracker Country Venue was die perfekte kombinasie van die twee. Alex, wat grootgeword het in ʼn Portugese huis, het hoë standaarde gehad toe dit by die spyskaart kom, The Nutcracker Country Venue het ons verwagtinge oortref en wonderlike kos bedien!  Die sjef, Paul Henry, is absoluut ongelooflik en kon ook ons troukoek maak, wat volgens ons gaste die beste wortelkoek was wat hulle ooit gehad het!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: