Diaan & Shimonè se moderne simplistiese troue

Diaan & Shimonè se moderne simplistiese troue is die perfekte kombinasie van industriële en sagte elemente.  Ons is gek oor die gebruik van baie Wit en Groen elemente met ʼn tikseltjie Goud om dit net daardie luukse gevoel te gee.  Die rou baksteen mure met die sagte Wit en Groen dekor skep ʼn baie mooi komplimentêre trou onthaal.  Shimonè skryf dat sy ʼn getroue volger is van Mooi Troue se Facebook en Instagram en gereeld inspirasie gekry en dit haar eie gemaak.

Die talentvolle trou fotograaf, Schantel Merwe Photagraphy het Diaan & Shimonè se spesiale afgeneem.  Daar is iets so spesiaal aan ʼn troufoto.  Omdat ʼn troue soveel emosie het, is elke oomblik op foto gevul met soveel emosie en persoonlikheid.  Schantel se werk het ʼn helder en baie natuurlike gevoel.   Omdat sy soveel passie het vir fotografie kan jy sien hoe haar fotografie passie vertaal word in pragtige foto’s.

ʼn Stylvolle swart mans pak is altyd iets wat jy nie mee verkeerd kan gaan nie.  Die bruidegom en sy strooijonkers het hul pakke gevind by Eurosuit.  As jy opsoek is na ʼn pak vir ʼn bruidegom of strooijonkers, dan is Eurosuit definitief een van die wenners.  Hulle het so ʼn groot verskeidenheid pakke beskikbaar.  Of jy nou opsoek is na ʼn pak om te koop of huur, hulle sal jou kan help.

Ons is gek oor die strooimeisie-rokke.  Dit het so ‘n vloeiende en sagte gevoel tot hulle.  Die strooimeisie-rokke is van Gelique, ‘n besigheid wat spesialiseer in strooimeisie-rokke.   Gelique het ‘n baie groot reeks rokke beskikbaar vir strooimeisies in verskillende kleure, ontwerpe en groottes.

Na so ʼn mooi troue het hulle ʼn lieflike eiland wittebrood gehad na Mauritius.  Een van ons gunsteling wittebrood bestemmings vir Suid-Afrikaanse paartjies.  Lees meer oor hierdie paartjie se troue hieronder.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Paartjie se Liefdesreis


Dit was 4 Jaar na hulle eerste ontmoeting by ʼn verjaarsdag partytjie waar n vlammetjie tussen Diaan en Shimonè begin brand het.  Na ʼn toevallige wegbreek saam, waar ouers dit afgemaak het as ʼn vakansie romanse het die vakansie wel geëindig,  maar die romanse nooit.

Alhoewel Shimonè so klein bietjie “hard-to-get” probeer speel het was dit bitter moeilik om die sjarmante glimlag van Diaan te weerstaan.  Diaan was van die begin af vas beslote dat die sy trou vrou is en nie eers n paar kilometers tussen hulle kon hom keer nie.

As Pukke het hulle liefde al sterker geword, geen storm kon die vlammetjie dood waai nie.  In haar finale Jaar het hy die groot vraag gevra soos die Son oor die Griekse eiland Mykonos sak en ʼn duisend keer Ja” was haar antwoord.  Met twee uiteenlopende persoonlikhede skree Diaan & Shimonè se liefde harder as perfeksie.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Die Verlowing Tydperk


Ons was twee jaar verloof.

Shimonè: Ek het nog altyd gesê ek wil lank verloof wees omdat ek die tyd ten volle vir geniet en niks wil af jaag nie.  Ek het nog geswot in Potchefstroom die jaar toe Diaan my gevra het en hy het self nog sy klerkskap as rekenmeester gedoen.  Ek wou graag September trou omdat ek voel dis die begin van die mooiste seisoen, lente en dat dit simbolies kan wees op ons nuwe seisoen as man en vrou.

Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie.  Die venue het outomaties ʼn persoon wat as assistent intree wanneer jy daar trou en jou help met al die klein goedjies voor en op die dag.  Pepple en Lace is ook deel van die venue wat die beplanning sommer baie vergemaklik het.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Finansiële Aspekte


Ons begroting was R200 000,00.

Daar was van die begin af ʼn ooreenkoms dat Shimonè se pa 50% van die totale bedrag betaal, haar stiefpa en ma 25% en Diaan se ouers 25%.

Ons het ʼn Excel sigblad gehou en elke keer die bedrae op gedateer soos ons beplan het.  Ons het 120 gaste gehad en die die persone genooi wat n ware impak in ons lewe saam het of gehad het.  Metgeselle was ook slegs net op uitnodiging en geen kinders was genooi nie.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

 Merkwaardigste Oomblikke


Diaan: Definitief toe die deure oop gaan en ek haar vir die eerste keer sien.

Shimonè: Die oomblik van bevestiging toe die Dominee sê Mnr & Mev Herbst.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Paartjie se styl


Shimonè: My rok was alles wat ek gesê het ek nie voor gesoek het nie maar toe ek hom aan pas die eerste keer na maklik 30 ander het ek net geweet dis die een.  Diaan het geen insette gehad met my rok nie en ook nie met sy klere nie.

Ek wou alles elegant en tydloos hê, wat beter as ʼn tuxedo. Die onderskeid tussen hom en die strooijonkers was die strikdas teenoor die dasse.

In terme van my ring, ek het 10 jaar terug die foto in n tydskrif gesien en van daar af gesê dis my ring, Diaan het op die roosgoud gekies.  Sy ring het ek gevat omrede ek voel dit my ring komplimenteer en oom weereens eenvoudig is maar mooi.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Die Besluitnemingsproses


Diaan: Shimonè het verseker meeste van die besluite geneem.  Al weet ek my sê gehad het was met die bewoording-alles moes Afrikaans wees.

Shimonè: Meeste van die groot besluite het ek en Diaan saam geneem soos die koek was een laag wat hy van gehou het een wat ek van gehou het en een wat ons albei van gehou het.  Die menu het ons altwee een op gestel en meeste van ons keuses was die selfde.  Met die dekor en fyner details was my ma baie betrokke.  My pa hou baie van verassings en bederf en het ʼn paar ekstra besonderhede bygevoeg.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Spesiale Tradisies


Shimonè: Ons troue was heeltemal tradisioneel van my pa wat my ingeloop het, kousband en ruiker gooi.  Koek sny en heildronke op ouer pare en groot ouers.  Die rede hiervoor is ons het al die tradisies voor die tyd gaan op lees en die simboliek agter alles het gemaak dat ons dit so wou hê.

My ma het my ook verras met “something old” haar trou ring met my pa op my ruiker met ʼn “something blue” die lint waarmee dit vas gemaak was.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Vermaak


Ons het van ‘n platejoggie gebruik gemaak wat deur die venue voorgestel was en ook ʼn toe kunstenaar gehad wat ʼn liedjie vir ons geskryf het en in die kerf gesing het.  Die platejoggie was verantwoordelik vir musiek tydens die oestafel.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Gunsteling Diensverskaffers


Verseker die kombinasie van die fotograaf en videograaf.  Hulle eind produkte het ons asems weg geslaan.

Diaan hou nie baie van foto sessies nie en hy kon nie genoeg kry nie.  Ons was self voor ons program klaar en kon toe lekker saam die gaste by die oestafel kuier.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Venue & Dekor


Ons persoonlikhede en styl is heeltemal uiteenlopend daarom moes ons rustiek en klassiek pas.  Die venue het ons as paartjie perfek gekomplimenteer met die industrieel chic tema.  Dekor gewys wou ons alles plein maar mooi gehad het, “less is more”.  Die roosgoud is een van my gunsteling aspekte van die venue gewees en ons wou dit komplimenteer met eetgerei ens.  Soos ons die modes vir troues gevolg het, het ons idees baie verander in die twee jaar en die laaste paar maande se modes voor die troue het verseker n impak gehad op die eindproduk.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Diaan: Manne laat jou bruid die dag beplan dis haar voorreg en waaroor sy al haar hele lewe droom.  As sy gelukkig is sal jy geluk vind deur haar gelukkig te sien.

Shimonè: Aan alle toekomstige bruide wees sterk met dit wat jy wil hê, moet nie dat ander jou idees en keuses beïnvloed of verander nie.  Wees in die oomblik teen alle tye en neem so veel as moontlik in.

Ek het op n stadium terwyl almal geëet het net gaan dit en kyk na alles en almal en dis daai oomblikke wat jy altyd onthou.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Wittebrood


Diaan: Ek het die wittebrood self beplan, Shimonè het gevoel omdat ek dit betaal het en omdat sy totale beheer oor die trou reëlings gehad het dat ek die eer kan hê om die wittebrood te reël.  Ek het deur ʼn agentskap gewerk en op Mauritius besluit.  Dis baie koste effektief en ons het glad nie terug gehou op aktiwiteite nie.  Die “alles ingesluit” pakket by die hotel is ʼn moet.  Ons het verskeie aktiwiteite soos parasailing, glasbodemboot uitstappie en ʼn katamaranuitstappie gedoen.  Mauritius is ʼn wel bekende Wittebrood bestemming en het gemaak dat ons baie ander paartjies wat op die selfde dag as ons getrou het ontmoet het en nou ook somer vriende het so ver as Ierland.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Die enigste regtige blaps was die misverstand tussen ons en die venue oor wie die Sjampanje moes voorsien.  Maar gelukkig het my stiefpa te redde gekom en ʼn paar “odd” bottels gaan koop laaste minuut.  Ons het die sjampanje laat skink deur kelners so niemand het eers agter gekom hulle drink nie dieselfde sjampanje nie.

Verder sou ons graag voor ons gaste in die pragtige  saal alleen foto’s neem, maar die mense het toe reeds in gestap toe ons terug kom van die fotosessie, ons het toe sommer besluit om aan te gaan in die saal met die mense in die agter grond.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Eerste Dans


Ja ons het n ongelooflike eerste dans gehad op die liedjie “Tougher than the rest” van Bruce Springsteen.  Die rede vir die liedjie keuse was alles oor Diaan wat die toets van my pa geslaag het om my hand te kan vra, hy was die sterkste van almal.  Die ander rede was omdat ons beloof het aan mekaar dat maak nie saak watter uitdagings nie ons sal nie sommer net op gee soos baie ander paartjies deesdae nie.

Nee ons het nie dans lesse gehad nie om rede en bang was dat Diaan te veel gaan fokus op watter passie volgende moet kom en nie op die werklike oomblik nie.

Schantel Merwe Photagraphy Schantel Merwe Photagraphy

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers