Gestileerde fotosessie by Stellenrust Wines

Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot

Die doel van hierdie gestileerde fotosessie is vir die grimeer kunstenaar om haar portefeulje op te bou om haar dienste aan toekomstige bruide te bemark.  Sy het saam met twee van Mooi Troues se trou diensverskaffers gewerk om ‘n sukses van die gestileerde fotosessie te maak.

Stellenrust Wines buite Stellenbosch was die venue vir die fotosessie.  Die wynlandgoed is deur generasies deur dieselfde familie besit.  Hulle spog met asemrowende uitsigte wat perfek vir troufoto’s is.

Die model se rok was deur kreatiewe en talentvolle Mrs V Atelier voorsien.  Die keuse van rok werk perfek saam met die styl van die Stellenbosch trouvenue, asook met met die drama van die donker wolke en herfskleurige wingerde in die agtergrond.

Ons by Mooi Troues is trots op albei Stellenrust Wines en Mrs V Atelier wat die nuwe talent gehelp het om haar werk aan toekomstige bruide bekend te stel.

Rol af en geniet die inspirasie vir jou troue.

Stellenrust Wine estate Mrs V Atelier Wedding dresses Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Mrs V Atelier Wedding dresses

Wie het die fotosessie gereël?


Margaritha Martin van Make-up Artistry by Margaritha

Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Stellenrust Wine estate stellenbosch bridal makeup

Inspirasie vir die fotosessie?


Ek is ‘n nuwerige grimering kunstenaar en ek het die gestileerde trou fotosessie gereël om aan my portefeulje te bou.  Ek wil graag grimering vir bruide op hul troudag doen.

Mrs V Atelier Wedding dresses Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot stellenbosch bridal makeup stellenbosch bridal makeup

 Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Fotograaf: Adele Pienaar van “By Adele – Boudoir and lifestyle Photography” is gekies omdat ek en sy al op ‘n vorige geleentheid saam gewerk het. Ek hou baie van haar werk en sy is baie professioneel!

Rok: Mariza van der Merwe van “Mrs V Atelier” is gekies oor haar stylvolle kledingstukke.  Sy was van die begin af bereid om die ekstra myl te gaan en haar rok vir my fotosessie beskikbaar te stel.

Modelle: Dorothy-Ann du Preez: Ek het haar gekies omdat sy onmiddellik teen al die ander modelle uitgestaan het.  Sy is baie professioneel en sy het die ongelooflikste oë.

Sage-Wess Laurenco: Hy het net die beste “voorkoms” gehad om die bruidegom ye wees.  Hy het ook alreeds ondervinding gehad wat die hele proses maklik gemaak het.

Venue: Stellenrust het uit gestaan onder al die venue’s wat vir my die “gaan voort” gegee het.  Dit is beeldskoon!  Die hoofingang met die lang pilare en die fontein het veral uitgestaan.  Dit is perfek vir ‘n elegante troue!

Mrs V Atelier Wedding dresses Mrs V Atelier Wedding dresses Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dit was spesiaal om te sien hoe ons almal saam werk, nie een persoon het gewys hul was nie meer lus vir die dag of onbeskof ens. nie.  Dit was ook lekker om te sien hoe die foto’s uit kom op die ou einde van die dag en hoe asemrowend dit lyk!

Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Mrs V Atelier Wedding dresses stellenbosch bridal makeup

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Dit is altyd goed om ‘n plan-B vir ‘n buite troue in plek te stel.  Die weer is buite ons beheer en kan enige tyd verander.  Veral met troues wat lank voor die tyd gereël word.  Maak ook seker dat jy ‘n professionele fotograaf gebruik wat op sy/haar voete kan dink om steeds jou spesiale dag se foto’s vas te vang, tenspyte van die weer.

Mrs V Atelier Wedding dresses Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Stellenrust Wine Estate Wedding styledshoot Stellenrust Wine estate

Diensverskaffers