Persoonlike trou geloftes

Fotograaf: Agape Studio

Om te trou is ‘n enorme stap wat geneem word, maar ‘n stap wat uit liefde plaasvind. Twee siele wat mekaar gevind het en verewig gaan saam wees – ouma en oupa wat op die stoep sit! ‘n Vreeslike spesiale oomblik is wanneer die bruidspaar huile trou beloftes aan mekaar verklaar. Of dit self geskryf is en of dit gesê word saam met jou trou offisiant – die oomblik bly intiem en emosioneel.

Begin deur om iewers stil te gaan sit met papier en pen (sonder enige afleidings) en begin deur jouself vrae te vra soos;

– Hoekom wil ek met hierdie persoon trou?

– Wat wil jy aan hierdie persoon belowe voor ‘n groep mense?

– Wat kan ek insit wat persoonlik is aan my ander helfte? Het hy/sy ‘n oulike gewoonte wat spesiaal is aan hulself?

– Hoe maak hierdie persoon my lag? Is daar bv. “inside jokes”?

– Watter groot oomblikke in ons verhouding het die grootste impak gehad op ons lewens?

– Wat was die oomblik waar jy uitdruklik besef het, “hierdie is die liefde van my lewe”?


Tyme PhotographyAgape Studio


Spog met hierdie belangrike persoon, laat hom of haar voel, deur midde van jou woorde, asof hulle die belangrikste persoon in jou lewe is. Onthou, jy verklaar hoe lief en gelukkig hierdie persoon jou maak. Selfs al is jy ‘n skamerige en teruggetrokke persoon, jou woorde sal ‘n impak maak!

Maak seker dat almal op dieselfde bladsy is, jou toekomstige bruid/bruidegom asook die offisiant moet weet julle het jul eie troue beloftes geskryf en sal nie gebruik maak van die standaarde woorde nie.

Baie, baie belangrik: Lees alles deur ‘n paar keer en bring veranderinge aan soos nodig. Pas dit aan en maak dit beter! Jy hoef nie jou trou beloftes uit jou kop te ken nie, so neem maar ‘n papiertjie saam. Jou senuwees (en emosies) mag moontlik te veel wees en dan is dit tog te maklik om te vergeet.

Laastens, laat albei die papiertjies hou waarop jul trou beloftes uitgeskryf is met die hand. Die rede waarom ek dit noem, is dat hierdie papiertjies oor ‘n paar jaar iets sentimenteel gaan wees om na terug te kyk en weer te lees.  Laat raam hierdie bewoording en hang dit op in jou huis sodat dit die fondasie van jou huwelik is.


As Sweet As Images


Krediet: