Christopher & Ciska se verrassing verlowing

Christopher en Ciska se verrassing verlowing onder die liggies in die middel van ʼn woud.  As jy opsoek is na ʼn romantiese manier om jou meisie te vrae om met jou te trou, dan sal vandag se verrassing verlowing jou iets leer.  Anrule Plant and Decor hire het die pragtige dekor gedoen vir Christopher en Ciska se verrassing verlowing.  Dit was alles haarfyn beplan voor die tyd om seker te maak Ciska se asem sal weggeslaan word.

Wat is nou meer romantiese as die kombinasie van seker, liggies en ʼn woud.  Liggies was aangelê vir sowat een kilometer waar Ciska gesê was om net die liggies te volg in die woud in. Hierdie toneel is letterlik soos iets uit ʼn romantiese film wat mens net op televisie sien.  Ciska het die liggies gevolg en daar was Christopher.  Sonder om nou te veel weg te gee, sal ons dat jy self hulle romantiese verlowing storie onder lees.

As jy opsoek is na nog oulike verlowing idees, besoek Mooi Troues se verlowing kategorie en kry inspirasie.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Ontmoeting:


Vriende van Vivo (Limpopo) het Bloemfontein toe verhuis.  Tydens ʼn geleentheid in Pretoria wou die vriende “match-maker” speel en ons aan ander mense voorstel.  Op die spesifieke aand was die “ander” nie beskikbaar nie, en tydens aandete het die twee van ons begin gesels.  Die volgende aand, na ʼn heerlike dag saam, het Chris heel “nonchalant” aan my bekend gemaak dat hy met my gaan trou.  Ek was vasbeslote dat die man heeltemal sy kop verloor het.  Ek (terug in Bloemfontein) en hy terug in Pietersburg, het wel kontak gehou.  En gesprekke van 4+ ure per dag was die norm waarmee ons geleef het.  ʼn Jaar later het ek Pietersburg toe getrek en 8 maande daarna is ons verloof.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Die groot vraag:


Dit was een helse verrassing.  Chris het gemaak asof ons twee op pad was na ʼn Pizza aand by Grin Court. Saterdagaand, aangekom by Grin Court se venue, net om te sien dat daar geen ander karre sigbaar is nie.  Chris sê toe dat hy iets in die woud sien.  Hy het langs ʼn plaas hek in die donker gestop en eenvoudig gemaak asof die plek aan hom behoort.  Ek, in die pik donker en skrikkerige vir die oop veld, was skielik geblinddoek.  Daar was vir my gesê om 60-sekondes later die liggies te volg.  Die liggies was vir so 1 km al langs die voetpaadjie uitgelê, en die oomblik toe hy my sien het hy ons gunsteling liedjie begin speel.  Hy het my droom aand absoluut oortref en op een knie neer gegaan en die groot vraag gevra.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Die tydslyn:


Ons trou 5 Desember 2020.  Ons het op 29 Februarie verloof geraak en ons sal dus ongeveer 9 maande verloof wees voor ons groot dag.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Die Ring:


My ma het ʼn Marquise steen in haar ring en so het ek nog altyd ʼn liefde vir die vorm van steen gehad.  Ons het ʼn paar keer informeel na ringe gekyk en hy weet presies wat my smaak is.  Hy het wel die “diamant-smokkeling”, ontwerp en beplanning alles sonder my wete laat geskied.  Debbie Mouton en Chris het saam die ring ontwerp en in my opinie is dit mooier as enige van die inspirasie fotos wat ek ooit vir hom gewys het.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Rede vir verlowings fotosessie:


Chris se sussie het tydens die beplanning van die verlowings-aand vir hom uitgewys dat ek graag fotos van ons verlowing sal wil hê.  Ons vriend, Pieter Borman, neem asemrowende foto’s en het ingestem om die oomblik vir ons verewig vas te lê.  Die bedoeling was dus nie om ʼn formeel geskeduleerde fotosessie te wees nie, maar om die aand verewig lewendig te hou.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Verwagtinge en vrese:


Ons trou venue en datum was reeds voor die verlowing vasgemaak so nou gaan alles oor troubeplanning, saambly en ons is opgewonde oor die nuwe hoofstuk wat vir ons voorlê.  Die enigste vrees is dat baie van die gaste nie die troue sal kan bywoon nie a.g.v. die pandemie wat ons Wêreld getref het.

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

Vissie vir Droomtroue:


Kristal, kerslig, massa blomme, romanse en al ons belangrikste getuies wat op een aand saam kom om ons liefde vir mekaar te bevestig voor God en te vier tot ounag, saam!

surprise engagement ideassurprise engagement ideassurprise engagement ideas

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    • Venue: Grin Court Nature Reserve (Andre en Rina – 0837937085)
    • Fotograaf: Pieter Borman – 0823255430