Tharan & Jessica se Boho Selfdoen Troue

Ons is opgewonde om Tharan en Jessica se Boho selfdoen troue met julle te deel op Mooi Troues.   Hulle het besluit op ʼn boho tema en het verskillende aardse kleure inkorporeer by hul troudag.  Jessica en Tharan was die mooiste bruide gewees in hul pragtige vloeiende trourokke en aansteeklike glimlagte!  Jy sal hul opgewondenheid voel deur die foto’s.

Ons lesers sal die pragtige dames se gesigte herken omrede ons hul prettige verlowing fotosessie ook reeds met jul gedeel het, julle kan asseblief hier klik om weer hul verlowing foto’s te sien.

Hul trou venue was by ʼn plaas in Devon Valley, Stellenbosch.  Die wit mure en donker grys konkreet vloere van die trou venue was die perfekte leë doek vir die paartjie se onthaal.  Kleur elemente soos bruin, oranje, swart, bietjie groenigheid vorm deel van die trou dekor.  Alles kom so mooi bymekaar.  Die rou hout tafel laat die res van die dekor elemente uitstaan en die wit stoele bring die moderne elemente sterk uit.

Hulle het verskynende van droë blomme en pampas gras gebruik vir hul blom ontwerpe.  Die paartjie se fotosessie was net so mooi en die kleurskakerings van die sagte sonlig het eintlik so mooi ingeskakel by die res van die kleurskema van hul troue.

As jy jou eie troue beplan en opsoek is na betroubare besighede wat professionele dienste en produkte bied vir troues, dan moet jy ons Trougids besoek.   Hiér sal jy al jou trou diensverskaffers vind op een plek.

Lees meer oor Tharan en Jessica se opwindende en baie oulike liefdesreis asook hul troudag hieronder.  Rol af om meer te lees en sien.

Paartjie se Liefdesreis:


Terwyl baie se dat sosiale media nie die beste plek is om liefde te vind nie, wil ek graag daarvan verskil.  Ek en Jessica het mekaar op Instagram ontmoet.  Ek(Tharan) het gereeld haar profiel besoek(sonder dat sy daarvan geweet het haha), en het op 10 Maart 2018 genoeg moed bymekaar gemaak om die eerste boodskappie te stuur.  Daardie dag was ook my verjaardag, eintlik my eerste verjaardag weg vanaf die huis(ek het Kaapstad toe getrek vir werk).  Ek het nie juis veel gehad om te doen vandaar die besluit om haar te “DM”.  Terwyl die gesels so aan die gang was, vind ek toe uit dat sy(Jessica) eintlik my verjaardag maatjie is!  Dis reg, ons deel ʼn verjaardag.  Dit was vir my so vreemd want, hoe? Haha.

Ons het ons gesels vanaf Instagram na Whatsapp geskuif en het ook besluit om op te ontmoet.  Sy het my na haar gunsteling eetplek geneem vir ons eerste afspraak, en ek het haar geselskap en menswees so baie geniet!

Sy het my toe op 8 Julie 2018 gevra om te kys!  Ek was só opgewonde!

Ons het toe op 5 Maart 2021 verloof geraak by my gunsteling plek!  Kelpbaai in Bloubergstrand.  Jessica het my gevra om te trou in die middel van hartvormige feetjie ligte, sjampanje, ʼn piekniek mandjie en die branders wat in die agtergrond baklei!  Vreeslik romanties.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 9 maande verloof voor ons getrou het.  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie, want ons wou alles self doen.  Dit was so opwindend want so het ons ook net meer en meer van mekaar geleer.

Trou Begroting:


As ons enige advies aan paartjies kan gee sou dit net die volgende wees: SPAAR SPAAR SPAAR.

Ek en Jessica het nie juis ʼn trou begroting gehad nie, ons het net geweet wat presies ons wou hê.

Iets klein, intiem maar tog merkwaardig en stylvol.  Ons het vanaf ons verlowing datum begin spaar, maar op die einde van die dag was daar so baie ekstra goedjies waarvan ons totaal en al vergeet het.  Soos die Dankie geskenkies het ons self gedoen, ons het toe gegaan met die plantjie idee van Stodels en die “let love grow” woorde bo aan wat ek self ontwerp en laat druk het.

Ons het 52 gaste onthaal.

Merkwaardigste Oomblikke:


Tharan:

My merkwaardigste oomblik was definitief die geloftes.  Ek en Jessica het besluit om ons eie geloftes aan mekaar te skryf.  Dit was vreeslik spesiaal!  Wow.

Jessica:

Ek kan nie regtig kies nie, alles was so kosbaar!  Maar as ek sou kies, sou ek se my merkwaardigste oomblik was toe ek Tharan vir die eerste keer in die trougang sien af loop met haar ma aan haar sy.  Sy was die mooiste bruid ooit!

Die Besluitnemingsproses:


Ek en Jessica het ons troue alleen beplan so ons het al die besluite self geneem.

Paartjie se styl:


Tharan:

Ek is die “girly girl” tussen ek en Jessica.  Ook is ek baie bewus (en verlief) op my skraal lyfie en wou dus altyd iets hê wat my lyf sou komplimenteer.  Ek het gegaan vir ʼn ivoor styf gepaste meermin trourok, met die een skouer strik detail.  Dit het vir my die “old school” tipe gevoel na vore gebring.

Jessica:

Ek is die minder “girly” een tussen ek en Tharan, haha.  Alhoewel ek altyd vir myself gesê het dat ek soos ʼn prinses op my troudag wou lyk het dit nie baie lank gehou nie.  Ek het vir die seremonie en ʼn paar fotos my balrok styl trourok aangehad, maar vir die onthaal het ek gegaan vir ʼn hoë middellyf romp, ʼn hemp en plat skoene.  Dit was vir my baie meer gemaklik en ek het meer myself gevoel.

Trouringe:

Ek het net ʼn goue 9 karaat band laat byvoeg by my oesjaar styl verloofring, maar het die eenvoudige band alleen op ons troudag gedra omdat geen juwelier my in daardie tyd kon help om my verloofring betyds skoon te maak nie (sodat ek altwee kon dra op ons groot dag).  Jessica is baie eenvoudig as dit by juweliersware kom, sy wou net ʼn eenvoudige goue 9 karaat pand hê.

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief die fotograaf!  Boland Weddings was een van die beste keuses wat ons kon maak vir ons spesiale dag.  Marcus en Pyper-Leigh was ons trou fotograwe op die dag en wat ʼn fees was dit nie. Hulle bring ʼn gevoel van gemaklikheid wat die fotosessies net soveel makliker gemaak het.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie op die dag gehad vir vermaak.  Ons het ook ons gaste vermaak met ʼn speletjie.  Dit word geken as “the shoe game”.  Dit was vet pret met daardie vrae en antwoorde, haha!

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons platejoggie was ʼn halfuur laat.  Dit het toe gemaak dat die seremonie en alles wat daarna sou volg ook laat was.  Ons kon ook nie intussen die trougang afloop nie, want die liedjie “Can’t help falling in love deur Kina Grannis” moes speel.  Ons trou gaste moes toe in die son sit en vir ons wag sodat al die verrigtinge kon begin.  Baie teleurstellend.

Venue & Dekor:


The Styling Shed was nog altyd een van ons gunsteling trou venues.  Ons het ʼn afspraak gemaak, na die plek gaan kyk en dadelik die “at home” gevoel gekry.  Ons het sommer dieselfde dag ons datum bevestig!  Dit was regtig alles wat ons nog wou hê.

Ons inspirasie agter ons dekor was beslis Pinterest!!  Ons het gegaan met ʼn “boho” tipe tema.  Verskillende bruin, oranje, swart, bietjie groenigheid en dan ook die droë blomme en pampas gras.

Advies aan paartjies wat hul troue beplan:


Geniet die hele trou beplannings proses terdeë.  Dit is soveel pret en jy en jou geliefde leer en groei soveel meer in hierdie tyd.  Moet nie stres of dinge oordink nie, alles sal uitwerk soos dit moet!
En laaste, spaar soveel as wat jul kan voor jul met die beplanning begin.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad.  Ons liedjie was Best part deur Daniel Caesar en H.E.R.  Dit is beide ek en Jessica se gunsteling liedjie en dit is hoekom ons gedink het dit sou so gepas wees om ons eerste dans op te doen.

Ons het nie professionele danslesse gehad nie, maar ons het op ons eie geoefen.  Wat ʼn nagmerrie, haha.  Ons het aan die begin aanhoudend op mekaar se tone getrap.  Seker ʼn week voor die groot dag het ons dit eers reggekry om in ʼn roetine te kom.  Haha dit was tog soveel pret!

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: