Die trouvenue se wit argitektuur en betowerende kelder was beslis die perfekte venue vir Luhan en Li-Ry se pragtige troue. Baie dikwels as mens aan trou-dekor dink, is die eerste gedagte wat opkom, blomme. Jou keuse van blomme sal dus jou troue se tema en kleurskema bepaal. Luhan en Li-Ry het egter ʼn ander roete gekies. Hulle het blomme ingeruil vir bloekom-blare, baie kerse en minimale beligting. Dit was beslis die moeite werd! Hul onthaal was modern en klassiek en het ʼn sagte gevoel geskep.
Groenrivier Function Centre is ʼn plattelandse trou venue in Riebeek Vallei, in die Swartland distrik. Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue. Dit is ʼn pragtige trou venue net so oor ʼn uur se ry vanaf Kaapstad, omring deur die natuurskoon van die gewilde Riebeek Vallei gebied. Beide Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes bied wêreld klas verblyf vir gaste met baie aktiwiteite om jou trou gaste besig te hou.
Rol af vir al die nodige inspirasie en advies om ʼn troue met minimale blomme betowerend te laat lyk.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons het op 21 Julie 2018 getrou. Luhan was 27 en Li-ry was 25 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het aan die einde van 2011 mekaar deur vriende ontmoet, maar wou niks met mekaar te doen gehad het nie omdat ons Hoërskole aartsvyande was. Dít het egter daardie Desember vakansie in Mosselbaai verander. Iets wat net ʼn vakansie romanse sou gewees het, het uiteindelik ontaard in ware liefde. Luhan het my in Februarie 2018 gevra het om te trou terwyl hy toe reeds in Taiwan gebly het. Hy het kom kuier vir ʼn Chinese nuwejaar en my op die eerste dag van sy kuier totaal en al verras.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek het ʼn spesifieke idee gehad oor hoe my trourok moet lyk – soos mens in tydskrifte en op sosiale media sien. Hoe meer rokke ek aangepas het, hoe meer het ek besef my styl is heeltemal anders! ʼn Vriendin van my is ʼn ontwerper en ek het haar gevra om my rok te maak. Nadat ons met ʼn paar idees rondgespeel het en materiaal gaan koop het, het sy die perfekte rok ontwerp. Sy het my persoonlikheid só akkuraat gelees en uiteindelik kon ek die perfekte rok op my troudag aantrek.
Vertel ons meer van jul ringe.
Ons albei se ringe deur Dear Rae in Woodstock gemaak. My ring is ʼn morganiet edelsteen geset in roosgoud met ʼn klomp klein diamante rondom die steen. Daar is ook klein diamante op die roosgoud pand. Luhan het ʼn silwer ring met ʼn “hammered” voorkoms om dit bietjie meer karakter te gee.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Die span by Boland Weddings was beide ons fotograwe en videograwe. Markus, Natasha en die span by Boland Weddings is werklik asemrowend! Natasha en Markus het drie weke voor ons troue ʼn verlowings fotosessie met ons gedoen. Markus het ons met die mooiste video verras! Ons het glad nie verwag dat ons ʼn video ook sal kry nie. By die fotosessie het ons so gemaklik voor die kamera én met hulle geraak, dat ons nie eens agter gekom het ons word afgeneem nie! Hulle pakette is uiters bekostigbaar en van top gehalte; Ons sal hul beslis vir enigeen aanbeveel.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
As ons dit kon oorhê, sal ons absoluut niks verander nie! En glo my, ons wil dit elke dag oorhê! My en Luhan se gunsteling oomblik was net voor ons in die saal ingestap het. Ons het ʼn oomblik vir onsself geneem om alles in te neem. Ons het geweet dat almal wat in daardie saal was, daar was om ons te vier. Toe ons daar instap en al ons geliefdes onder een dak sien, was ons harte vol en het ons het só spesiaal gevoel.
Vertel ons meer van jul Wittebrood.
Luhan was totaal en al in beheer van die wittebrood. Oral waarheen ons gegaan het, was vir my só ʼn groot verrassing. Ons was in Tulbagh by die Mountain Manor, by Aquila Game Reserve and Spa in Touwsrivier en by die Hermanus Beachfront Lodge. Dit was die lekkerste en rustigste wegbreek waarvoor ons kon gevra het!
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ek het nog altyd van Groenrivier se eenvoudige uitleg, kleur en styl van die onthaal saal gehou. Ons het wel na ʼn paar ander venues gaan kyk, maar toe ek in Groenrivier se kelder staan (waar ons seremonie gehou is) kon ek onmiddellik myself daar sien trou. Ons wou eenvoudige, tog stylvolle dekor gehad het. Die dekor was dus vir ons ʼn maklike besluit; Bloekom blare, minimale blomme, kerse en sagte beligting was perfek vir ons.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Ons het min of meer R130 000 begroot. Dit was maar ʼn uitdaging om by die begroting te hou, maar ons was nie bang om vir afslag te vra nie. Diensverskaffers is gewillig om vir jou afslag te gee as jy net vra of as jy dadelik kan betaal. Ons was baie streng met ons hoeveelheid gaste. Ons het so net onder 100 gaste by die onthaal gehad, maar omtrent 20 ekstra wat vir die seremonie deurgekom het. Dit was gaste wat nie die onthaal kon maak nie, of vriende wat verstaan het hoekom ons hulle net seremonie toe kon genooi het.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons eerste dans was op Riana Nel se Timbuktu. Die woorde van hierdie liedjie gaan so: “En ek, ek sal jou volg na Timbuktu, waarheen jy ookal heen sal toer, ek sal die een wees wat jou hand bly vashou.” Die woorde was so spesiaal vir ons nuwe reis wat op ons gewag het. Ons was verlief op die liedjie! Ons gunsteling liedjie is eintlik Michael Buble se “That’s All” maar dit was bietjie stadig vir ons. Gelukkig het ons nie nodig gehad om te oefen nie, omdat ons altyd lekker saam dans.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Bruid se advies: Geniet elke oomblik van die reis en moenie jouself oor die klein goedjies ontstel nie. Neem ander se opinies in ag, maar onthou net dis julle troudag, niemand anders sin nie. Die belangrikste is dat julle met mekaar trou en julle gelukkig moet wees!
Bruidegom se advies: Reëlings kan baie oorweldigend raak, so vat dinge een dag op ʼn slag en neem elke oomblik in want dit gaan jou bybly vir die res van jou lewe.
- Fotograaf en Videograaf: Boland Weddings
- Venue: Groenrivier Function Centre
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Spyseniering: Malita Joubert
- Platejoggie: DJ Maryke
- Blomme: Tannie Christel Roest
- Trourok: Ricci Janse van Rensburg
- Dekor: Something Borrowed + Blooming Wonderful + Tablecloth Hiring Company
- Regstreekse vermaak: Johnny Camel
- Ringe: Dear Rae Jewellery
- Bruid en bruidsmeisies se juwele: Terusa Anne Jewellery
- Grimering: Janelle de Jager
- Hare: Frizzy Lizzy
- Wyn: Nederburg Wines
- Pastore: Jurgen en Anneli Humer (Hillsong Church South Africa)
- Fotohoekie: Booth Magic