Skakerings van blou Trou Inspirasie

Something Borrowed, Something Blue

Skakerings van blou trou inspirasie met musiek elemente om dit interessant te maak.  In dié fotosessie het Elzahn van LeFox Weddings and Events die koördinering gedoen te same met ander fantastiese trou diensverskaffers.  Elzahn het ʼn luukse trou koördinering en beplanning maatskappy wat spesialiseer om onvergeetlike troues te konseptualiseer.  So jy wil nie vandag se fotosessie mis nie.

Blou is nie net ʼn statige kleur nie.  Dit is ook die kleur van die see en die lug.  ʼn Kleur wat in verskillende skakerings voorkom, maar altyd ʼn gevoel van spasie en vryheid bied.  Blou is ʼn statige kleur wat altyd in die mode sal wees en ʼn stelling sal maak.  Die gebruik van skakerings van bloue by vandag se trou inspirasie fotosessie gee dit ʼn luukse en klassieke gevoel.

Dan is daar die gebruik van spierwit orgideë en rose vir die handruiker.  Die tafel dekor is ook prentjie mooi.  Orgideë het so ʼn luukse konneksie aan hul en kan enige dekor net daai tikseltjie luuksheid gee.  Enige trou tafel word onmiddellik meer statig as dit orgideë deel het van die blomme ontwerp.   Die kontras tussen die groen van die Franschhoek-vallei en die blou en wit kleure is so mooi.  Dit laat jou amper voel of dit ʼn strand tema kon wees, maar net op ʼn luukse landgoed.

Ons is ook gaande oor die idee dat hulle musiek elemente deel gemaak het van die fotosessie.  Wat is nou mooier as ʼn pragtige viool wat dien as vermaak. Die klassieke trourok ontwerp deur ʼn bekende trourok ontwerper pas perfek in by vandag se fotosessie. In kort, Mooi Troues is opgewonde om vandag die trou inspirasie met jou te deel.  Vind inspirasie vir jou troue hieronder.

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Wie het die fotosessie gereël?


Aangesien Resound Music ʼn alles-omvattende musiek diens aan kliënte lewer.  Die primêre behoefte was om verskeie en diverse musikante uit te beeld op gegewe oomblikke tydens ʼn troue, bv seremonie, skemerkelkies en onthaal.  Ek en fotograaf Ilse de Klerk het toe begin speel met die idee om ʼn “mini” troue bymekaar te sit.  So kon ons elke aspek van die troue tentoongestel.  Tesame met ʼn baie dinamiese trou-beplanner, Elzahn Stuart-Fox van Le Fox Weddings, het ons die bal ordentlik aan die rol gesit.  En wat het ons drie in gemeen: ons almal was 2004 matriekleerlinge van Hoërskool DF Malan!

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Inspirasie vir die fotosessie?


Ek en Ilse het gaan kyk na die Pantone kleur van die jaar.  Ons het totaal verlief geraak op die moontlikhede van verskillende skakerings van blou wat ons sou kon inwerk.  Van “gebleikte koraal” tot koningsblou!.  Annemarie van Jade Jewellery het opdrag stukke gemaak spesifiek vir hierdie fotosessie.  Cindy Bam het onder andere ʼn sluier voorberei wat perfek aan die rand gevlek was met skakerings van blou.  Jade Customised Events het ook servette met kunstige blou ink gekleur. Al hierdie elemente het gesorg vir ʼn outentieke en geïnspireerde fotosessie waar kreatiwiteit en talent werklik uiting kon gee.

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Behalwe vir die skooltrots.  Het ons drie D.F Malaners baie geloof en respek vir mekaar en wat elkeen in sy betrokke veld doen.  Dit is ook ʼn voorreg om hande te kan vat met vroue besigheids eienaars.  Vroue wat in watter kapasiteit ookal, groot of klein, bydrae lewer tot professionaliteit en hart in die industrie.  Ek wil eintlik sê dat elkeen van ons verskaffers was met die hart uitgekies.  Nie uitsluitlik oor status of sukses nie, maar oor die liefde en talent wat hulle vir elke kliënt lewer.

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Agter die skerms inligting bv probleme met onvoorsiene omstandighede?


Die dag het eintlik baie mooi en rustig verloop.  Die enigste kwessie wat ons moes bestuur is die outomatiese sprinkel-besproeiing in die tuin wat effens ontydig opgekom het!  Gelukkig was die opsiener en bestuurder redelik vinnig op die toneel en kon ons rondom dit werk.

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something BlueSomething Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Vir my was dit beslis die besef dat elke verskaffer haar beste lewer, nie net vir eie gewin nie, maar ook vir die groter prentjie.  Die groter prentjie wat is om ander te inspireer en om kreatiwiteit vlerke te gee! Daar is ook iets kragtig wanneer vrouens, wat gereeld gestereotipeer word as “afsydig” en “afgunstig”, werklik handevat om met elke individuele talent, by te dra tot ʼn groot kunswerk.

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


My advies vir paartjies sal wees om hierdie fotosessie net as vertrekpunt te gebruik.  Waar hulle kan, hulle eie unieke vingerafdruk op iets te sit.  Om iets bloot na te boots gee nie werklik vir jou vriende en familie die persoonlike element wat ons almal eintlik so waardeer nie.  Laat hierdie fotosessie jou gedagtes vlerke gee en geniet die proses want die dag self, gaan soos ʼn oogwink verby.  Alle sterkte vir alle paartjies wat ook tydens hierdie uitdagende tye troue beplan.

Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue Something Borrowed, Something Blue

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers